Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hulle Wat Hoogmoedig Is
Hulle Wat Hoogmoedig Is
Hulle Wat Hoogmoedig Is
Ebook143 pages2 hours

Hulle Wat Hoogmoedig Is

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nederigheid is 'n belangrike geestelike kenmerk. Min mense het dit al gewaag om oor hierdie vae maar belangrike geestelike karaktertrek te skryf. In hierdie nuwe en opwindende boek ontmasker Dag Heward-Mills verskeie subtiele vorms van hoogmoed. Hierdie kragtige boek, wat deur 'n mede-Christen geskryf is wat self daarmee sukkel, sal jou seën en aanmoedig om die kinderlike nederigheid van Jesus Christus in jou binneste te laat groei.

LanguageAfrikaans
Release dateApr 10, 2018
ISBN9781613958452
Hulle Wat Hoogmoedig Is
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Hulle Wat Hoogmoedig Is

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hulle Wat Hoogmoedig Is

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hulle Wat Hoogmoedig Is - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Verneder jouself

    Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

    Jakobus 4:10

    Mense definieer hoogmoed op verskillende maniere. Mense mag dalk sê jy is hoogmoedig omdat jy ’n stil persoon is. Mense mag dalk sê jy is hoogmoedig omdat jy lank is en selfvertroue het. Mense mag dalk sê jy is hoogmoedig omdat jy ’n blinknuwe, lugversorgde motor ry.

    So, wat is hoogmoed dan nou eintlik? Maak dit saak of jy nederig of hoogmoedig is?

    Dit maak inderdaad saak! Ons moet onsself verneder voor die Here. Ons moet ’n lewe lei wat God as nederig beskou.

    Die opdrag is duidelik: Verneder julle voor die Here en nie voor mense nie! Daar is geen punt in om ’n soort nederigheid te beoefen wat God nie aanvaar nie. Nederigheid is ’n waarde wat deur God Self gedefinieer en beskryf word. Mense definieer nederigheid op baie verskillende maniere, maar dit is God se definisie van nederigheid wat vir ons saak maak.

    Nederigheid is so belangrik dat dit die moeite werd is om die lengte en breedte van die Skrif deur te soek tot ons presies weet wat dit is. Die waarskuwings oor hoogmoed is te vreesaanjaend om te ignoreer.

    In die eerste hoofstuk wil ek hê ons moet kyk na die redes waarom ons onsself moet verneder voor die Here.

    Sewe redes waarom jy jouself moet verneder

    1. Verneder jouself, want God weerstaan hoogmoedige mense.

    "Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade."

    Jakobus 4:6

    Hoogmoed is so heeltemal teenoor hoe God is dat Hy oorlog verklaar het teenoor almal wat hoogmoedig is. Wanneer jy hoogmoedig word, sal God jou vyand word en jou teenstaan in alles wat jy doen.

    Mense wat hoogmoedig geword het, besef dikwels nie dat God hulle begin teenstaan het nie. Soms val Christene die duiwel aan omdat hulle dink Satan is die een wat hulle beveg. Maar waar dit oor hoogmoedige Christene gaan, kan die duiwel gerus met vakansie gaan. God neem self oor en staan die hoogmoediges teen.

    Jy mag selfs vind dat jy God aanspreek omdat Hy jou en jou hoogmoed teenstaan. Ek sou God nie wou aanspreek nie, of hoe? Ek sou nie graag vir God as vyand wil hê nie. Sou jy graag wou hê dat God jou vyand moet wees? God is die enigste wat jou liefhet net soos jy is. As Hy ook jou vyand word, wat bly van jou oor?

    2. Verneder jouself, want God gee genade aan nederige mense.

    "Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade."

    Jakobus 4:6

    Ongelooflik! God gee onverdiende hulp aan nederige mense. Genade is onverdiende hulp en guns. Wanneer jy jouself verlaag, reageer God deur aan jou genade te stuur. Hoe goed moet dit wees om onverdiende hulp te ontvang wanneer jy die beskeie pad van nederigheid volg! Miskien is daar geen beter rede om jouself te verneder as juis dit nie. Dink aan al die onverdiende hulp wat jy in jou lewe en bediening kan hê as jy jouself sou verneder.

    Wil jy hê dat God onverdiende hulp aan jou kerk moet gee? Wil jy hê dat God onverdiende hulp in jou pastorale bediening moet gee? Verneder dan jouself! Wil jy hê dat God onverdiende hulp in jou evangeliese bediening moet gee? Verneder dan jouself!

    Wil jy hê dat God onverdiende hulp in jou finansies moet gee? Verneder dan jouself! Wil jy hê dat God jou moet help in jou morele lewe? Verneder dan jouself! Wil jy hê dat God jou baie hulp moet gee sodat jy heilig kan wees? Verneder dan jouself! Byna elke geestelike aktiwiteit word aangehelp deur nederigheid.

    Wanneer jy jouself verneder, word bonatuurlike genade aan jou gegee. Probeer dit en kyk. Wees nederig! Wees soos ’n kind en ’n dienskneg en kyk of daar veranderinge begin kom in jou lewe.

    Wat van jou huwelik? Wil jy hê dat God jou moet help in jou moeilike verhouding? Om jouself te verneder is die sleutel om die onverdiende hulp te ontvang wat jy nodig het.

    3. Verneder jouself, want daardeur sal jy na ’n volgende lewensvlak verhoog word.

    "Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog."

    Jakobus 4:10

    Die volgende belangrike rede vir jou om jouself te verneder is met die oog op bevordering. Wie wil nie graag uitgelig en bevorder word nie? Die oplig van die Here en die verheffing deur die Here is die geskenke wat jy ontvang omdat jy nederig is. Kyk mooi na die Skrif: As jy afgaan, sal God jou oplig.

    Soek jy nie ook na verhoging en bevordering nie? Verneder dan jouself en word ’n dienskneg! Verneder jouself en word ’n kind wat geleer en opgelei kan word.

    Jy sal vind dat jy opgelig word vanuit jou huidige vlak na hoogtes waarvan jy nooit eens gedroom het nie.

    "Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd."

    1 Petrus 5:6

    Dink daaroor. Wat beteken dit om opgehef te word? Opheffing is om op ’n glorieryke manier opgelig te word tot skoonheid en skitterende heerlikheid. Is dit nie wat jy wil hê nie? Nederigheid is die sleutel om hierdie vlakke te betree.

    4. Verneder jouself, sodat jy bedek en beskerm kan wees.

    "Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade."

    1 Petrus 5:5

    Nederigheid is ’n geestelike bedekking. Nederigheid is nie net ’n ingesteldheid nie. Nederigheid is nie net ’n behoeftige en eenvoudige manier van lewe nie. Nederigheid is nie die kuns om beskroomd en benadeel te lyk nie. Nee, nederigheid is ’n geestelike kleed wat jou bedek. Dit beskerm die Christen van baie onsigbare en geestelik vernietigende booshede. Beklee jouself met nederigheid en jy sal bedek wees, verlos en beskerm van baie booshede in hierdie lewe.

    5. Verneder jouself, want jou hoogmoed is die teken van jou naderende vernietiging, jou val en jou skande.

    "Die trotsheid van ’n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry."

    Spreuke 29:23

    "Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val."

    Spreuke 16:18

    "Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid."

    Spreuke 11:2

    Trots is ’n teken! Dit wys op ’n naderende val, ’n komende katastrofe en ’n dreigende boosheid. Om jouself te verneder sal die bedreigende gevare uit jou lewe en bediening verwyder. Satan is sterk aangetrokke tot jou selfverhoging en jou oormoedige uitsprake. Hulle is ’n oop deur vir hom.

    Trots is ’n geestelike teken wat demone van skaamte, verwoesting en nederlaag byeenroep. Jou trots is soos ’n basuin wat ’n sekere en definitewe oproep vir die bose geeste gee.

    Wanneer jy trots is, word engele nie ingeroep om jou te help nie. Wanneer jy trots is, word demone bymekaargeroep om jou te vernietig. Jy is eintlik meer toeganklik vir demone, want jou geestelike klere en bedekking is verwyder.

    6. Verneder jouself voor die aangesig van die Here, want hoogmoed is basies satanies en demonies.

    "Kan jy die krokodil met ’n hoek uittrek? En met ’n tou sy tong afdruk? Kan jy ’n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met ’n haak deurboor? … Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? … Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.

    Job 40:20-21; 41:1, 25

    Alle hoogmoedige mense het ’n koning en dié koning is Satan. Satan is die koning van al die kinders van hoogmoed. Jy moet kies om jouself te verneder sodat Satan nie jou koning en heerser kan wees nie. As jy eers in hoogmoed wandel, leef en wandel jy onder die heerskappy van Satan self.

    Hoogmoed is opsigself demonies en satanies. Satan het uit die hemel geval vanweë sy vermetelheid, arrogansie en trots. In hoogmoed het hy homself opgelig teen God! Lusifer het homself verhoog teen die troon van God en gedreig om die troon te bestyg waar hy God se plek sou inneem. Dit was die mees verregaande manifestasie van hoogmoed ooit.

    Maar God het Satan uit die hemel verban en vir hom gewys dat hy niks meer as ’n rebelse loot is wat homself opgeblaas het en sonder rede hoog gevlieg het nie. Hierdie bose opheffing is wat die totale mensheid beïnvloed het. Mense voel so groot en vernaam sonder dat hulle enige goeie rede daartoe het. Vandag sê baie mense in hulle oormoed dat daar geen God is nie.

    Ongelukkig word ons as bedienaars van die evangelie ook te seker van onsself wanneer ons klein oorwinninkies in die bediening behaal het. Die meeste hoogmoed het geen basis nie. Trots is meestal idiopaties (sonder ’n bekende oorsaak). Bedienaars van die evangelie swel op en val die geestelike vaders aan wat hulle gevorm het. Medeleraars swel op en mik vir die voorsitterstoel. Soldate kom in opstand en probeer om die wettig verkose staatsleiers te verwyder. Hierdie dinge gebeur omdat mense se koppe swel en hulle hulleself sien as groter as wat hulle werklik is.

    Die woorde hoogmoed en Satan is eintlik sinonieme. Satan is ’n gees! Maar hoogmoed is die ingesteldheid en manier van praat wat veroorsaak word deur die teenwoordigheid van Satan!

    Die oomblik wat jy hoogmoed in ’n persoon sien, herken jy die teenwoordigheid van ’n baie bose gees – Satan! Satan is die oorsprong van hoogmoed. Dit is hoekom God hoogmoed haat en enigiemand teenstaan in wie Hy hoogmoed raaksien!

    7. Verneder jouself voor die aangesig van die Here, want jou hoogmoed sal jou ’n gruwel vir die Here maak.

    "Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE ’n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie."

    Spreuke 16:5

    God staan nie net die hoogmoedige teen nie. Die hoogmoedige is vir Hom ’n gruwel.

    Die Skrif sê dat God verontwaardig is oor hoogmoedige mense. God verafsku koppige mense. Dit is nie ’n goeie ding wanneer God nie meer van jou hou nie. Ek stel voor dat jy wegdraai van alles af wat geassosieer word met hoogmoed, sodat God nie so met afsku vervul word wanneer Hy aan jou dink nie.

    Hoofstuk 2

    Hoe om nederig te wees soos ’n kind

    "… en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!"

    Matteus 18:3

    Laat hom wees soos die jongste …

    "Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ’n leier is, soos een wat dien."

    Lukas 22:26

    Wat is die formule vir nederigheid? Hoe kan ons hierdie geestelike waarde bekom? Omdat hoogmoed ’n onduidelike en vae boosheid is, word dit maklik vermom en kom dit na ons toe in baie vorme. Dit is geen verrassing nie dat die meeste mense wat daarop aanspraak maak dat hulle nederig is, juis hoogmoedig is. Dit is ook geen verrassing nie dat baie dinge wat nederigheid genoem word, eintlik nie nederigheid is nie. Byvoorbeeld, mense wat met ’n vreemde aksent praat, word dikwels as hoogmoedig beskou. Ryk mense, prominente mense en selfversekerde mense word ook verkeerdelik as hoogmoedig gereken. Maar baie van hierdie mense is eintlik nie hoogmoedig nie.

    So, hoe kan ons dan weet of iemand nederig of hoogmoedig is?

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1