Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê
Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê
Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê
Ebook66 pages57 minutes

Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dr Dag Heward-Mills, 'n besondere Christen-leier, onthul een van sy geheime. "As iemand my sou vra wat die grootste geheim van my verhouding met God is, sou ek sonder huiwering sê dat dit die krag is van die stil tye wat ek elke dag met Hom het." Hy het besluit om hierdie boek te skryf sodat jy ook uit die krag van stiltetyd kan voordeel trek.

LanguageAfrikaans
Release dateJun 21, 2018
ISBN9781613954096
Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hoe jy ‘n effektiewe stil tyd met God elke dag kan hê - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Die Stilte Tyd - Die Belangrikste Gewoonte Van Jou Lewe

    Die tweede helfte van ’n man se lewe word opgemaak uit die gewoontes wat hy in die eerste helfte verkry het.

    Dostoyevsky

    Die krag van ’n man se deugde word opgemaak deur sy gewoontes.

    Pascal

    Gewoontes is iets wat jy doen sonder om eers daaraan te dink of jou voorneem om dit te doen. Elke goeie Christen het baie goeie gewoontes. Hierdie goeie gewoontes is wat van hom maak wat hy is.

    Alle groot manne het gewoontes wat hulle groot gemaak het. Ons Here Jesus het gewoontes gehad wat Hom groot gemaak het.

    Jesus Christus se gewoontes

    Om gereeld kerk toe te gaan.

    Het jy geweet dat Jesus goeie gewoontes gehad het? Die Bybel leer ons dat Hy gewoond was om elke sabbat kerk toe te gaan.

    Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.

    Lukas 4:16

    Om vir gebed eenkant toe te gaan.

    Jesus het ook die gewoonte gehad om ’n spesifieke tuin op te soek om eenkant te wees. Dit was ’n plek waarheen Hy dikwels gegaan het. En almal het geweet dat dit sy gewoonte was om in die tuin te bid.

    Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar ’n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels. En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.

    Johannes 18:1-2

    Daniël se gewoontes

    Daniël het op vasgestelde tye van die dag gebid. Dit was iets wat hy gewoond was om te doen. Dit was een van die grootste geheime van sy lewe.

    En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ’n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, NET SOOS HY TEVORE GEDOEN HET.

    Daniël 6:11

    Tien dinge wat elke Christen oor gewoontes moet weet

    1. ’n Gewoonte is ’n HANDELING WAT MAKLIK HERHAAL WORD sonder om daaroor te dink of daarvoor te beplan.

    2. ’n Gewoonte is ’n HANDELING WAT JOU GEBRUIK word of jy daarvan bewus is of nie.

    3. ’n Gewoonte is gewoonlik ’N ONBENULLIGE OPTREDE WAT SKYNBAAR GEEN KRAG HET om die toekoms te beïnvloed nie. Dit is waarom baie mense nie die gedagte aanvaar om goeie gewoontes aan te leer as ’n kragtige werktuig om in die toekoms iets te bereik nie.

    4. ’n Gewoonte kan GOED OF SLEG WEES, NATUURLIK OF GEESTELIK. Geestelike gewoontes is dinge soos oggendgebede en om daagliks stiltetyd te hou. Natuurlike gewoontes is dinge soos tandeborsel en elke dag te bad.

    5. GOEIE GEWOONTES WORD NET SO MAKLIK HERHAAL AS SLEGTE GEWOONTES.

    6. SLEGTE GEWOONTES LEI TOT VOORTDURENDE MISLUKKING EN NEDERLAAG sonder dat die persoon besef wat gebeur.

    7. GOEIE GEWOONTES LEI VOORTDUREND TOT SUKSES EN OORWINNING sonder dat die persoon eers besef wat hy doen.

    8. Slegte gewoontes is maklik om aan te leer maar moeilik om mee saam te leef. GOEIE GEWOONTES IS MOEILIK OM AAN TE LEER MAAR MAKLIK OM MEE SAAM TE LEEF.

    9. ELKE SUKSESVOLLE CHRISTEN HET ’N AANTAL GOEIE GEWOONTES wat vir hom sukses gebring het. Baie jare gelede het ’n vriend my geleer om elke oggend stiltetyd met God te hou. Ek het dit as ’n persoonlike gewoonte ontwikkel en dit was my grootste geheim as ’n Christen en later as ’n bedienaar. Amper al die dinge waaroor ek preek, kom as ’n gevolg van hierdie goeie gewoonte.

    10. GEWOONTES IS ’N VEILIGHEIDSNET VIR CHRISTENE. Selfs wanneer ’n leier onder druk is, sal hy sekere dinge uit gewoonte doen en dit kom heel natuurlik en maklik. Wanneer hy onder druk verkeer, het ’n leier dalk nie tyd om te dink oor wat om te doen of hoe om op te tree nie. Dit is die goeie gewoonte van gebed of stiltetyd wat hom uit die moeilikheid kan uitlei. Net soos Jesus het ek ook ’n plek waar ek dikwels gaan bid. Ek gaan ook dikwels saam met my pastor. Hierdie gewoonte help om my geestelik te beskerm selfs as ek nie van gevaar bewus is nie.

    Hoofstuk 2

    Die Stilte Tyd - Die Geheim Van Baie Suksesvolle Manne

    Moses het stiltetyd met God gehad

    Toe het die Here aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het. En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1