Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Katastrofes
Katastrofes
Katastrofes
Ebook104 pages3 hours

Katastrofes

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In Katastrofes, Breyten se eerste gepubliseerde prosawerk, is bekende elemente wat in sy digkuns ook figureer. Die gepynigde ek bevind hom in ’n absurde wêreld waarin alles aan die verrot is, op soek na identiteit, verwesenliking en troos. Soortgelyke tegnieke as in sy poësie word ook gebruik, soos aaneenskakeling van oënskynlik onverwante assosiasies, gebruik van fantasie, saamvoeg van teenoorgesteldes, alles weergegee met uitsonderlike beeldingsvermoë. Die prosa wyk af van normale perspektiewe en beeld nie noodwendig katastrofes aan soos wat dit normaalweg verstaan word nie. Dit is eerder flitse of fragmente waar sonderlinge gebeurtenisse as gewoon aangebied word of ’n fantasiewêreld as realiteit voorgehou word, met die mens as oorsaak van die katastrofes. Verder is daar mildelik gebruik gemaak van die paradoks, met ontsteltenis wat volg op die doodgewone en die gruwelike wat begroet word met geen verwondering nie. In die Afrikaanse prosa is hierdie stukke uniek, aangesien dit beweeg op ’n paralogiese vlak waar die betekenis redelike begrip ontwyk, maar die impak tog betekenisvol is.
LanguageAfrikaans
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780798173117
Katastrofes
Author

Breyten Breytenbach

Breytenbach woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook ’n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Amerika. Hy het twee keer die Hertzogprys vir poësie ontvang. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.

Read more from Breyten Breytenbach

Related to Katastrofes

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Katastrofes

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Katastrofes - Breyten Breytenbach

    Breyten Breytenbach

    Katastrofes

    Human & Rousseau

    Nee, die heelal bly donker/Ons is diere oorval deur katastrofes … /Maar ek het skielik ontdek dat vervreemding, uitbuiting van die mens deur die mens, ondervoeding, die metafisiese euwel wat ’n weelde is op die agtergrond skuif/Honger is ’n euwel: dis al …/Ek is aan die kant van hulle wat dink dat dinge beter sal gaan as die wêreld verander het/Jean-Paul Sartre in ’n onderhoud met Le Monde

    Aan my ouers en vlinders

    OOPMAAK

    Alles kan oplaas tot rus kom in ’n draaikolk van stilte. Die klanke van die dag verflou. Laatson skyn vas teen die ruit, en daardeur tot in die kamer waar die spikkels stof deur die goue streep beweeg soos dansers in kalklig. ’n Wind ritsel die velle getikte papier. Nou kan mens ontspan in die stuurkajuit van die stoel. Mens stuur jou brein se oog op met ’n vlieër tot hoog bo die stad. Sodat die gemaande oog die horisonte kan bespied. Hoe ver is die pers wingerde en geklitste kuste van my land? Is die buitelyne van die heuwels nie die Suiwer Liggaam van Boeddha nie? Waarskynlik nie. Of dit kan net sowel Jan Smit s’n wees.

    Ek slaan my oë op na die berge met rakette. Laat hulle op hulle eie gaan aas en die vodde kyk dan terugdra na die nes van my ingewande. Slag die binnepens self oop. Niks behoort aan jou voordat jy dit nie geëet het nie. Hier is die inhoud van my maag dan. Hier staan hulle nou in gelid, elkeen met ’n naam, ek tel die koppe twee by twee. Hulle kom van ver oor die blou berge vandaan. Watter nuus bring jy van die huis Tokkelossie?

    Ons is hier om die lewe te slyt. Dis die maand Mei, die bome se gestolde bloed swel uit in groenerwordende plat blare. ’n Hond galop oor die pad. In die park stoot skemer van onder af teen die bome op. Die wind verstil, maar die blomme val nog; ’n voël sing, en die berg hou nog meer misterie in. Vanaand, as die maan vol is, sal Gautama weer sterf, weer gebore word, weer die sagte slakkevlees uit die skulp van onbewussyn graaf, weer sterf. Hierdie nag het Boeddha Nirvana ingegaan; dit was soos hout wat heeltemal uitgebrand het.

    My vrou het so pas verjaar en verstaan nog steeds geen Afrikaans nie. ’n Vriend van my het onlangs drie dae lank sonder enige rede in sy bed gesit en huil totdat sy oë in hulle oogkaste soos huisvissies in glasbakke was.

    Ek is maar net ’n spioen, elke dag uitgestuur op ’n nuwe verkenningstog, vermom onder hoed en baard en pyp en idees en redes en vel.

    Maar ek hoop om sodoende ’n waterdigte saak teen die lewe te kan opbou. So kom daar miskien later ’n slot.

    Daarom, om by te las aan die voet is ’n bylae van vlees; om by te las aan die hand is om ’n nuttelose vinger daar te plant.

    Die ligte blomblare val oral met harde knalle. Huil soos ’n viool. Huil, huil, huil, huil, huil.

    (Parys Wesak 1964)

    KERSVERHAAL

    Dit was Oukersaand. Wit. Selfs die baarde van die bome wit. Wind loop en snuif oor die sneeu. ’n Dun wind. Die stywe bome skud hul bevrore arms die sneeu val ploef in die sneeu. Die Donou het ’n skil van ys op.

    Ons dorpie was ’n klein dorpie. 1 800 inwoners. Almal was saamgehok om die vuurherde. Die klein vensters was soos die geel oë van katte in die nag. Ek onthou. Ons het met ons hande die gloed van die vlamme in die kaggel probeer opvang. Af en toe boontoe getuur. Skeefkop geluister hoe die wind deur die skoorsteen suig en steun (die wind ’n wolf wat die varkies se huise probeer omblaas). Gewip as stukke sneeu soos dooie duiwe van die nok dak-af skuif en ploef in die sneeu val. Dit was Oukersaand. Wit. My oom was aan ’t blaas op sy bekfluitjie. Stille Nag. My broertjie (hy was slegs 5) se kop was aan ’t knik. Sy kop was te swaar vir sy nek. Hy was altyd ’n lafaard my broertjie.

    Toe. Skielik. Die wit nag was versplinter soos ’n glasbal o ’n gejoel gek geskreeu gegil gesketter van die onderdorp af aan geblaf van honde hoë getjank geweerskote soos klappers met nuwejaar gedoefdaf kabaal. Wind het verskrik aan die ruite kom ruk. My oom het opgespring. Die stoel omgeskop. Die lamp doodgeblaas. Vir laas kon ek sien sy oë was wild en wyd om beter te kan luister. My broertjie het begin huil. My tante kla soos ’n kat in pyn. Ssjjjtt. Te laat. Geweerkolwe spat deur die wasemvaal vensters iemand skop die deur oop dronk soldate met stewels wat knars met bloedvuil oë bars binne met lanterns. (Hulle had dik militêre jasse aan. En skaapvelmusse op.) Wind blaas die rook af in die skoorsteen. Rook dwarrel dronk rond in die kamer. Gordyne wapper wit soos bevreesde diertjies. Iemand keer die tafel om. Iemand steek die gordyne aan die brand en vlamme vreet op teen die mure. Iemand stamp my in die klein holte van my rug. My broertjie huil vir sy skoene. Hulle skiet my oom voor die agterdeur by die houthok in die sneeu (hy sterf op ’n hopie soos die mossies in die winter). My tante se hare het uit haar bolla geval. Sy ploeter deur die sneeu soos ’n histeriese heks. En sy skreeu skreeu skreeu. ’n Soldaat sonder broek sleep haar by die naaste dooie huis in. Ek klou my broertjie se hand vas. Hy huil vir sy skoene. Hy was altyd ’n lafaard my broertjie.

    Ons was almal op die markplein. Daar was ’n groot vuur reg in die middel (die sneeu rondom was oranjegoud) en daar was mense in die vuur. Mense bulk soos beeste. Maal rond. Skuim om die monde. Mense swaai aan die deurposte met geknakte nekke en slap hande en uitpeuloë. Groot oop oë soos dié van duiwe. Ek dink: Salomo sing o jou oë soos duiwe-oë my beminde. Mense lê verskeur in die sneeu met stywe hande en hulle boude hoog in die lug. Huise brand soos vreugdevure. Mense hardloop struikel karring

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1