Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Geestelike gevare
Geestelike gevare
Geestelike gevare
Ebook96 pages1 hour

Geestelike gevare

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

' 'n Christen lewe te midde van baie gevare, lokvalle en valstrikke. Hierdie boek sal jou oë oopmaak vir die baie subtiele gevare wat vir jou lê en wag om jou te benadeel, seer te maak en te vernietig. Help jouself, red jouself en bevry jouself deur hierdie kragtige boek oor geestelike gevare!

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9781683982197
Geestelike gevare
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Geestelike gevare

Related ebooks

Related articles

Reviews for Geestelike gevare

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Geestelike gevare - Dag Heward-Mills

    Tensy anders vermeld is alle aanhalings uit die Skrif geneem uit

    Die Bybel in Afrikaans (1933/1953)

    Eerste uitgegee in 2012 onder die titel Spiritual Dangers

    Kopiereg © 2012 Dag Heward-Mills

    Vind meer uit oor Dag Heward-Mills

    Healing Jesus Crusade

    Skryf aan: evangelist@daghewardmills.org

    Webwerf: www.daghewardmills.org

    Facebook: Dag Heward-Mills

    Twitter: @EvangelistDag

    ISBN: 978-1-68398-219-7

    In Afrikaans vertaal deur Hans Linde

    Alle regte voorbehou onder internasionale kopieregwet. Skriftelike toestemming moet van die uitgewer verkry word om enige deel van hierdie boek te reproduseer, behalwe vir kort aanhalings in kritiese resensies of artikels.

    Inhoudsopgawe

    Hoofstuk 1: Waarom sekere dinge eerste gedoen moet word

    Hoofstuk 2: Waarom die koninkryk van God jou eerste passie moet wees 

    Hoofstuk 3: Die gevaar van owerspel

    Hoofstuk 4: Stappe om owerspel te vermy

    Hoofstuk 5: Geestelike sleutels om owerspel te vermy

    Hoofstuk 6: Wat is ’n vreemde vrou?

    Hoofstuk 7: Kentekens van ’n vreemde vrou

    Hoofstuk 8: Vreemde vroue in die Bybel

    Hoofstuk 9: Tien sleutels om jou aangetrokkenheid tot vroue te verstaan

    Hoofstuk 10: Die gevare van ’n dubbelhartige lewe

    Hoofstuk 11. Tien soorte dubbelhartigheid

    Hoofstuk 1

    Waarom sekere dinge eerste gedoen moet word

    Verkeerde prioriteite bring groot gevare vir Christene. Wanneer jy ’n sondaar is, moet jy basies tussen twee gedagtes kies: goed en kwaad. Soos jy in die Here groei, vermeerder jou keuses en begin jy om meer te hê waaruit jy moet kies.

    Hierdie keer is jou keuses nie tussen goed en kwaad nie, maar tussen goed en goed. In terme van wat jy doen, is daar dikwels verskeie goeie dinge waaruit jy moet kies. Wanneer jy by daardie punt kom, is dit belangrik dat jy die konsep van prioriteite verstaan: Watter een moet ek eerste doen? Jesus het vir ons ’n belangrike openbaring gegee oor sommige dinge wat voor ander dinge gedoen moet word.

    Dit is interessant om te bestudeer hoeveel dinge Jesus gesê het eerste gedoen moet word. Wanneer Jesus oor die eerste of die belangrikste saak gepraat het, het Hy die Griekse woord proton gebruik. In hierdie boek kyk ons na die proton-sake, dinge wat Jesus gesê het eerste gedoen moet word.

    As ’n Christen moet jy eerste dinge eerste doen. Eerste dinge beteken eerste in tyd, orde, getal, rang en waarde.

    ’n Christen moet die mees belangrike dinge eerste doen.

    Waarom moet sekere dinge eerste gedoen word?

    1. Enigiets wat nie eerste gedoen word nie, verloor oënskynlik sy betekenis

    God is baie geduldig met ons. Baie was ongehoorsaam aan Hom en dit lyk of hulle daarmee weggekom het. Die belangrikheid van die Woord van God vervaag oënskynlik as ons in ongehoorsaamheid voortlewe. Baie gou word wat belangriker as enigiets is, verag en buite rekening gelaat.

    Vandag werk ek as gesalfde in die bediening en baie respekteer my vir my bediening. Maar as ek God nie gehoorsaam het toe ek dit gedoen het nie, sou ek dalk my hele lewe ’n mediese dokter gewees het. Gesprekke oor die roeping van God sou onbenullig en ontoepaslik voorgekom het.

    Terwyl ek saam met my mediese kollegas in verskillende hospitale gewerk het, sou die gedagte om ’n pastor te wees, belaglik geklink het. Ek sou vir my vriende gesê het: Laat ek vir julle vertel van ’n lawwe idee wat ek eens gehad het. Het julle geweet dat ek by geleentheid ’n pastor wou word? Toe ons jonger was, was ons oor-geestelik en onprakties.

    Het jy nog nooit volwassenes teëgekom wat gesê het dat hulle oorspronklik van plan was om tot die priesterskap toe te tree nie? In hulle ouderdom probeer hulle deur hulle kinders vir hulle ongehoorsaamheid vergoed.

    Ek ken ’n man wat een van sy kinders probeer dwing het om ’n priester te word.

    Hy het vir sy seun gesê: God het my geroep om ’n priester te word, maar ek het dit nie gedoen nie. Word jy daardie priester, dan gee ek vir jou eiendom en geld sodat jy aan niks kortkom nie. Aan die einde van hulle lewe wil hulle desperaat probeer vergoed vir ’n lewe waarin hulle nie met God saamgewerk en aan Hom gehoorsaam was nie.

    Liewe Vriend, ek kan jou verseker dat hoe langer jy jou eie planne volg, hoe meer veraf en onrealisties sal die gebooie van die Here voorkom. Daar is ’n rede vir proton.

    Proton, om eerste dinge eerste te doen, bevry jou van misleiding. God sal vir jou sorg en met jou gaan as jy by sy wil inval.

    2. Enigiets wat nie eerste gedoen word nie, mag dalk nooit gedoen word nie.

    Uitstel lei dikwels tot afstel. Enigiets wat nie eerste gedoen word nie, mag dalk nooit gedoen word nie. Ek het nooit geweet dat die uitstel van ’n saak in werklikheid tot die afstel daarvan kan lei nie.

    Op ’n dag moes ek van Londen na New York reis om te bedien. Dit was beplan dat ek in werklikheid daardie aand in Maryland moet optree. Ongelukkig het ek ’n baie vroeë vlug van Heathrow-lughawe in Londen na Amsterdam geneem en daar moes ek ’n aansluiting na New York haal. Op die een of ander manier het ek nie die vertrektyd geglo wat ek op my kaartjie gesien het nie. Ek het gedink dat dit te vroeg was om waar te wees.

    Toe ek vir die eerste keer in my lewe by daardie lughawe kom, was ek te laat om in te klaar en op die vliegtuig te klim. Ek het die tyd van inklaring met omtrent twintig minute gemis. Ek was teleurgesteld. Ek moes vir die volgende vlug na Amsterdam wag!

    Jy sal nie jou eerste aansluiting na New York haal nie, maar jy kan ’n later vlug kry, het hulle vir my gesê. Ek het besef dat ek dit nog steeds gaan maak New York toe en net betyds gaan wees om Maryland toe te ry. Ek bel toe New York toe en vertel vir die pastor wanneer ek sal aankom en dat ons vinnig Maryland toe sal moet ry. Ek het hom verseker dat daar genoeg tyd sal wees en dat die byeenkoms ten spyte van die effense vertraging beslis sal voortgaan.

    In Amsterdam het ek vol vertroue die aansluitvlug na New York gehaal en geweet dat ons binnekort sou opstyg. Na ’n rukkie het ek by die venster uitgekyk en mense gesien wat die vlerke van die vliegtuig bespuit. Toe kom die aankondiging: Daar is so baie ys aan die vlerke dat dit nie veilig sal wees om op te styg nie. Dit sal ons ’n uur neem om daarvan ontslae te raak. Wees asseblief geduldig.

    Ek het weer ’n berekening gemaak en ek het steeds gevoel dat ons dit net betyds na Maryland sal maak vir die byeenkoms. Die hele kerk sou vir my sit en wag. Hulle het al weke na my koms uitgesien. Ongelukkig sou dit nie gebeur nie.

    Nadat die ysprobleem opgelos is, het ’n nuwe probleem na vore gekom wat verdere vertragings meegebring het. Hierdie keer het hulle gesê die toilette in die vliegtuig werk nie en hulle moes reggemaak word. Ek het nog nooit gehoor van toilette op ’n vliegtuig wat nie werk nie, maar dit was werklik aan die gebeur! Dit het ’n verdere twee ure geneem voordat ons uiteindelik gereed was om op te styg.

    Ek het angsbevange daar gesit terwyl die minute verbytik en my voorgestel hoe baie mense vir die byeenkoms sou vergader het. Uiteindelik moes ek aanvaar dat die byeenkoms gekanselleer sou moes word omdat ek nie betyds sou wees nie. Soos ek daar gesit het, het ek nagedink oor hoe die vertraging van twintig minute in Londen die hele program gekanselleer het. Dit was toe

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1