Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Grilgrypers 2: Web van die mummie
Grilgrypers 2: Web van die mummie
Grilgrypers 2: Web van die mummie
Ebook123 pages1 hour

Grilgrypers 2: Web van die mummie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die Karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
LanguageAfrikaans
Release dateMay 1, 2018
ISBN9780798176736
Grilgrypers 2: Web van die mummie
Author

De Wet Hugo

De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by 'n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gepubliseer in Rympies vir Pikkies en Peuters, Liedjies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf, Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is 'n riller.

Read more from De Wet Hugo

Related to Grilgrypers 2

Titles in the series (3)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Grilgrypers 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Grilgrypers 2 - De Wet Hugo

    De Wet Hugo

    WEB VAN DIE MUMMIE

    Illustrasies deur

    Shân Fischer

    Human & Rousseau

    Vir David Briz Pérez

    1

    Die gejeuk in Pippa se kop laat haar voel of sy gaan mal word. Sy krap verbouereerd met haar vingers in haar lang blonde hare. Maar dis nie dáár waar die irritasie vandaan kom nie. Die gejeuk is bínne-in haar kop!

    Sy voel naar en haar maag draai asof sy gaan opbring. Haar oë begin traan. ’n Beweging in haar neusgat vang haar oog en sy gee ’n tree nader aan die spieël teen haar kamermuur. Sy lig haar kop effens om beter te kan sien.

    In die spieël sien sy hoe haar oë groot ooprek en sy staar na haar eie gesig. ’n Piepklein spinnekoppie kriewel uit haar neusgat en hardloop teen haar wang af. Sy frons verskrik. Dit móét haar verbeelding wees.

    Maar dan gebeur dit weer. En weer. En wéér! Honderde klein spinnekoppies stroom uit Pippa se neusgate. Sy maak haar mond oop om te gil, maar niks kom uit nie. Sy probeer weer, maar steeds niks. En dan weet sy skielik hoekom …

    In die weerkaatsing van die spieël sien sy hoe ’n wollerige swart spinnekop so groot soos haar vuis stadig uit haar keelgat opklim tot binne-in haar mond. Die ding beweeg stadig oor haar tong en toe dit by haar lippe kom, steek die gedrog vas en hardloop weer vinnig terug in haar keelgat af!

    Pippa sit uitasem regop en vee die sweet van haar gesig af. Sy het dit wraggies al wéér gedroom! Dieselfde nagmerrie oor die spinnekop wat eiers binne haar lê en van haar kop ’n spinnekopnes maak.

    Die gerusstelling dat die nagmerrie verby is, laat Pippa se hart weer normaal klop. Sy blaas verlig ’n haarsliert uit haar gesig.

    Dis Sondag en die laaste oggend van die vakansie wat sy op hulle familieplaas, Moordkuil, in die Moordenaarskaroo wakker word. Môre gaan hulle die lang pad Paarl toe aandurf, waar sy haar hoërskoolloopbaan in ’n koshuis sal begin.

    Pippa swaai haar bene van die bed af en toe sy op die vloer trap, voel sy iets sags en grillerigs onder haar voet beweeg. Haar keel trek onmiddellik toe en al probeer sy hoe hard, kan sy nie gil nie.

    Sy spring terug op die bed. Dan sien sy dit – drie Jelly Tots op die mat langs haar bed. Sy voel hoe haar wange begin gloei. Sy sal oor haar simpel vrees vir spinnekoppe móét kom. Die hoërskoolmeisies in die Paarl sal dink sy’s ’n regte bleeksiel as hulle moet weet sy kry die ritteltit omdat sy op ’n paar Jelly Tots getrap het. En sy sal sommer ook moet ophou om lekkers in die bed te eet! Haar ma het ’n yskasmagneet waarop staan: A moment on the lips and a lifetime on the hips. So sy ken daardie reël maar alte goed.

    Onder in die kombuis hoor sy haar ouers werskaf. Sy hoop haar ma maak vanoggend spesiaal vir haar spek en eiers, soos net sý kan. ’n Koshuis-ontbyt sal beslis nie so lekker kan smaak nie.

    Pippa maak haar kamerdeur oop en loop in die gang af, maar steek net daar vas. Iets is nie pluis nie.

    Waar? vra haar ma met groot oë en haar hand op haar bors.

    In die skeur bo in die berg, antwoord haar pa. Hulle het dit nou gaan lossny. Ek het gesê hulle moet dit na die skuur toe bring. Ek wil eers kyk of dit sy is voor ek die polisie bel.

    Dink jy dis die regte ding om te doen?

    Haar pa se oë verhard. Wanneer hy gespanne is, verloor hy gou sy humeur. Wat anders dink jy … begin hy, maar dan sien hy vir Pippa in die deur.

    Pappa, wat’s fout? vra Pippa. Het daar iets gebeur?

    Nee, skat, sê haar ma, maar haar oë soek hulp by Pippa se pa. Dis sommer net …

    Haar pa se gesig versag. Dis niks, Pips. Gaan na jou kamer toe. Jou ma en ek moet iets belangriks bespreek. Sy sal jou kom roep sodra ons klaar is.

    Pippa wil eers iets sê, maar sy weet ook dis beter om onder sulke omstandighede nie met haar pa te redeneer nie.

    Sy stap stadig terug na haar kamer en los aspris haar deur op ’n skrefie oop om te probeer luister wat haar ouers sê. Maar dan hoor sy haar pa se bekende voetstappe nader kom en hy trek die kamerdeur toe.

    Dit keer Pippa egter nie om steeds met haar oor teen die deur te probeer luister nie. Sy sukkel om enigiets te hoor. Haar ouers fluister nou, maar sy kan tog sekere woorde uitmaak. Wie kan die sy wees waarvan haar pa aanhoudend praat?

    Ná ’n paar minute wat soos ’n uur gevoel het, hoor Pippa haar ma se armbande aangeklingel kom. Sy spring op haar bed, gryp die tydskrif op haar bedkassie en gaan sit met gekruisde bene, kamtig verdiep in die artikel voor haar.

    Die kamerdeur swaai oop en haar ma kom sit by haar op die bed.

    Pips, sê sy en vat Pippa se hand. Iets baie vreemds het vanoggend gebeur, my kind. Haar ma forseer ’n glimlag, maar sy kan nie die spanning in haar gesig wegsteek nie.

    Pippa se hart klop effens vinniger. Wat’s dit, Mamma? Wat het gebeur?

    Haar ma sug diep. Jakob en Jan het vroegoggend gaan bergklim, of so sê hulle. Niemand sal seker ooit weet wat hulle regtig daar bo gaan doen het nie, want dis moeilik om daar uit te kom. Haar ma sug weer. En toe klouter die twee glo op ’n manier af tot in die bergskeur.

    Pippa se mond val oop. Tot in die grot?

    Haar ma frons effens. Um … dis nie regtig ’n grot nie. Dis meer ’n skeur in die berg, maar ja, tot in die grot … of skeur … of wat ook al ’n mens dit noem.

    En toe? vra Pippa. Haar ma rek die storie nou te lank uit.

    En toe vind hulle iets … iets baie ongewoons … iets wat my baie onrustig maak. Haar ma vryf oor die hoendervleis op haar arm. Jou pa voel ons moet jou nie hiervan vertel nie. Hy’t gesê môre is ’n groot dag vir jou en hy wil nie hê jy moet jou oor dinge hier bekommer nie. Maar ek het hom oortuig jy moet weet. Ek wil nie hê ons moet goed vir jou wegsteek nie.

    Ja? vra Pippa versigtig. Sy wil bitter graag weet wat aangaan, maar om een of ander rede is sy bang vir wat haar ma gaan sê. Wat is in die grot, Mamma?

    Haar ma se wange

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1