Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan
Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan
Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan
Ebook73 pages1 hour

Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Bybel vertel vir ons dat ons almal flaters begaan - pastors is nie uitgesluit nie. Flaters is geneig om jou agteruit te laat gaan en nie vordering te laat maak nie. 'n Flater kan verhinder dat jy vooruitgaan. Watter flaters kan 'n pastor moontlik begaan? Wat sou 'n pastor se tien grootste flaters wees? Jy word uitgenooi om hierdie boek deur te werk en self vas te stel watter foute jy gevaar loop om te maak en hoe jy die groot flaters kan vermy wat 'n pastor geneig is om te begaan. Hierdie uiters belangrike boek sal 'n seën vir jou en jou bediening wees

LanguageAfrikaans
Release dateSep 19, 2018
ISBN9781683982319
Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Tien Grootste Flaters Wat Pastors Begaan - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Om ’n stadige pas in die bediening te hê

    Baie pastors is stadig om hulle bediening te bevorder. Soms is hulle stadig om die roepstem van God te gehoorsaam. Miskien is dit omdat baie pastors ’n rustige temperament het. Om stadig te wees is ’n baie gevaarlike ding in die bediening. Een van die bepalende faktore in ons lewe is die spoed waarteen ons beweeg.

    Hoe laat is dit op God se horlosie? Daar is drie soorte tyd wat tegelyk loop. Daar is "my tyd, jou tyd en die tyd".

    Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.

    Johannes 7:6

    Kyk gou na jou eie horlosie. Dit spreek vanself dat dit jou tyd is. Kyk na iemand anders se horlosie. Dit is sy tyd. Maar wat is die tyd?

    In werklikheid het elke horlosie ’n tyd wat ’n klein bietjie verskil. My horlosie is gewoonlik ’n paar minute voor om my te help om die gees van laat-wees te oorwin. Ander mense het meer akkurate horlosies. Hierdie verskynsel bring mee dat mense ’n magdom verskillende tye het.

    In die geestelike wêreld het ons ook almal verskillende tye. My tyd verskil van jou tyd. Dit is waarom Jesus gesê het: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.

    ’n Paar jaar gelede het prinses Diana die wêreld geskok toe sy skielik op ’n tragiese wyse oorlede is. Niemand het verwag dat sy sou sterf toe sy dood is nie. Niemand het verwag dat sy op daardie Sondagmôre sou sterf nie.

    As jy my ’n week voor die tyd gevra het: Watter dag is dit? sou ek gesê het: Dit is Sondagmôre en tyd om kerk toe te gaan. As jy vir haar dieselfde vraag gestel het, sou sy waarskynlik geantwoord het: Dit is net nog ’n Sondagmôre, ’n paar dae voordat ek my vriend in Frankryk gaan besoek. Maar dit was in werklikheid sewe dae voor haar dood. Ongelukkig het sy dit nie geweet nie.

    Op die Saterdag voordat sy dood is, het sy ete saam met haar Egiptiese vriend in Parys geniet. As iemand vir jou gevra het: Watter dag is dit? het jy dalk gesê: Dit is agtuur op ’n Saterdagaand. As iemand dit vir haar gevra het, het sy dalk geantwoord: Dit is Saterdagaand en tyd om lief te hê en oor ’n beter toekoms te droom. Maar sy was verkeerd. In werklikheid was dit ’n paar uur voor haar dood. Sy was ook een week nader aan haar begrafnis.

    "My tyd praat oor waar ek op die tydtafel van my lewe is. Jou tyd praat oor waar jy op die tydtafel van jou lewe is. Die tyd" praat oor waar ons almal op God se oorkoepelende tydtafel is.

    Baie mense weet dit nie, maar die aardse lewe is baie tydgebonde. Elke opdrag of geleentheid is tydgebonde. Luister hierna en luister goed: elke opdrag wat God vir jou gegee het, het ’n onsigbare tydmeter. Die aftelling begin die oomblik as God met jou praat. Die beskikbare tyd om daardie opdrag uit te voer, verminder met elke uur wat verbygaan. Baie dink dat hulle net tyd verwyl en God later ernstig sal opneem. Moenie mislei word nie! Die vervaldatum van jou genadetyd kom vinnig nader.

    Soos ek gesê het, was prinses Diana moontlik besig om haar troue te beplan. Wat sy nie geweet het nie, was dat sy nie ver van haar afsterwe was nie. Sy was salig onbewus van die feit dat sy die sentrale persoon in die grootste begrafnis van alle tye sou wees. Sy het nie die tyd geken nie.

    Ken jy die tyd? Ken ons almal die tyd?

    As God vir jou opdrag gegee het om ’n sekere werk te doen, het die horlosie begin tik. Die tyd sal kom wanneer jy nie meer in staat sal wees om daardie opdrag uit te voer nie.

    Soms sê God vir jou: "Finansier my koninkryk. Miskien gaan dit gepaard met ’n periode van vyf jaar waarin jy Hom kan gehoorsaam. Miskien sê Hy vir jou: Gaan uit as ’n sendeling." Miskien het daardie opdrag ’n tydperk van tien jaar. Sommige mense bestee agt jaar daarvan deur ander dinge te doen en dan probeer hulle in die laaste twee jaar om God te gehoorsaam. Maar hulle tyd het amper verstryk. Niks doeltreffend kan in die oorblywende twee jaar gedoen word nie.

    Eendag gaan God die element van tyd uit ons lewe verwyder. Dit word voorspel in die boek Openbaring waar Hy die versekering gee dat daar nie langer tyd sal wees nie. Maar tot dan sal alles wat ons doen, verband hou met ’n horlosie wat aftik.

    Liewe Christen, as jy dink dat jy vir altyd het om Hom te behaag, leef jy in die hoogste graad van misleiding.

    … en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie …

    Openbaring 10:6

    Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd …

    Prediker 3:1

    Ek het ’n boek gelees waarin die skrywer gesê het: Skryf die boeke wat jy wil skryf en skryf hulle nou. Hy het voortgegaan: In ’n ander stadium van jou lewe sal jy nie dieselfde dinge skryf as wat jy nou sou geskryf het nie. Hoe waar is dit nie. Miskien sou ek nie dieselfde dinge vandag geskryf het as ek nou die boeke moes skryf wat ek ’n paar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1