Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

’N Goeie Generaal
’N Goeie Generaal
’N Goeie Generaal
Ebook498 pages6 hours

’N Goeie Generaal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Weet jy dat die mens se lewe op aarde ’n stryd is? Ons is in ’n oorlog betrokke of ons kies om oorlog te voer of nie. Die Bybel sê dat jou lewe ’n oorlog is. Jy moet die goeie stryd stry en die oorlog wen. Hierdie nuwe boek oor oorlogvoering is ’n moet vir alle leiers.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9781641344616
’N Goeie Generaal
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to ’N Goeie Generaal

Related ebooks

Related articles

Reviews for ’N Goeie Generaal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    ’N Goeie Generaal - Dag Heward-Mills

    ’n Goeie generaal leer oor oorlogvoering

    … en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

    Openbaring 19:11

    Oorlog het te doen met baie doodmaak, pyn, hartseer en die dood. Oorlog staan bekend as een van die heel verskriklikste dinge wat met ’n mens kan gebeur. Oorlog word daarom selde met God in verband gebring. Hoe kan God ooit by ’n oorlog betrokke wees? Hoe kan God wil hê dat mense doodgaan? Wil God dan mense doodmaak? Wil God mense leed aandoen? Sekerlik nie!

    God het nie sulke bose planne nie. Die opkoms van ’n vyand wat verslaan moet word, is wat oorlog laat ontstaan. God voer oorlog op ’n regverdige manier en Hy vernietig sy vyande. As Christene het ons ’n vyand wat vernietig en verslaan moet word. As bedienaars van die evangelie het ons selfs meer vyande en moet ons weet hoe om hulle te oorkom, te vernietig en uit te wis. Die Bybel sê: In geregtigheid oordeel Hy en maak Hy oorlog. Daar is ’n goddelike manier om oorlog te maak. Daar is ’n wyse manier om oorlog te voer. God wil hê dat jy op sy manier en in sy wysheid oorlog moet voer.

    Hierdie boek gaan oor hoe om op ’n goddelike, geestelike en wyse manier oorlog te maak. Enigeen wat dink dat ons nie in ’n oorlog betrokke is nie, verstaan nie waaroor dit gaan nie. Satan wil graag hê dat jy moet dink dat ons onder die Prins van Vrede in vrede lewe. Satan wil graag hê dat jy moet dink dat daar niks is om oor bekommerd te wees nie. Maar God se Woord maak dit baie duidelik dat ons by ’n oorlog betrokke is. God se Woord maak dit baie duidelik dat ons ’n goeie oorlog moet voer en by ’n goeie geveg betrokke moet wees!

    Tien redes om oor oorlog te leer

    1. Jesus Christus lei die leërskares van die hemel en maak oorlog in geregtigheid

    Baie mense doen niks in die bediening nie omdat hulle nie wil veg nie. As jy Jesus wil volg, moet jy by sy leër aansluit en moet jy veg.

    Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

    En sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

    En Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.

    En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

    En uit sy mond gaan daar ’n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ’n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.

    Openbaring 19:11-15

    2. Jesus Christus is ’n lam wat oorlog maak

    Die lam het oorlog gemaak teen die tien konings wat hulleself teen Hom verenig het en Hy het hulle oorkom. Jesus Christus is ’n lam wat oorlog maak. Wil jy nie graag soos Jesus wees nie? As jy soos Jesus wil wees, moet jy leer om oorlog te maak!

    En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

    Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

    Openbaring 17:12-14

    3. God leer ons hande om oorlog te voer

    God wil jou leer hoe om oorlog te maak. As jy glo, sal jy bonatuurlik in staat gestel word en gelei word om oorlog te maak.

    Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

    Psalm 18:35

    4. Ons kry opdrag om die goeie stryd te stry

    Daar is ’n duidelike woord in die Bybel wat sê dat jy moet veg. God moedig jou aan om te veg! ’n Goeie geveg is ’n goeie geveg omdat jy wen. ’n Goeie geveg is ’n geveg met ’n goeie doel.

    Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

    1 Timotheüs 6:12

    5. Ons kry opdrag om ’n goeie oorlog te voer

    Ons word in werklikheid aangesê om goed te wees in oorlogvoering. Dit is ’n opdrag aan elke bedienaar van die evangelie. Timotheüs was een van die eerste pastors in die geskiedenis van die kerk. En hy het opdrag ontvang om goed te wees in oorlogvoering.

    Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry …

    1 Timotheüs 1:18

    6. Die bediening van die Here Jesus word as ’n oorlog beskryf

    Die apostel Paulus het sy bediening as oorlogvoering beskou en ’n belangrike vraag gestel. Wie gaan ooit op eie koste oorlog toe?

    Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ’n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?

    1 Korinthiërs 9:7

    7. Paulus het sy lewe en bediening as ’n geveg beskryf

    Paulus was voortdurend besig om te veg. As jy in die bediening is, is jy by ’n geveg betrokke! As jy vir God werk, is jy ’n vegter! Of jy daarvan hou of nie, jy is in ’n geveg om jou lewe betrokke. Ek het altyd gevoel dat ek besig was om vir my lewe te veg.

    Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.

    1 Korinthiërs 9:26

    Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.

    2 Timotheüs 4:7

    8. Ons kry opdrag om wapens vir oorlogvoering te gebruik

    Paulus, ’n bedienaar van God, het wapens gehad waarmee hy sy goeie oorlog moes voer. As Paulus wapens nodig gehad het, sal jy ook.

    Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp …

    2 Korinthiërs 10:3-4

    9. Ons kry opdrag om sterk te wees en onsself te bewapen

    Waarom moet ons bewapen wees as ons nie gaan veg nie? Ons worstelstryd is teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu. Gord jou lendene aan en kry jouself gereed vir ’n goeie, lang en moeilike geveg!

    Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

    Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

    Efesiërs 6:10-12

    10. Daar is ’n oorlog teen die draak en ons is deel daarvan

    Die draak maak oorlog teen die mense wat die gebooie van God bewaar. Hou jy die gebooie van God? As jy dit doen, verwag dan dat die draak jou sal aanvat en teen jou sal veg.

    En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

    Openbaring 12:17

    Hoofstuk 2

    ’n Goeie generaal vermy ’n dwase oorlog

    Stry die goeie stryd van die geloof …

    1 Timotheüs 6:12

    ’n Goeie generaal is ’n opgeleide vegter, maar hy sal nie in ’n dwase geveg betrokke raak nie. Die Bybel leer ons om die goeie stryd te stry. Dit is ’n goeie ding om die goeie stryd van die geloof te stry. Om te veg beteken om met krag na iets te strewe. Daar is egter baie dwase stryde waarby ’n persoon betrokke kan raak. Is jy besig met ’n dwase stryd of met ’n goeie stryd?

    Generaal Paulus en die dwase stryd

    In 1942 het Adolf Hitler, die leier van Duitsland, die Sowjet-Unie vir die tweede keer binnegeval en probeer om die belangrike stad Stalingrad in te neem. Sowel Adolf Hitler as Stalin (die leier van Rusland) was kragtige bevelvoerders en dit wou voorkom dat hulle hulle moses by Stalingrad sou teëkom. Die Duitse magte was onder die bevel van generaal Paulus.

    Stalin het ’n bevel vir sy troepe gegee, en dit was: Nie een tree agteruit nie! Elkeen sal tot die dood toe veg. Hierdie bevel het ingehou dat enige bevelvoerder wat sonder toestemming van sy meerderes ’n terugval sou toelaat, aan ’n militêre tribunaal oorgegee sou word. Hierdie bevel het ook meegebring dat soldate wat skuldig bevind word, in strafbataljons opgeneem sou word. Dit het beteken dat hulle na die gevaarlikste dele van die voorste linies gestuur sou word. Hierdie bevel het Russiese soldate ook opdrag gegee om paniekbevange vlugtende soldate op die plek te skiet. In die eerste twee maande na hierdie bevel is meer as ’n duisend troepe deur blokkerende eenhede geskiet en meer as 130,000 troepe is na die strafbataljons gestuur.

    Maar Hitler het ook sy troepe verbied om in enige omstandighede terug te val. As gevolg hiervan het die geveg van straat tot straat en van blok tot blok beweeg totdat die stad in ’n spookdorp verander is. Die Duitsers sou herhaaldelik lugaanvalle uitvoer wat tot ’n duisend vliegtuie per geleentheid betrek het. Troepe van albei kante het in vernietigde geboue skuiling gesoek terwyl Russiese en Duitse skerpskutters in die bouvalle weggekruip het om vyandige soldate dood te skiet.

    Op 24 Januarie het generaal Paulus toestemming gevra om oor te gee. Hy het ’n boodskap aan Adolf Hitler gestuur: Troepe sonder ammunisie en kos. Doeltreffende beheer is nie meer moontlik nie. Agtien duisend is gewond sonder enige voorrade of verbande of medikasie. Verdere verdediging is sinloos. Ineenstorting is onvermydelik. Die leër versoek onmiddellike toestemming om oor te gee om die lewe van die oorblywende troepe te red.

    Hitler het geweier om toestemming te gee dat die Duitsers oorgee. Hy het daarop aangedring dat sy troepe tot die laaste man weerstand moet bied. Hierdie weiering deur Adolf Hitler om aan generaal Paulus toestemming te gee om oor te gee, was basies ’n opdrag om ’n dwase geveg voort te sit.

    Maar generaal Paulus wou niks daarvan weet nie. Ten spyte daarvan dat Hitler hom tot veldmaarskalk bevorder het, het hy geweier om met hierdie dwaasheid voort te gaan. Op 31 Januarie 1943 het generaal Paulus oorgegee ten spyte van Adolf Hitler se opdrag aan hom om met die dwase geveg voort te gaan. Terwyl Russiese infanterie die Duitse hoofkwartier in die kelder van ’n verwoeste afdelingswinkel genader het, het veldmaarskalk Paulus en sy oorlewende bevelvoerders eenvoudig na vore gekom en stilweg oorgegee. Hulle het Hitler se opdrag om ’n dwase geveg tot die laaste man toe te veg, heeltemal geïgnoreer.

    So het die Slag van Stalingrad geëindig met generaal Paulus wat geweier het om ’n dwase geveg voort te sit wat geen sin gemaak het nie. Na die neerlaag van Stalingrad het ’n verbitterde generaal Paulus teen Hitler gedraai. Hy het met die Russe saamgewerk en ’n nasionale komitee gestig om Duitsland te bevry. Hy het ook in radio-uitsendings uit Moskou Duitse troepe aangemoedig om nie langer vir Hitler te veg nie.

    My dwase geveg

    Jare gelede toe ek op skool was, het ek by ’n geveg met ’n boelie in my skool betrokke geraak. Twee dinge het na die geveg gebeur. Eerstens het ek gedink dat ek die geveg gewen het of ten minste net so goed soos my teenstander gevaar het. Maar almal daar rondom het vir my gelag en gesê dat ek verloor het.

    Tweedens het ek vir al my pogings ’n blou oog opgedoen. Die hele omgewing rondom my oog het blou geword en vir omtrent ’n week so gebly. Na hierdie geveg het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit geen sin gehad het om by so ’n nuttelose geveg met hopelose mense voor ’n hopelose klomp toeskouers betrokke te raak wat nie my vaardighede om te boks en te veg waardeer het nie!

    Van toe af het ek besluit om net by goeie gevegte betrokke te raak wat die moeite werd was om te veg. Ek sou net vir goeie sake veg en ek sou net vir dinge veg wat ’n goeie uitkoms gehad het. Dit is waarom ek vandag nie by gevegte rondom politiek betrokke raak nie en ook nie by gevegte vir geld nie. Ek het baie jare gelede op skool geleer om dwase gevegte te vermy. Vandag het ek baie goeie sake ontdek waarvoor ’n mens maar kan veg. Die Woord van God het vir my baie goeie dinge gewys wat werd is om voor te stry. Hierdie dinge is die worsteling en die moeite werd. Jy veg of vir iets wat goed is of vir iets wat dwaas is. Baie mense is by dwase gevegte betrokke.

    Hoofstuk 3

    ’n Goeie generaal sal die goeie stryd stry

    Stry die goeie stryd van die geloof …

    1 Timotheüs 6:12

    Dit is belangrik om goeie stryde te identifiseer sodat jy nie daaruit sal terugtrek wanneer die tyd gekom het om te veg nie. Hier onder is ’n lys van stryde waarby jy gereed behoort te wees om betrokke te raak. Maak jouself gereed om te veg omdat jy ’n Christen is. Berei jou selfs meer voor om te veg omdat jy ’n bedienaar van die evangelie is.

    Agtien goeie stryde

    1. Veg om ’n sterk Christen te wees

    Die meeste Christene is nie sterk in die Here nie. Dit vra groot inspanning om ’n sterk gelowige te word.

    Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

    Efesiërs 6:10

    2. Veg om deur die Heilige Gees gelei te word en binne die wil van God te bly

    Dit is ’n worsteling om tussen die verskillende stemme te onderskei wat probeer om ons te beïnvloed. Dit is ’n stryd om die stem van die vlees te onderskei van die stem van die gedagtes en die stem van die Gees. Die belangrikste plek om te lewe is binne die wil van God. Baie stemme ding om jou aandag mee. Baie demone sal veg om jou van koers af te bring. Dit is ’n werklike geveg om binne die wil van God te bly. Soms is die stem van jou lewensmaat of die stem van jou vlees so sterk dat jy dit noodwendig sal moet afwys. Is jy gereed om met jou beste vriend te veg sodat jy binne die wil van God kan bly?

    Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.

    1 Korinthiërs 14:10

    3. Veg om geestelik te wees en nie vleeslik nie: dit is ’n geveg om ’n geestelike mens te wees

    Dit is meer natuurlik om die versoekings van jou vlees te volg. Dit is meer natuurlik om te eet, te slaap, te rus en om seks te hê as wat dit is om jou van hierdie dinge te onthou. Dwarsdeur jou lewe sal jy moet veg om ’n geestelike persoon te bly. Dit is ook ’n groot geveg om ’n man van gebed te wees; om vroeg op te staan en op God te wag is nie natuurlik nie. Dit vra die genade van God en die krag van God om die dampkring van geestelikheid te betree.

    Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede …

    Romeine 8:6

    4. Veg vir die vrug van die Gees

    Veg om in liefde te wandel. Dit is ’n worsteling om die vrug van liefde, vreugde en vrede te dra. Dit is meer natuurlik om kwaad, verbitterd en ongelukkig te wees. Jy sal teen jou eie natuur moet veg om die vrug van liefde, vreugde en vrede te dra.

    Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.

    Galasiërs 5:22-23

    5. Veg om die bediening te betree

    Een van die grootste gevegte is die geveg om die bediening te betree. Dit sal een van jou grootste stryde wees. Dit is baie onnatuurlik om ’n goeie sekulêre beroep vir die priesterskap te verruil. As jy gereed is om God te volg en as jy die goeie stryd wil stry, probeer dan die geveg om die bediening van die Here Jesus Christus te betree.

    En Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.

    Lukas 9:59-60

    6. Veg om binne jou roeping te bly

    Wanneer jy die bediening betree het, is dit ’n worsteling om in die bediening op die regte koers te bly. Sommige jong sendelinge moes ’n werk kry en leke-pastors word sodat hulle hulleself op die sendingveld kon onderhou. In ’n kort tydjie het hulle hart van die ware bediening na die sekulêre sakewêreld verskuif. Wanneer jy in die bediening is, is dit maklik om van jou werklike roeping af weg te gly. Wanneer God jou bediening seën en vir jou ’n groot kerk gee, is dit maklik om ’n prediker van onsinnighede te word. Wanneer jy ’n groot kerk het, mag jy die basiese waarhede van die Woord van God as te basies beskou om te preek. Jy sal dalk ’n goeie stryd moet stry om te vermy om ’n motiveringspreker te word.

    Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.

    2 Timotheüs 4:10

    7. Veg om met groot manne van God in aanraking te kom

    Dit is nie maklik om naby aan manne van God te kom nie. Ek het probeer om naby aan verskeie mense te kom, maar ek was nie altyd suksesvol nie. Dit vra jare van veg, verhoudings, saambeweeg en jouself verneder om naby aan gesalfde mense te kom. Die meeste mense is nie voorbereid vir hierdie geveg nie. Die meeste mense gee op om naby aan manne van God te kom wanneer hulle besef dat hulle sal moet veg om naby te kom en sal moet veg om ’n noue verhouding te handhaaf. Dit is nie maklik om ’n noue verhouding te handhaaf nie. Elísa moes veg om naby aan Elía te bly. Dit was ’n geveg wat hy gewen het. Is jy gereed om te veg vir die salwing?

    En toe die HERE Elía in ’n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.

    2 Konings 2:1

    En Elía het vir Elísa gesê: Bly tog hier, want die HERE stuur my na Bet-el. Maar Elísa het gesê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na Bet-el afgegaan.

    2 Konings 2:2

    En Elía sê vir hom: Elísa, bly tog hier, want die HERE stuur my na Jérigo. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in Jérigo aangekom.

    2 Konings 2:4

    En Elía sê vir hom: Bly tog hier, want die HERE stuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan.

    2 Konings 2:6

    8. Veg om die salwing te ontvang

    Dit is ’n geveg om die salwing te ontvang. Dit is waarom Elía vir Elísa gesê het: Jy het ’n harde saak begeer. Dit is voorwaar ’n harde saak om die salwing te ontvang en ’n gesalfde te word. As jy nie bereid is om te veg nie, sal jy nie die salwing verkry nie. Dit is diegene wat gereed is om vir die salwing te veg, wat ook die salwing werd is!

    En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ’n dubbele deel van u gees op my kom.

    En hy sê: Jy het ’n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie.

    2 Konings 2:9-10

    9. Veg om ’n goeie lewensmaat te vind

    Dit is ’n stryd om ’n lewensmaat te vind. Rut het hard geveg om Boas se aandag te trek. Dit is ook ’n stryd om getroud te bly. Die meeste diere het nie net een maat nie. Ons dierlike instinkte maak ons geneig om meer maats te soek. Jy moet veg om jouself te verhinder om ’n persoon met veelvuldige maats te word.

    Daarop het sy afgegaan na die vloer en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het. Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê.

    Rut 3:6-7

    10. Veg om voorspoedig te wees

    Voorspoed kom nie maklik nie. Jy sal moet veg om voorspoedig te wees. Rykdom word op geheime plekke weggesteek. Skatte word in donker plekke weggesteek. Sonder ’n geveg sal jy nooit die rykdomme ontdek wat oraloor hierdie wêreld weggesteek is nie. Stadige en lui mense word nie maklik ryk nie. Dit is omdat ’n hewige stryd nodig is voordat die aarde sy vrug sal oplewer. Jy moet veg om skool toe te gaan. Jy moet veg om jou eksamens deur te kom. Jy moet veg om ’n goeie werk te kry. En dan moet jy veg om bevorder te word. En verder moet jy ook veg om jou geld wyslik te gebruik.

    Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

    Markus 4:25

    11. Veg om ’n huis te bou

    Jy moet veg om ’n huis te bou. Die meeste mense besit nie ’n huis nie en sal nooit ’n huis besit nie. Dit is ’n geveg om ’n huiseienaar te word, maar dit is die moeite werd om daarvoor te veg om ’n huis te besit.

    Deur wysheid word ’n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig …

    Spreuke 24:3

    12. Veg om lank te lewe en die Here vir ’n lang tyd te dien

    Dit is ’n geveg om goeie gesondheid te hê, om aan die lewe te bly en die Here vir baie jare te dien.

    En hulle spreek met hom en sê: As u vandag ’n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

    1 Konings 12:7

    13. Veg teen die negatiewe aspekte van jou temperament

    Jou flegmatiese temperament, jou analitiese temperament, jou opvlieënde temperament en jou vurige temperament het almal negatiewe aspekte.

    Die stadigheid en die dofheid van ’n flegmatiese temperament sal jou vermoë teenwerk om iets in die bediening te bereik. Die stadigheid en die dofheid van jou temperament sal meebring dat jy nie wil beweeg of veg nie. Dit sal jou na armoede lei.

    Die vryhede van ’n vurige temperament sal jou uitdryf na gedisorganiseerdheid, verwarring en vleeslike sonde.

    Die buierigheid en depressie van ’n analitiese temperament sal verhoudings vernietig en die atmosfeer verswaar. Die analitiese temperament sal jou daartoe bring om veroordelend te wees en om van mense ontslae te raak as hulle die geringste fout maak.

    Die boosheid, skerpheid en bitsigheid van ’n vurige temperament sal jou verhoudings vernietig. Die haastige besluite van ’n vurige persoon kan hom na rebellie dryf. Die haastigheid en die besig-wees van ’n persoon met ’n vurige temperament sal hom verhinder om op God te wag.

    Dit is ’n geveg om jouself te weerhou van wat jy geneig is om van nature te doen! Ek vind dat dit die moeilikste geveg vir baie mense is: die geveg om jouself te verloën. Stry die goeie stryd om jou verworwe menslike natuur eenkant te stoot.

    En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

    Markus 8:34

    14. Veg teen jou manlikheid of vroulikheid

    Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

    Galasiërs 3:28

    As jy ’n man is, sal jy dit moeilik vind om by een lewensmaat te bly. Maar jy moet hierdie manlike geneigdheid beveg en ’n manier vind om by een persoon te bly. Dit is ’n stryd vir ’n man om getrou te bly. Maar hierdie stryd moet gewen word. Die manlikheid van ’n persoon word ook uitgedruk deur die begeerte na seks. Hierdie verhoogde verlange na seks kan jou lei na pornografie, masturbasie, hoerery en owerspel. As jy nie veg om jouself te verloën nie, sal jy in die bediening groot probleme teëkom.

    Vroue sal op dieselfde manier vind dat hulle vol vrese, jaloesie en beskuldigings is. Jy moet jou vroulikheid onderdruk sodat dit nie die bediening benadeel nie. Dit is belangrik om jou manlikheid of vroulikheid te beheer tot waar daar geen verskil is of jy manlik of vroulik is nie.

    15. Veg teen nasionale en stam-stereotipes

    Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.

    Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees …

    Titus 1:12-13

    Elke stam, familie of volk het sekere geneigdhede. In Ghana is die Ashanti-stam baie bekend vir sekere dinge en die Ewe-stam is net so goed bekend vir ’n ander reeks dinge. Wanneer jy in die bediening ingaan, moet jy daarvoor stry dat jy nie in jou aanbieding te veel soos die Ewe-stam of die Ashanti-stam is nie. As mense jou aanvaar as die een of die ander, sal dit jou vermoë beïnvloed om by die ander groep vrug te dra. Sommige pastors is so volksgebonde dat hulle niemand buite hulle eie land kan bereik nie. Baie Amerikaners is so Amerikaans dat hulle tot Amerika beperk is en nie in staat is om die res van die wêreld te bedien nie. Net vyf persent van die bevolking van die wêreld kom van Noord-Amerika en baie Amerikaanse bedienaars van die evangelie is beperk tot ’n bediening aan vyf persent van die bevolking van die wêreld. Verstommend genoeg het hierdie vyf persent ook negentig persent van die bedienaars van die evangelie.

    Nigeriërs het baie groot kerke laat ontstaan. Nigeriërs het ook ’n reputasie vir sekere dinge. As jy ’n Nigeriese bedienaar is, moet jy moeite doen om jouself van enige negatiewe stereotipes te distansieer. Dit is die moeite werd om daarvoor te veg om meer soos ’n Christen te wees as enigiets anders.

    Franssprekende lande is vir sekere handelswyses bekend. Dit is belangrik om jouself van enige negatiewe stereotipes te distansieer. Jy moet meer van ’n Christen wees as van ’n Franssprekende!

    16. Veg teen kleur-stereotipes

    … sê hy: Vervloek is Kanaän! ’n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.

    Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

    Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

    Genesis 9:25-27

    Swartmense is bekend vir hulle gebrek aan ontwikkeling, en ook vir hulle armoede, lamlendigheid, vuilheid, verwarring, gedisorganiseerdheid en die onvermoë om voorspoedig te wees! Witmense is bekend vir hulle liefde vir geld, hulle gebrek aan verhoudings, hulle homoseksualiteit, egskeidings, gay huwelike, ateïsme, rook, alkoholisme en hoë selfmoordsyfers!

    Ongelukkig is hierdie stereotipes werklike patrone wat ons moet beveg. As jy ’n witman of ’n swartman is, veg daarvoor om jou van hierdie stereotipes los te maak. Distansieer jou van enige van hierdie stereotipes. Vertoon die karaktertrekke van ’n Christen eerder as die karaktertrekke van ’n swartman of ’n witman. Dit is ’n goeie geveg wat werd is om geveg te word!

    17. Veg teen wellus

    Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ’n rein hart aanroep.

    2 Timotheüs 2:22

    Wellus is ’n vuur wat jou heiligheid wegbrand. Dit neem van jou geestelikheid weg. Dit is waarom Paulus gesê het dat dit beter is om te trou as om van begeerte te brand. As jy van begeerte brand, ervaar jy iets wat nie goed is nie. Jou seksuele begeertes is aan jou geestelikheid verbind. Seksualiteit is bonatuurlik omdat dit amper ’n bo-normale invloed in ’n mens se lewe is. Brandende seksuele begeerte is ’n negatiewe ding en dit neem van jou geestelikheid weg. Jy moet wellus met jou hele hart en met al jou mag beveg.

    Die eerste manier om wellus te beveg, is om jou te verhinder om sekere voorkeure aan te leer. As jy eers ’n voorkeur vir sekere seksuele dinge aangeleer het, is dit baie moeilik om hulle te beheer.

    Tweedens, as jy reeds ’n voorkeur vir sekere seksuele dinge soos pornografie, masturbasie en homoseksualiteit aangeleer het, moet jy vir die res van jou lewe daarteen bid.

    Die derde ding om te doen om wellus te beveg is om aan jou seksualiteit ’n uitlaatklep te gee. Hierdie uitlaatklep kan deur die huwelik kom, waar jy in staat sal wees om gereelde seksuele gemeenskap te beoefen. Ongelukkig sal jou seksuele verkeer selfs in jou huwelik nie as ’n uitlaatklep gewaarborg wees as jy ’n slegte vrou het nie. Wat die geval ook al mag wees, jy moet vir die res van jou lewe teen wellus veg.

    18. Veg vir vrugbaarheid

    Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie …

    2 Petrus 1:8

    Die stryd teen geestelike onvrugbaarheid is ’n lang en moeilike stryd. Dit vra dat jy baie verborge kwaliteite moet ontwikkel en dat jy jou lewe in orde moet kry terwyl jy die Here dien. Jy sal opmerk dat vrugbaarheid te doen het met fluksheid, geloof, Godvresendheid, matigheid, kundigheid, deug en geduld. Dit is almal geestelike eienskappe wat oënskynlik nie met vrugbaarheid te doen het nie. Maar hulle het! Hulle bepaal in werklikheid jou vrugbaarheid. Dwarsdeur jou lewe moet jy veg vir ywerigheid, matigheid, geloof, kundigheid, broederlike hulpvaardigheid en barmhartigheid.

    Dit is ’n goeie stryd wat die moeite werd is, omdat dit ’n stryd in belang van vrugbaarheid is.

    Hoofstuk 4

    Raak gewoond aan die atmosfeer van oorlog

    Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, ’n prooi van die vuur.

    Jesaja 9:4

    Ons is in die laaste stryd vir die siele van mense. As ons nie aan die atmosfeer van oorlog gewoond raak nie, sal ons nooit behoorlik kan funksioneer nie. Luister na wat die Bybel sê: Elke geveg waarby ’n soldaat betrokke is, het ’n atmosfeer van geraas, kledingstukke wat in bloed gerol is en die vernietiging wat ’n brandende vuur meebring. Dit is nie ’n vredevolle atmosfeer van vrede, harmonie en vreugde nie.

    Dit is die atmosfeer van oorlog wat gevaar, risiko, verwarring, verbystering, disoriëntasie, stres, spanning, ongelukkigheid, vrees, dood, hartseer, pyn, teleurstelling en skok meebring. God gebruik ons om sy Woord te

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1