Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

'n Tuin vir Tessa
'n Tuin vir Tessa
'n Tuin vir Tessa
Ebook227 pages4 hours

'n Tuin vir Tessa

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Tessa Heyns het die perfekte lewe; haar man Altus se besighede doen goed en haar seuns is goeie kinders. Sy woon in 'n pragtige huis in 'n spogbuurt. Tessa het van kleins af tuin gemaak - 'n groentetuin onder die wakende oog van haar pa, 'n roostuin met die hulp van 'n kundige ontwerper, en 'n Kaapse tuin wat die seewinde kan trotseer. Haar tuin is haar stukkie hemel, haar skuilplek, die plek waar sy troos soek en kry. Die laaste tyd begin Altus se stiltes haar pla. Wie of wat sit daaragter? En beteken dit dat sy haar tuin sal moet prysgee?
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateSep 7, 2018
ISBN9780796321091
'n Tuin vir Tessa
Author

Helena Hugo

Helena Hugo is die skrywer van verskeie topverkopers soos o.a. Haar naam is Ragel. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Read more from Helena Hugo

Related to 'n Tuin vir Tessa

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for 'n Tuin vir Tessa

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    'n Tuin vir Tessa - Helena Hugo

    Helena Hugo

    Lux Verbi

    Opgedra aan my vriendin

    Rhona Peens wat uit ondervinding weet hoe God gebede verhoor.

    Here, U is my lewe,

    U sorg vir my.

    Wat ek ontvang,

    kom alles van U af.

    – Psalm 16:5

    1

    Dis halfvyf, Woensdagoggend 23 Mei, sien Tessa op haar selfoonskermpie.

    Sy wat so vas kon slaap, slaap die laaste tyd sleg en skrik vroeg wakker, dikwels voor Altus. Soms sluimer sy weer in en kom eers by wanneer hy lankal sy koers gekry het – voor sesuur om die spitsverkeer te ontglip. Hy groet altyd, soen haar op die wang. Selfs al reageer sy nie, vererg hy hom nie. Hy is ’n goeie, geduldige man, haar Altus.

    Sy hoor hom in die badkamer, stortkrane wyd oop. Die koulike getjilp van ’n tuinvoël beur saam met die winter teen die kantgordyne, vleg sy deuntjie deur die waterval van Altus se stort. Hul dubbelbed het in die nag afgekoel. Sy het haar plekkie warm gebroei en is nie skaam om langer te lê nie. Altus raak benoud in ’n bed met te veel komberse. Hy hou veral nie van elektriese komberse nie en skakel dit vroegaand af. Die winter is vir hom ook nog nie koud genoeg om die ondervloerse verwarmers aan die gang te kry nie. Onnodig en ongesond, sê hy, en sy is geneig om saam te stem. Wat haar bekommer, is dat hy wat so vrygewig was, elke dag suiniger raak. Hy het wel aan haar erken dat dit steeds nie goed gaan met Equestris nie, maar bygevoeg dat Heyns Voere en sy persoonlike bankbalans nog stewig staan. Tensy hulle onbehoorlik spandeer, het hy haar verseker, sal alles uitwerk. Die ekonomie is op en af en niks kan te ver vooruit beplan word nie, dus sal hulle hul oorsese vakansie voorlopig moet uitstel.

    Die seuns sien vreeslik uit na ’n wit Kersfees, het sy hom herinner.

    Ons hou dit solank tussen ons. Oor ’n maand of twee verbeter die situasie en dan het ons hulle verniet teleurgestel. Ek wil jou net nie heeltemal in die duister laat nie.

    Ten minste weet ek nou hoekom jy deesdae so aandring op besparing.

    Help my in die algemeen tot dit beter gaan, maar bekommer jou nie oor die werk nie, dis my verantwoordelikheid.

    Sy het dit daar gelaat, hom nie te veel uitgevra nie, net meer moeite gedoen om die tydjies tuis vir hom aangenaam te maak. Eintlik hoef sy nie saam met hom op te staan nie, maar vanoggend wil sy die perkoleerder gaan aanskakel voordat hy homself moet help. Hy begin nie sy dag sonder koffie nie – ’n gewoonte wat hy by sy oorlede pa aangeleer het. Geen boer kan die rooidag sonder Boeretroos en beskuit aandurf nie, ook nie lande toe ry as hy nie ’n fles vol saamneem nie. Altus kon gevolglik nog nooit die stad se oggendverkeer invaar sonder ’n goeie skeut kafeïen nie. Nog is het einde niet. Daar is, volgens sy sekretaresse, geen mens op kantoor wat meer koffie drink as meneer Heyns nie. Of dit goed is of nie, moet die mediese wetenskap nog uitklaar. Intussen sorg Tessa dat sy die beste mengsels koop en hom dikwels met die duurste bederf.

    Sy kry koud, maar as sy hom vandag wil voorspring, sal sy die komberse moet afgooi. Te laat! Die badkamerdeur gaan oop en hy kom in ’n stoomwolk uitgestap, ’n badhanddoek om sy onderlyf, sy hare so nat druppels val op sy skouers. Sonder om haar raak te sien, loop hy reguit na sy helfte van hul instapklerekas.

    Waar is sy gedagtes, wonder sy terwyl sy haar voete in haar pantoffels steek en haar winterjapon aantrek. Winkels sluit een na die ander. Syne verkoop luukse artikels en die invoerbesigheid waarop hy hom die laaste tyd toespits, gee hom oneindige probleme. Hy werk hom nog oor ’n mik, het hom laas nag weer in sy studeerkamer teruggetrek en nie eens van die rekenaarskerm af weggekyk toe sy die koffie langs hom neersit nie. Dan wil hy hê sy moet haar nie bekommer nie!

    Dis halftwee, het sy versigtig vermaan en hom in die nek gesoen.

    Hoekom is jy dan nog op?

    Ek het TV gekyk, het sy gejok.

    Waarheid is, sy het aan die slaap geraak, wakker geword, hom nie in die bed gekry nie, gangaf gesluip, lig by die oop studeerkamerdeur sien uitspoel en gaan koffie maak.

    Terug in die bed het sy gelê en dink aan sy ouers se beesplaas naby Boshof in die Vrystaat, aan die wye vlaktes waar hy gebore is en grootgeword het, en waar hulle hul getroude lewe saam begin het. Saans het hulle vroeg gaan slaap en soggens vroeg opgestaan, saam koffie gedrink, hulle verwonder aan die dagbreek – tot daardie rampspoedige oggend. Ewald was ’n baba wat gelukkig vas kon slaap …

    Ferdie word toe die eerste seun in die geslagslyn van die Heynse van Platkop wat nie in die Vrystaat gebore is nie. Vaalpens, was Altus se troetelnaam vir hom tot hy hulle wel deeglik ingelig het dat sy pens pienk is soos die res van hulle s’n. Klein Ferdie het Ewald Waldie genoem en die naam het vasgesteek.

    Haar seuns moes op die plaas kon grootword soos al die Heynse voor hulle, maar dis hulle nie beskore nie. Of hulle dit mis, weet sy nie. Danksy die kleinhoewe, waar Altus perdestalle verhuur, kry hulle tog soms ’n smakie van hul ouers se kinderjare. Geen mens sal glo dat sy ’n perd bloots kon ry of vreesloos kon boomklim en in ’n vol rivier swem nie. Sy swem nog byna elke dag, in hul verhitte swembad. Dis veiliger, gouer en skoner.

    Sy was haar gesig, borsel haar tande, kam haar hare.

    Jy al op? vra Altus, wat besig is om sy hempsknope vas te maak.

    Ek wou jou verras en gaan koffie maak.

    Nog nie te laat daarvoor nie, en roer vir jou.

    Sy weet hy terg, daarom lag sy en draf kastig haastig by hom verby.

    In die koue gang op pad na die trap af ondertoe, tref dit haar nogeens hoe goed hulle hier aangepas het. Ná amper agtien jaar in die stad, is dit seker nie ongewoon nie. Hulle is stedelinge, al is Altus op ’n manier steeds betrokke by die boerderybedryf. Fanaties korporatief sal hy nooit wees nie, maar hy is gebore met ’n mededingende gees en ’n verantwoordelike lewensuitkyk. Hy presteer, of moet sy eerder sê hy byt vas ten spyte van sy droom om eendag terug te gaan plaas toe. Hulle het hier vasgegroei, die laaste vyf jaar in hul nuwe huis – ’n glaskasteel wat glo spreek van sukses, maar haar nie pas nie. Sal sy ooit die argitek en sy medepligtige, die binnehuisversierder, vergeet! Boelies wat hul idees op haar afgedwing het.

    Die kombuis wat deel uitmaak van ’n oopplan-kuierplek is te oop, te ruim, en te glad afgerond. Naatlose staal- en chroomoppervlakke versteek stoofplate, kapblokke, wasbakke, mengers, malers en elke denkbare elektroniese apparaat wat met die druk van ’n knoppie haar werk vergemaklik en vir Anna steeds hoofbrekens gee. Tessa wou die plaaskombuis van haar eerste huis herskep. Die argitekte het egter voet by stuk gehou. Kombuise lyk nie meer soos kombuise nie. Dis nie ’n kuierplek vir die gesin nie. Dis ’n venue waar vriende en vreemdelinge mekaar kan ontmoet en die voorbereiding van etes nie meer agter die skerms gebeur nie, maar deel word van die gesellige samesyn. Anna sê hulle doen dit lankal om die pappot sonder om te sukkel met somme maak en wekkers stel.

    Tessa glimlag heimlik, haar ouma het altyd gesê: Al stuk gereedskap wat jy in jou kombuis nodig het, is ’n skerp mes.

    Sy skakel die perkoleerder aan, gaan staan voor die venster en stel die blinders op Open.

    Van hier af lyk die erf groter as wat dit regtig is en sy verwonder haar opnuut aan die illusie wat ’n slim tuinontwerper kan bewerk. Met hom het sy goed oor die weg gekom en alles gekry wat sy wou hê. Die patio vloei aaneen met die goed versorgde grasperk en swembad. Op ’n hoër terras steek die tennisbaan se hok bokant die granaatheining uit, terwyl Anna-hulle se huisie agter ’n jasmynheining in die verste hoek van die erf versteek is. Petrus het teen die muur langs plek gemaak en ’n groentetuin aangelê. Hy dra mandjies vol rankboontjies, kersietamaties of vars slaaikoppe aan groothuis toe. Die huishoudelike skoonmakers en die tuindienste doen uitstekende werk, maar sonder hom en Anna sou dit onmoontlik wees om die huis en tuin so netjies te hou.

    ’n Skraal windjie roer die palmbome se takke en handevol sade beland op die grond. Dit pla haar nie, want Petrus sal dit spoedig getrou bymekaarhark.

    Die tuin is nog in grys oggendmis gehul, maar onverwags val die eerste ligstrale teen die seuns se kamermure. Altus het met ’n blik op die toekoms besluit om die huis so te laat ontwerp dat hulle met hul eie sleutels kan inkom en uitgaan. Daarmee saam is daar streng huisreëls neergelê wat soms gebuig, maar nooit gebreek mag word nie. Hulle bly dus by inkloktye en naweke wanneer hul maats kom kuier, kan Tessa hulle ongesiens van die boonste verdieping af dophou. Nie dat dit nodig is nie. Ewald is die meeste van die tyd ook betrokke – haar oudste, die katalisator, die oppasser. Hy wil predikant word. Is hoofseun, kategese-onderwyser, sangleier by die kerk se jeuggroep, en sy broer se held al verskil hulle hemelsbreed. In sy kamervenster skyn die lig van die leeslamp wat op sy lessenaar staan, teen die blinder. Hy stel sy wekker soggens vir vyfuur om Bybelstudie te doen. Teen sesuur gaan hy sy skoolwerk deur. Hy begin elke oggend met die Woord. In die ouhuis kon hulle hom hoor sing.

    Soms volg Tessa sy voorbeeld. Meer dikwels storm die dag so vinnig op haar af dat sy nie kans kry nie. Maar die Here is ook haar herder én die gesin se Leidsman. Huisgodsdiens is belangrik en hulle probeer dit saans in stand hou, hoewel dit as gevolg van diverse bedrywighede en afsprake dikwels agterweë bly.

    Ferdie is nie onverskillig nie, hy lees sy Bybel en bid op sy eerlike manier, maar kan nie lank stilsit nie. Dis toe sy van die venster af wil wegdraai om die ontbytgoed uit te pak, dat sy kamerdeur oopvlieg en die poedels na buite trippel. Hy staan ’n paar sekondes lank in die deuropening, sy gesig in die sonlig, oë toegeknyp, neus in die lug asof hy iets ruik wat hom nie aanstaan nie. Dan draai hy om en trek die deur agter hom toe. Sy glimlag toe sy sien hoe doelgerig die poedels in die tuin rondsnuffel. Pluto verjaag ’n duif wat niksvermoedend saad oppik.

    Die werf is groot genoeg dat die honde nooit ingeperk voel nie. Voor en aan die kante het die tuinontwerper vir haar roostuine aangelê, en blombeddings wat heeljaar deur in oorvloed gedy. Haar tuin is haar trots, selfs hier aan die agterkant waar reusepotte met blommende struike op strategiese plekke geplaas is. Hulle lewe goed, hoewel hulle deesdae as gevolg van Altus se werk nie kans kry om hul vriende gereeld te onthaal nie. Sy het tog genoeg rede om dankbaar te wees – sy en Altus – vir hul lewe.

    Wat kyk jy so?

    Amper skrik sy, toe hy agter haar praat.

    Sommer, hoe hoog die palms geword het. Die tuin is mooi vir dié tyd van die jaar.

    Hy kom staan teen haar. Ja, sê hy, maar dis alles tydelik.

    Ek weet. Sy draai na hom. Dink jy nou aan Sondag se preek?

    Hy skud sy kop. Dit ook.

    Skielik tref dit haar dat hy hom dalk oor meer as bloot sy werk bekommer. Die lyne op sy voorkop en tussen sy oë is dieper ingekerf as wat sy haar voorstel wanneer sy aan hom dink. Is dit moontlik dat sy dag vir dag na haar lewensmaat kyk en nie raaksien hoe hy verander nie, ouer, moeër word? Altus is Augustusmaand vyftig. Sy beplan ’n partytjie, ’n ete wat hy en sy vriende nooit sal vergeet nie. Geen spyseniers nie, sy en Anna gaan dit self doen.

    Kan ek vir jou muesli skep? Jogurt? Of moet ek ’n eier bak?

    Net koffie, ek het ’n ontbytafspraak.

    Dis gewoonlik eers tienuur.

    Hierdie een is vroeg. Walter moet my inpas.

    Walter? Jou ouditeur? Sy gee vir hom sy koffie in sy gunstelingbeker.

    Ek wil hê hy moet die winkel se boeke ’n slag persoonlik nasien.

    Kom dit nie teen November aan die beurt nie?

    Altus sug, tel die beker op. Iemand is besig om my te beroof, geld na ’n vreemde bankrekening te verskuif.

    Tog nie Sarita of Francois of … Is dit Drikus?

    Hy is so ontsteld soos ek. Dit kan iemand van buite wees wat op ons stelsel inbreek of ja … een wat ek so blindelings vertrou dat ek alles glo wat hy sê. Altus skud een van sy hartpilletjies uit en sluk dit saam met die laaste koffie in.

    Dit sal beter wees as dit iemand is wat jy nie ken nie.

    Hoe dit ook al sy, ons ly verliese op verliese en dit kan nie so aangaan nie.

    Sy trek sy das vir hom reg, soen hom liggies. Ek hoop julle kry die fout.

    Of die dief.

    Of die dief.

    Wat het jy vir jou dag beplan?

    Vroue-Bybelstudie tienuur, halftwaalf gaan ek vir my naels. Kan ek jou bel, teen middagete?

    Ons praat vanaand. Hy soen haar vlugtig en stap vinnig om die lang kombuistafel na die trapportaal wat na die garage se binnedeur lei.

    Iets is aan die broei tussen Altus en Drikus. Die aaklige gedagte dat dit sy beste vriend is wat hom bedrieg, maak Tessa so benoud sy moet sit.

    Met haar elmboë op die tafel en haar kop tussen haar hande stuur sy ’n skietgebed op: Here, laat dit nie Drikus wees nie en gee asseblief dat Equestris nie vou nie. In haar hart hoop sy dat Altus ook teen dié soort ramp verseker is.

    En nou, as Ma so sit? Môre, Ma.

    Dis Ewald. Hy sal verstaan as sy hom die waarheid vertel, maar sy wil nie.

    Rus net ’n bietjie, sê sy. Jy is vroeg.

    Ekstra wiskundeklas voor skool. Ferdie oefen skyfskiet. Hoop hy is reg om te ry.

    Ek kan hom vat as hy laat is.

    Nee, Ma. Ons het afgespreek.

    Ewald skink vir hom ’n beker melk, sit dit in die mikrogolfoond, skud ontbytgraanvlokkies uit, prop twee snye brood in die rooster, soek smeergoed in die yskas.

    Haai, Ma! Ferdie kom ingedraf, die poedels op sy hakke.

    Sy jaag die honde by die agterdeur uit.

    Ma is kwaai vanoggend.

    Julle is haastig.

    Ewald sit sy bak met graanvlokkies op sy plek neer, kyk vir Ferdie wat melk skink, ’n broodrolletjie daarin doop en dit in sy mond prop. Ons bid voor jy weer afgedankte kos eet.

    Ferdie skakel die oond aan, kom staan langs Tessa, sit sy arm om haar.

    Ewald glimlag in hul rigting voor hy lostrek met: Vader in die hemel, dankie vir hierdie oggend en die kos wat ons gaan eet. Gee dat ons veilig ry en betyds by die skool aankom. Seën die dag vir my en Ferdie en vir ons pa en ma. Ek vra dit met die vergifnis van ons sondes, in Jesus Naam. Amen.

    Dankie, Ewald.

    Gelukkig het ons ’n priester in die huis, brom Ferdie.

    Môre is dit jou beurt.

    En so, dink Tessa, begin hierdie dag wel ook in die Naam van die Here.

    2

    Die vroue-Bybelstudie begin stiptelik om tienuur. Tessa, wat vroegoggend vir Petrus gewys het presies waar hy die gesiggies tussen die papawers moet plant, het kwart oor nege eers onder die stort ingespring en toe met haar hare gesukkel. Sy het altyd voor Bybelstudie haarkapper toe gegaan, maar deesdae kom sy self reg. Vanoggend was daar weer te min tyd om rustig te blaas en te kam. Een goeie ding van lang hare is, sy kan dit agter haar kop vasknoop en hoop vir die beste.

    Teen twintig voor tien gee sy die laaste instruksies vir Anna, gryp haar Bybel en haar motorsleutels en ry. Hoekom voel dit soms of die byeenkoms haar week in die middel deursny en haar dag sleg onderbreek? Sy het haar Woensdagoggende daarvoor opsy gesit, maar vanoggend wou sy eerder in die tuin werk. Buitendien het Elaine laat weet dat sy nie daar sal wees nie, en dis die een plek waar hulle mekaar gereeld kan sien. Tessa haal diep asem toe sy by die kerkterrein indraai.

    Dis gewoonlik interessant en stimulerend om saam met

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1