Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vleiswond
Vleiswond
Vleiswond
Ebook101 pages22 minutes

Vleiswond

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie bundel is ’n boeiende, onverskrokke verkenning van gay-liefde. Daar word onder meer gefokus op die verhouding tussen die erotiese en die religieuse; seksualiteit word metafoor vir die oorgee van die liggaam as offer, maar terseldertyd as die ervaring wat ’n verlossing bewerkstellig. Vleiswond sê baie oor die menslike ervaring van liefdesontrou, die besef van tydelikheid en verganklikheid en die verhaal van liefde-in-doodloopstrate.
LanguageAfrikaans
Release dateJul 17, 2016
ISBN9780798173148
Vleiswond
Author

Johann de Lange

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Sy debuutbundel, Akwarelle van die dors (1982), is met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy vierde bundel, Wordende naak, word in 1990 met die Rapportprys vir Poësie bekroon. Die algebra van nood, wat in 2009 verskyn het, is in 2011 met die Hertzogprys bekroon.

Read more from Johann De Lange

Related to Vleiswond

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vleiswond

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vleiswond - Johann de Lange

    Johann de Lange

    Vleiswond

    HUMAN & ROUSSEAU

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Vleiswond mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir my vriende

    I believe in the flesh and the appetites,

    Seeing, hearing and feeling are miracles,

    and each part and tag of me is a miracle.

    Divine am I inside and out, and I make holy

    whatever I touch or am touched from;

    The scent of these armpits is aroma finer than prayer,

    This head is more than churches or bibles or creeds.

    WALT WHITMAN

    I

    Hoe kan hy so tart en nogtans so glo,

    met daardie Nasarener-kyk in sy oë?

    SHEILA CUSSONS

    Children show scars like medals. Lovers

    use them as secrets to reveal. A scar is

    what happens when the word is made flesh.

    LEONARD COHEN

    KRUISIGING

    Drie dae oud het hul die kind

    op ’n houtkruis vasgebind

    met lappe, die kaal lyf

    wat later die skyf

    sou word van soveel spot,

    en aan ’n dorstige hout sou bot,

    deur die naeltjie leeg-

    gebloei, hom nougeset verpleeg

    deur die eerste paar uur

    toe hy fel pyn moes verduur.

    Die besmette bloed

    wat ’n hart moes voed

    sypel deur pype in ’n donker fles

    – so is eindelik sy dors geles.

    En in dié tenger lyf

    soos op ’n lei, herskryf

    die bloed opnuut:

    laat U wil geskied.

    KOMMUNIE I

    Sondagaand, die promenade:

    in kortbroeke en T-hemde

    daag ons op: die gemeente

    van die vlees

    en Walt Whitman

    was met ons,

    hoogpriester,

    met sy lang wit baard

    en sy hande op ons almal

    ’n benediksie op sweetblink

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1