Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Jeremy vannie Elsies
Jeremy vannie Elsies
Jeremy vannie Elsies
Ebook276 pages4 hours

Jeremy vannie Elsies

Rating: 1 out of 5 stars

1/5

()

Read preview

About this ebook

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag… Jeremy Vearey se lewe het talle onvoorspelbare wendings geneem. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, heimlik politieke kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy 'n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel. En onder alles loop 'n donker stroom…
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 26, 2018
ISBN9780624084112
Jeremy vannie Elsies
Author

Jeremy Vearey

Jeremy Vearey stam uit Elsiesrivier - die oorsprong van sy geskiedenis, erfenis, en oortuigings. Dis deur dié buurt en die invloed van sy familie dat hy in die tagtigerjare by Umkhonto we Sizwe aangesluit het om teen die apartheidstaat te veg. As gevolg hiervan was hy vir jare 'n gevangene op Robbeneiland. Vandag is hy 'n majoor-generaal in die SAPD.

Related to Jeremy vannie Elsies

Related ebooks

Related articles

Reviews for Jeremy vannie Elsies

Rating: 1 out of 5 stars
1/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Jeremy vannie Elsies - Jeremy Vearey

    Jeremy vannie Elsies

    Jeremy Vearey

    Tafelberg

    Vir Anne Schuster, my skryfmentor;

    Ma Annette Vearey, my lewensaar;

    en Ouma Jakoba Galant, bronaar van my geestesoog

    Die grootloop begin

    Dis die ding met groot lesse in die lewensloop, jy leer dit altyd op ongeleë tye, onverwags, met ’n ontnugtering wat jou kinderlike onskuld verpletter. Daardie bergwindbedompige middag in 1968 was een so ’n mylpaalgebeurtenis, toe die double-decker Tramways-bus met ’n geruk stop by Parow-terminus, ’n opgewonde, sesjarige kaalvoet klonkie en sy ma daarin.

    Die gevoel van opwinding, die wonderwerk – asof die wêreld onder sy voete vir hom wag om dit te verken – toe hy heel voor op die boonste vlak van die bus sit laat sy voete jeuk terwyl hy oor die trein stasie staar na die winkels en stalletjies wat oorkant in Stasieweg wemel van die mense. Dit voel asof hy as ’n klein koning verhef bo alles magies troon en die massa net vir hom wag: die kaalvoet heerser van die double-decker-bus.

    Terwyl sy ma tevergeefs maan dat hy moet wag, spring hy op, storm verby al die sloerende passasiers die bus se staaltrappe af en ster-spring agter uit. Tara! Die kaalvoet koning het geland! Hy hoor nie die geskreeu van die grootmense soos hy na die stasie se duikweg toe hardloop nie. Hy hardloop deur die stank van ou visolie uit die Portuguese Station Fisheries na die duikweg toe terwyl almal waarskuwings skreeu.

    Die klonkie vaar die duikweg met blinde onskuld in, skrik eers in die donker tonnel wakker en besef dat hy alleen is. Maar alles gebeur te vinnig. Hy voel ’n skop in sy maag en sak hygend inmekaar. Êrens tussen die klanklose trane voel hy hoe ’n groot hand hom by die oor gryp en sleep-trek na die uitgang.

    Hy hoor vaagweg tussen die pyn die gedaante skree: Hotnot, jy hoort nie hier nie! Fokof na jou kant toe!

    Maar deur sy trane gewaar hy die silhoeëtte van Ma en ’n paar vroue wat wydsbeen, vuiste op hul heupe, in die helder lig van die ingang paradeer.

    As jy hom nie nou los nie, steek ons jou vrek, jou fokken Boer! skree een van hulle.

    Die groot wit hand los my oor en die man vaar benoud terug die donker duikweg in. Ek draai braaf om om te sien waarnatoe die fokken Boer verdwyn. Maar die skril geluid van brieke wat bokant die duikweg ’n trein tot stilstand dwing, verdoof die wit gedaante se noodkrete.

    Ek marsjeer terug na Ma waar sy en die ander vroue moedig om my laer trek terwyl die Portugese van die viswinkel dreigend nader beweeg om die Boer te help.

    Het djy gesien hoe haloep daai fokken Boer!? skree een vrou tartend.

    Soek kak met ôs vandag en djulle is amal witbene! daag ’n ander een.

    Die Portugese draai om en kruip verslae terug na Station Fisheries.

    Toe gebeur daar iets wat Ma se gees van verset teen ongeregtigheid diep by my ingeboesem het. Sy en haar krygsvroue trek weer om my saam en trotseer die Whites Only-duikweg sonder dat enige Boere ons keer.

    En só begin die storie van dié sesjarige se eerste skoene. ’n Storie van almal se antie Annette. Antie Annette, die fabriekseamstress en shop steward. Antie Annette, die vrou waarna die vroue van Balveniestraat se omtes in Elsiesrivier gekom het vir raad oor alles van kinders grootmaak en wandelende mans tot uniesake en die politiek. Almal se antie Annette en ek, haar klong.

    Ek oordryf ’n bietjie as ek sê dat my eerste paar skoene werklik skoolskoene was in die ware sin van die woord, want hulle was spesiaal. Ver te groot, soos my ander klere wat ek moes ingroei totdat daar weer geld sou wees. Spesiaal omdat Ma altyd gesê het dat hierdie skoene gemaak is met die bloed en sweet van ander ma’s wie vir baie min geld in fabrieke slaaf en waar hulle rondgeorder word deur Boerelaaities. So, hierdie skoene word nie sommer net enige tyd gedra nie, veral nie elke dag skool toe nie. Dis uitgaanskoene dié. Uitgaanskoene vir grootmensdinge soos Ma se unievergaderings in Soutrivier, en as ons mense wie Ma lank laas gesien het baie ver gaan besoek. So, dit was eintlik Ma se skoene. Ek het dit net vir haar gedra.

    Ek het dit vir haar gedra een bloedwarm dag voor breaking-up in Desember 1969 in die SweetorLibra-klerefabriek in Elsiesrivier, waar ek langs haar sukkel om stil te staan. In die stank van ou masjienolie wat swaar in die warm lug hang, sit swetende vroue in blou oorjasse gebukkend voor honger naaimasjiene en overlockers wat lap vreet. Die een skree-gesels harder as die ander oor gister se dinge, asof hulle stry teen die verdowende dreunsang van dié meganiese monsters.

    Maar ek kan nie stilstaan nie want ek voel my voete in my skoene kriewel en dit sê ek moet loop.

    Loop, maar moenie aan iets raak nie, maan Ma.

    Ek spring weg en rits verwonderd tussen die rye lapvreters tot by die uitgang, in ’n lang wit man in ’n kakieoorjas vas.

    Stop running! What are you doing here!? Where is your mother!? skree die man.

    Ek begin huil.

    Hy is antie Annette se klong, my baas, antwoord ’n vrou ’n in blou oorjas en gryp my hand.

    Take him to his mother, skel die kakieoorjas.

    Die blou oorjas drafstap angstig tussen die masjiene met my aan haar hand na Ma toe. Die Limey-vark het vir Jeremy geklap, antie Annette. Toe staan ek bankvas voo hom, gryp vir Jeremy en vertel die vark nerra kak!

    Nog voordat ek kan verduidelik dat dit nie is hoe dit regtig gebeur het nie, spring Ma op en skree: Stop die lorrie! Die masjiene en hulle slawe word stil. En ophou huil, Jeremy. Djy’s nie meer ’n baby nie, vermaan sy.

    Ek sluk diep en vee die trane af. Sy is allemagtig, hierdie ma van my. As sy sê stop, dan stop die hele wêreld. Amper soos my ouma se God Jehova.

    Die Limey marsjeer na my ma toe en kom staan voor haar soos ’n wafferse baas. And what is the meaning of this, Annette? vra hy parmantig.

    Missus Vearey to you, kap Ma terug. Shop steward here for the Garment Workers Union. We have an agreement with management to bring our children with in the last week of breaking-up. If they are a nuisance we will deal with them and not you. Understand?

    Die Limey vou en prewel heel bedaard: Okay, missus Vearey. Let’s not make this a union issue. I merely scolded him but did not touch him.

    Ma se wenkbroue lig en sy staar vraend. Ek knik my kop. Okay, in future just bring him to me if there is a problem, sê Ma.

    Die Limey draai om en die masjiene begin weer dreun, maar nou klink dit asof die skree-gesels van Ma se vroue in blou oorjasse die geraasgeveg gewen het.

    In die loop op grys paaie deur Louw se Bos, deur geroeste sinkhuise, oor ’n vuil sandvlakte na die djaart in Balveniestraat pla ek knaend vir Ma. Wat is ’n Limey? Is hy dieselfde as ’n Boer? Is ’n shop steward dan nie iemand wat in ’n winkel werk nie? Is Boet en Saartjie van my skool se Afrikaans-leesboek Boere en Janet and John van die Engelse een Limeys?

    Nou, die ding van Ma is dat sy geglo het sy sê jou liewers alles, al verstaan jy nie nou alles nie want die saad van daai kennis sal eers later deur wyser mense gewater word en uitgroei. Êrens in haar antwoorde kon ek optel dat daar so ’n ding is soos ’n werkersklas wat dubbel onderdruk word deur wit mense onder iets genoem apartheid en dat die unies, gelei deur shop stewards soos Ma, eendag in opstand sal kom en almal bevry. Daar was ook iets van die Limeys en die Boere wat oor goud en diamante baklei het, maar dat ek nie moet vergeet nie, hulle het dit alles saam met die land geroof. So, die Limeys en die Boere was amper soos die Panorama Kids en die Twaalf Apostels, bendes in Elsiesrivier wat oor turf baklei wat hulle in die eerste plek geroof het.

    En ja, het Ma geknor, Boet en Saartjie is Boere en Janet en John is Limeys want hulle sê mos ons mense is nie goed genoeg nie.

    Ma, wat moet ek vir Ouma sê as sy vra hoe die dag was?

    Sê dit was goed, nè? Jy weet hoe worry jou Ouma as jy iets oorkom.

    Ek kon nooit die ding tussen Ma en ouma Jakoba Galant verstaan nie, veral Ouma se minagting vir my pa, wie sy nooit gedink het goed genoeg vir haar dogter was nie. Maar ek kon deur my pa se gewingerde Vrydagaand-stryery met Ma optel dat dit iets te doen gehad het met my ma wie ’n voorkind was en Ouma wat toe nooit getrou het nie. En, om dinge te vererger, dat Ma ook by Pa ’n voorkind gehad het wie – volgens Ouma – weens Pa en Ma se buite-egtelike gruweldade kort ná geboorte afgesterf het.

    Jou ma is getroud met Jehova, die God van die leërskare! Haar familie is die Jehova se Getuies! het Pa een aand in Ma se gesig voor Ouma in die huis geskree terwyl ek en my suster êrens weggekruip het tot die storm bedaar.

    Maar dit was nie waar nie. Ouma het omgegee. Toe Ma haar werk by klerefabriek verloor, het Ouma elke jaar daarna skoene gelayby en my in Desember kalm deur die slegs-kleurlinge-duikweg by Parow-treinstasie na die skoenwinkel in Stasieweg gelei om my skoene te gaan haal. Dit sonder dat die Boere, die Portugese van Station Fisheries of enige Limeys my gepla het. Ouma se klong se spesiale skoene kon ek toe soms skool toe dra, maar dit was steeds heilige skoene. Ek het dit byna elke Sondag gedra met ’n bruin-en-swart-dambord-safaripak, ’n wit hemp met ’n swart strikdas en spierwit sokkies styf tot bokant die knie opgetrek. Dit was nou vir die weeklikse pelgrimstog van Balvenielaan na Halt Road tot in Sewentiendelaan waar die Koninkryksaal van Jehova se Getuies in ’n geel gebou van die International Order of True Templars (IOTT) gehuisves was.

    I Only Take a Tot, soos my pa altyd gekgeskeer het.

    Daar is min wat ek kan onthou van my en Ouma se jarelange pelgrimstogte na die Koninkryksaal, behalwe Ouma se bevel om op te staan voor die hele gemeente as ek wegsluimer onder die dreunsang van ouere manne wat klink of hulle kompeteer oor wie die stadigste op monotoon aansloer. Ek het wel later geleer om wakker te bly deur my skoene op en af te wieg en stip daarna te staar. Hiermee was Ouma darem tevrede. Maar ek was altyd op en wakker wanneer die gemeente die laaste gesang sing en ek het volbors saam met Ouma gesing terwyl ek trots my hande in die lug rondswaai.

    Dit was veral een gesang wat in my kop vasgesteek het. Al wat ek daarvan kan onthou, is ’n reël uit die refrein: And you will see it realised, if you, keep your eyes, on the prize! Toe ek vir Ouma vra wat die it en die prize is het sy my, net soos my ma, een van daai lang verduidelikings gegee. Hierdie een was van ’n toekomstige paradysaarde ná die groot vernietiging, waarna alle Jehova se Getuies wie oorleef, en dié wie in die waarheid gesterf het, op sal staan om ’n nuwe koninkryk van God op aarde te bou. Behalwe die verkose honderd vier en veertig duisend wat dan in die hemel sou bly, sal Jehova weer vir Satan ná ’n duisend jaar vrylaat om sy volgelinge in die Paradys te toets, waarna dié wie dan sondig, met die ewige dood gestraf sal word. Toe ek dit hoor, het ek net daar besluit dat ek een van die honderd vier en veertig duisend wil wees. Ouma se storie het amper soos Ma se storie geklink. Ma is seker een van daardie honderd vier en veertig duisend shop stewards wat die onderdrukte Getuies in die fabriek gaan verlos van die bose Boere en Limeys en ’n koninkryk van werkers in Suid-Afrika gaan bou.

    Met Ouma en my heilige skoene het ons gereeld Saterdagoggende die Jehova se Getuies se Watchtower- en Awake!-traktate aan die onreine kinders van die wêreld in Elsiesrivier en Tiervlei verkoop terwyl ons die Woord verkondig en hulle bekeer het tot die Waarheid. Met Ma se politieke skoene het ons werkers van ander klerefabrieke gaan bekeer vir die Garment Workers Union terwyl ons die Woord van die werkers se vrye toekoms verkondig. Maar omdat Ouma nou die skoene gekoop het ná Ma afgedank is, was die heilige en politieke skoene een en dieselfde ding.

    So, dit was juis met hierdie heilige, politieke skoene wat ek eendag in Desember 1972 saam met Ouma in Seepunt by die Williamson-familie gaan char het. Van die stasie af tot in Seepunt het Ouma my alles geleer van hoe dinge in ’n stad werk, van hoe om af te kyk as jy verby ’n wit man loop tot watter ingange van winkels slegs vir blankes is. Ouma het my gewaarsku dat ek nie ’n oorlas van myself by master Williamson se huis moet maak nie en met hulle kinders mag speel, maar nie met hulle mag stry of baklei nie. Maar hoe verder ons Seepunt se Hoofweg invaar, hoe vinniger loop Ouma.

    Loop vinniger, ons gaan laat kom! jaag sy my aan, tot ek omtrent moet drafstap.

    Ouma se master Williamson se huis was moerse groot. Hulle voordjaart was seker tien keer groter as ons hele djaart in Elsies waar vyf families met altesame dertien kinders woon. Dit was, soos my pa sou sê, ’n geboude huis en nie ’n sink een nie. Met ons aankoms het niemand uitgekom na die hek toe om te groet nie en Ouma en ek het haastig verby die voordeur gestap na die kombuis aan die agterkant van die huis waar sy geklop het.

    Jakoba, you are late, grom die lang wit man wat die deur vir ons oopmaak.

    Sorry, master Williamson, the train was late and the boy could not walk so fast, pleit Ouma.

    Die man staar nors na my en verdwyn sonder om te groet.

    Ek sou weer daardie dag master Williamson se norsheid teëkom. Ek het nou aan Ouma se sy gebly terwyl sy die hele huis reinig. Met haar kaal hande vaar Ouma hierdie stal van ’n huis in en vermorsel die stank van sweetdeurdrenkte wasgoed, dae se ongewaste skottelgoed en vuil houtvloere met net haar Omo, Sunlight-seep en Cobra-vloerpolitoer. Ek verwonder my aan al die speelgoed wat in die kinders se kamers rondgestrooi lê. Daar was Corgi Toy-karretjies, allerhande soorte poppe en Lego-blokkies, maar geen kinders nie.

    Ek gryp toe maar ’n rooi brandweertrok onder die lot en wroem-wroem op my knieë in die lang houtgang buite die kamer af. Ek skrik eers toe ek die groot paar swart skoene voor my sien en ’n stem êrens bokant my kop hoor grom.

    Jakoba, control your boy! And you! Put that back!

    Met dié storm Ouma uit die kamer op Williamson af en ek hardloop verby haar die kamer in, onseker of sy kwaad is vir my of vir haar werkgewer.

    Ek is nie seker wat gebeur het nie, maar Ouma het hom stilgepraat. Toe ons verbystorm, het hy gedwee sy kop laat sak terwyl sy hom aangluur, die deur oopruk en met mening toeslaan. Al wat ek uit Ouma kon kry op pad stasie toe was dat sy al jare vir die Williamsons werk en sy het hierdie spesifieke Williamson herinner dat sy hom en sy kinders grootgemaak het. Sy kon sy ouma gewees het. Wie is sy Jakoba? Die bogkind wat op twaalf nog in die kooi gepis het! Ek het Ouma tot dan nog nooit só hoor praat nie, sy was dan altyd so sagmoedig.

    Miskien was Pa op ’n manier reg as hy soms in frustrasie vir Ma gesê het: Djy’s nes jou ma.

    Djy’s nes jou pa. Dié het ek as kind al baie in my uitgebreide familiekring gehoor.

    Altyd op pad êrens anders heen in sy kop. Hy kan nie lank genoeg stilsit om aandag aan sy skoolwerk te gee nie. Dit het ’n standerdeenonderwyseres eendag aan my ma oor my gesê.

    Dit blyk Ma het daardie dag aan die onderwyseres voorgestel dat sy my onmiddellik uit die klas moet sit om ’n paar keer om die skoolveld te gaan loop as ek te onrustig raak. Dit het gewerk want nie net kon ek in die loop beter nuwe kennis verwerk nie, dit het ook later ’n passie vir langafstandhardloop aangewakker, iets wat in my volwasse jare gedurende my politieke gevangenskap op Robbeneiland goed te staan gekom het as alternatiewe terapie.

    Miskien het die gedurige lopery saam met Pa en sy vriende deur Elsies, Tiervlei en Uitsig vir hulle ook so iets beteken. In die laat sestigs, lank voor Elsiesrivier uitgerafel het – in gesiglose kranse van betonfletse en eenvormige munisipale gehuggies, geometries georden deur teerstrate wat ons sosiale loopweë ontwortel het – het die mense geloop in stofstrate tussen djaarts en sinkkrale, oor sandvlaktes met portjacksons en bloekombome; dit was die weë van ons gemeenskaplikheid. In dié sin was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1