Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

My kat word herfs
My kat word herfs
My kat word herfs
Ebook114 pages1 hour

My kat word herfs

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Danie glip tussen die mense deur wat die foyer vol staan. Nêrens sien hy sy ma nie. Sy moenie agterkom dat hy hier is nie.
Hy klim die trap, draai regs en stap met die donker gang tot by die staalleer wat na die beligtingskajuit lei. Hy klouter op. In die hokkie bo sit Mike agter die kontrolepaneel.
Daar onder op die verhoog staan Karel in ’n kollig vasgevang. Agter hom is dit half donker. Saggies sê Danie die alleenspraak saam. Só kan hy dit vlot sê. Hy verbeel hom hy staan in Karel se plek. Die kollig verblind hom. Sy handpalms is klam. Sweet drup by sy gesig af. Dan gebeur dit. Hy stotter. Die woorde sit in sy keel vas . . .
Moedeloos laat sak hy sy kop in sy hande. En agter in sy gemoed roer ’n herinnering wat hy probeer smoor: Neffie en die kerse, die dooie voëltjie, en bloed aan sy hande . . .
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780624078098
My kat word herfs
Author

Barrie Hough

Barrie Hough is op 17 Januarie 1953 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1970 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en studeer B.A. Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1980 behaal hy ’n M.A.-graad in Engels met ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. Hy hou vir vier jaar skool by St. Barnabas College en word in 1979 voltyds as toneelresensent by Beeld aangestel. Later jare is hy op die kunsredaksie van Rapport, waar hy oor flieks, teater en letterkunde skryf, en in 1999 as kunsredakteur aangestel word. Barrie is op 16 Augustus 2004 oorlede.

Read more from Barrie Hough

Related to My kat word herfs

Related ebooks

Related articles

Reviews for My kat word herfs

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    My kat word herfs - Barrie Hough

    Barrie Hough

    My kat word herfs

    ’n Jeugverhaal

    Tafelberg

    Vir my ma, San Hough,

    en ter nagedagtenis

    aan Maya (May Ma of Phitsamai)

    en Sha-Sha

    (kampioen Miyah Li Tensing)

    Spieël

    Net hy mag haar Neffie noem. Dis asof dit iets besonders tussen hulle beteken. In dié fluisterklanke lê vir Danie alles op­gesluit wat al tussen hulle gebeur het. Bloot die sê daarvan roep vir hom ’n rykdom beelde op.

    Die dag dat hy en Aletta, sy ma, Neffie gaan haal het, bly hom helder by. Daar was ’n swetterjoel katte in die gehawende sitka­mer, wat onmiskenbaar na kat geruik het. Hulle het soos bobbe­jane met vuil gesigte en pote oral gekrioel. Danie kon sien dat sy ma uit die veld geslaan is. Sy was ongewoon stil.

    Op die rûe van toiingrige leunstoele het die katte die stof­fering nóg verder uitgepluis. Hier het een blitsig teen ’n gordyn opgerits, daar het twee groot blou oë tussen die verflenterde varings deur na Danie geloer.

    Net een werpsel? wou Aletta by die mollige tante weet.

    Net een. Daar is ses kleintjies. Danie kan kies.

    Dit was nie ’n moeilike keuse nie. ’n Langbeenkat met ’n sweepstert en groot ore het tussen sy bene deur gevleg en teen sy kouse geskuur. Toe het sy eenkant gaan sit, stil en trots soos ’n standbeeld.

    Daardie een, Tannie.

    Klein Nefertiti, het die vrou gesê en begin uitwei oor haar goeie hoedanighede. Maar toe sy nog wou wys hoe lank en dun die kat se stert is, was die Siamesie met die blouselblou oë reeds ’n spinnende bondel teen Danie se bors. Hy was tien en Neffie was die grootste geskenk wat enigiemand hom nog ooit gegee het.

    Vanjaar is hy vyftien en kampioen Nefertiti vyf. Hoewel sy al ’n oumagrootjie is, met stringe nageslagte, word sy op bykans elke katteskou as die beste Siamese kat bekroon. Danie onthou al die seges op tentoonstellings – en die nagte dat hy moes wak­ker sit toe sy siek was of kleintjies gekry het.

    Hy sê Neffie en steek sy hand uit na haar waar sy op die vensterbank voor sy lessenaar sir. Fyn Indiese sy, soos sy ma soms by die Oosterse Plaza koop, vloei onder sy palm deur. Die kat maak prrr toe Danie sy vingerpunte oor die klein, harde rondings van haar ruggraat laat gly. Sy draai die donker drie­hoek van haar gesig na hom en staar terwyl sy al hoe harder spin.

    Danie!

    Die oomblik is weg, lê aan skerwe soos ’n glas wat geval het. Danie! roep sy ma weer. Ek is op pad, hoor. Hou duim vas.

    Die voordeur klap toe. Skielik klik dit weer oop. Vat vir jou kos. Daar’s ham in die yskas. Sien jou!

    Dis die oomblik waarvoor hy gewag het. M … M … Ma, d . . dis openingsaand. K … k … kan ek nie n … n … net hierdie een aand … Daardie koue kyk in haar oë laat hom in sy spore vassteek en draai die res van sy sin nekom.

    Daniël, dis ’n weeksaand. Jy is ’n skolier wat nie na wense presteer nie. Daar is mense wat vir my by die teater wag. Ek herinner my dat ons al voorheen hierdie gesprek gehad het – en herhaling kan tog so vervelig wees. Wees nou ’n soet seun, toe.

    Dié formele toesprakie kan hy sluk, maar die kus op die voor­kop span die kroon. Toe die enjin brul en die motor wegtrek, staan hy nog half verslae met sy hand op die deurknop.

    Vervlaks! Hy stamp met die bal van sy hand teen die muur. Eina! ’n Ruk lank staan hy besluiteloos terwyl hy sy hand vryf, draai dan om en gaan na sy kamer. Hy haal ’n geel trui uit sy kas, trek dit oor sy kop en hark voor die spieël vinnig sy vingers deur sy krullerige bruin hare. T … tot siens, Prin­ses, groet hy Neffie en krap haar onder die ken.

    Halfpad met die blok af kyk Danie op sy horlosie en begin vinnig loop. Hy stap met die park langs in die rigting van die Mark-teater. Die flink pas waarmee hy loop, laat sy hart vinni­ger klop. Die bloed jaag deur sy are en dit voel vir hom of die bruising gedagtes in sy kop losmaak.

    Die Engels-mondeling wat voorlê, verdring die woede wat hy vir sy ma voel. Iewers huiwer ’n gedagte aan die naderende vakansie … Neffie se volgende skou … die verrassing wat hy vir Karel se volgende verjaardag het. Toe Danie op die brug kom, jaag ’n trein in dolle vaart onderdeur en hy weet hy kan die mondeling so min keer as die trein.

    Hy staan stil en loer oor die betonmuur na die kletterende waens. Skielik voel dit vir hom asof hy ’n vreemdeling vir homself geword het. Dit maak hom bang. Hy vat aan die ruwe beton van die brug waaroor hy so gereeld stap. In die noordweste sien hy nog ’n bekende baken, die Brixton-toring met sy helderrooi ligte.

    Ek is D … Daniël Meyer, sê hy hardop. Die enigste k … kind van Aletta D … Durrant en F … Fanus Meyer. Ek en my ma b … bly in Brixton en ek is ’n standerd agt-leerling aan die Hoër Seunskool P … Protea. Hy voel rustiger. Hy is iemand met ’n plek iewers. Ek hou v … van kondensmelk en m … motorfietse, borduur hy voort. Ek het ’n Siamese k … kat. My gunsteling-v … vakke is Engels, Afrikaans en b … biologie. Ek skryf goeie opstelle, m … m … maar ek …

    Hy bal sy vuiste. Dit is asof hy wurg aan die woord, asof dit in sy keel vassit. Sy skoensole klap driftig op die sypaadjie. Lamppale skiet by hom verby. Iewers ruik hy aartappelskyfies met asyn daarop en kerrie. Hy hoor mense praat en lag. Toonvensters vol goed wieg verby. Poppe, fietswiele, materiaal, glas­bakke. Ligte draai.

    Hy hou nie op hardloop voordat hy by die teater is nie.

    Sweet kleef soos kraletjies aan die fyn hare van die trui se wol toe hy met ’n voorarm oor sy voorkop vee. Stadig beweeg hy tussen die geparkeerde motors deur. Hy leun teen ’n muur aan tot hy nie meer so uitasem is nie.

    Op sy horlosie sien hy sy ma se aanbieding is al veertig minute aan die gang. Hy ontspan. Daar is nog tyd. Die toneel wat hy graag wil sien, is eers ná pouse.

    Iets skuur teen sy bene. Josephine, een van die teater se katte, maak haar rug ’n boog. Haar stert krul soos ’n sweep om sy kuit. Op sy hurke gesels hy met haar. Neffie k … krap jou oë uit as sy sien hoe jy aanlê b … by haar b … baas.

    Dis pouse. Danie glip tussen die mense deur wat die foyer vol staan. Programme onder die arm vasgeknyp, drink hulle koffie of drankies. Nêrens sien hy vir Aletta nie.

    Skuus. Hy druk deur die groep wat na die kitaarspeler in die hoek luister. Hy klim die trap, draai regs en stap met die donker gang langs tot by die staalleer wat na die beligtingskajuit lei. Hy klouter op.

    In die hokkie bo sit Mike agter die kontrolepaneel.

    Hallo, sit, groet hy en begin weer met die paneel werskaf. Hy druk toetse en gaan die patrone op die terminaal na. Danie gaan sit op die leë stoel langs hom en kyk af op die teaterruimte en die verhoog. Die gehoor drentel in. Danie sien Aletta se rooi rok.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1