Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Aikôna Moses!: Mag ek van die Bybel verskil oor vroue, gays en 'n hele rits ander goed?
Aikôna Moses!: Mag ek van die Bybel verskil oor vroue, gays en 'n hele rits ander goed?
Aikôna Moses!: Mag ek van die Bybel verskil oor vroue, gays en 'n hele rits ander goed?
Ebook186 pages3 hours

Aikôna Moses!: Mag ek van die Bybel verskil oor vroue, gays en 'n hele rits ander goed?

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Te danke aan die wetenskap weet die moderne mens baie meer as wat Moses en Paulus geweet het. Daarom verskil die hedendaagse perspektief op vroue se rol in die huwelik, die kerk en die samelewing van die perspektief wat die bybelskrywers gehad het. Vroue mag vandag preek, Paulus het dit verbied.


Eweneens het Paulus die hertrou van geskeides belet, terwyl daar vandag selfs predikante is wat geskei is en in tweede huwelike verkeer.


Van homoseksualiteit het die bybeltyd se mense weinig geweet. Paulus het gedink dat die begeerte na 'n mens se eie geslag nie in die natuur voorkom nie en deur demone veroorsaak word wanneer mense hulle teen God verhard. Hy het nie besef dat gay drange onder gelowiges sowel as ongelowiges kan voorkom en dat dit aan doodgewoon natuurlike oorsake toe te skrywe is nie. 

LanguageAfrikaans
PublisherPublishdrive
Release dateJan 28, 2019
Aikôna Moses!: Mag ek van die Bybel verskil oor vroue, gays en 'n hele rits ander goed?

Related to Aikôna Moses!

Related ebooks

Related articles

Reviews for Aikôna Moses!

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Aikôna Moses! - Philip Liebenberg

    afleer

    HOOFSTUK 1

    Golwe. En my geloofsbelydenis.

    Ek glo in God.

    Al was daar nie ʼn Bybel nie, sou ek steeds in ʼn God geglo het. Die vet weet; ons het nie onsself gemaak nie. Om van die altyd groterwordende kosmos nie eens te praat nie.

    Ek is ook `n volgeling van Jesus.

    Jesus het op die water na Petrus toe aangestap gekom en hom groot laat skrik.

    Na my toe het Jesus een aand in ʼn AGS-kerk in Bloemfontein uit ʼn kwaai pastoor se preek aangestap gekom. Ek het ook geskrik. Nie vir Jesus nie, maar vir die bruisende waters rondom Hom.

    My kop het bang geword vir die golwe wat al daardie tekste in die pastoor se preek gemaak het. Soos Petrus het ek ook net ʼn klein entjie saam met Jesus op die water geloop toe vrees my laat sink het. Ek het so byna verdrink. Soos Petrus het ek ook geglo dat dit veiliger is om in die see te swem as om daarop te probeer loop. Dit het my jare geneem om te besef dat ek uit die water van Bybeltekste moet opstaan, op die Here moet fokus, en my persoonlike pad met God moet begin stap. As ek dit nie gedoen het nie, sou ek vandag onder die see begrawe gelê het. Saam met ʼn klomp ander gays wie se koppe deur Levitikus en Romeine 1 onder die water ingedruk is. Ek kon nie meer kop bo water hou nie, want my arms was lam gespook.

    Dis ʼn groot see daardie. Die Bybelboek.

    HOOFSTUK 2

    Baie boeke. Een Mosaïek.

    Die Bybel is ʼn ingewikkelde legkaart wat beslis nie sommer een Saterdagmiddag deur ʼn kreatiewe siel uitgedink is nie. Dit verteenwoordig `n klomp stemme uit Israel van ouds, en inderwaarheid ook teenoorstaande opvattings.

    Die Ou Testament gee ook oor `n lang tydperk heen verslag van Israel se pad en `n mens sien met oplettende lees hoe hulle godsbeskouing groei vanuit die Kanaänietese godsdiensopvattings tot by die plek waar hulle Jahweh-aanbidding suiwerder geraak het. Min mense besef dat Israel nie aanvanklik vir Jahweh aanbid het nie, maar ook uit die veelgodery van toenterjare gegroei het na die plek waar hulle uiteindelik net een God aanbid het. Daar was selfs `n tyd toe die ander gode nog vir hulle bestaan het, maar hulle wel vir Jahweh as die oppergod gesien het. Mens kry hierdie opvatting byvoorbeeld in die Psalms verklank – God word besing as die een wat bokant die ander gode staan. Dit klink onbeduidend, maar is in der waarheid omdat daar `n tydperk bestaan het waarin hulle nie die idee dat daar meer as net een God bestaan, afgesweer het nie.

    Kom ek stel dit eenvoudig: Die antieke nasies het geglo dat daar `n klomp gode in twee rangordes bestaan het – die hoër gode en die laer gode. Die laer gode is deur die Grieke demone genoem; dit was nie aanvanklik `n negatiewe naam nie. Alle laer gode is so genoem, die goeies en die slegtes. Hierdie naam is eers later net vir die slegtes gebruik. Die hoër gode het die laer gode as kelners gebruik na die mense toe. Die mense het weer die laer gode as kelners gebruik na die hoër gode toe. Die hele kaboedel gode, hoës en laes, is verder ook in goeies en slegtes opgedeel – die goeie dinge in die lewe het van die goeie gode en hulle kelners, die laer gode, af gekom en die slegte dinge was die werk van die slegte gode en hulle slegte kelners. Hierdie gedagte is jare later deur `n profeet in Persië verfyn tot by die plek waar daar een goeie God met `n klomp engele, en een slegte god met `n klomp slegte demone was. Hierdie profeet se naam was Zoroaster en die godsdiens waarvan hy die stigter was word Zoroastrianisme genoem.

    Die Jode het Jahweh as die oppermag oor alle laer gode of demone gesien. Hulle het ook, verstommend genoeg, nie aanvanklik aan `n groot, slegte opposisiemag vir God geglo nie. Hulle het met ander woorde nie altyd aan die bestaan van die duiwel geglo nie. Dit het eers later gebeur toe hulle in ballingskap beland het. Hulle het wel in kleiner duiweltjies geglo – dit was die slegte dinge soos die nag se donker, siekte en pes, droogte, stormwinde, die woestynwind en mense wat dood is en nie tot rus gekom het nie, se geeste.

    Dis baie interessant om van nader kennis te maak met al die verskillende antieke opvattings wat in die volk Israel van ouds geleef het. Trouens, die Jode van vandag verskil steeds in hulle godsdientige opvattings en kan glad nie so maklik oor een kam geskeer word as wat mens sou dink nie. Nie almal in Antieke Israel het ewe vinnig na `n suiwer Jahweh-aanbidding oorgeskakel nie. Dit kan maklik verstaan word as mens die voorvadergeeste se aanbidding onder Christene in ons eie land in gedagte roep. Sommige mense in Afrika wat Christene word, hou sommer nog sterk aan daardie konsepte vas terwyl ander dit heeltemal laat vaar. Dit is hoe dit in die Ou Testament met Israel gesteld was. Kort-kort moes die profete raas oor die oorblyfsel van offers aan Ba-el wat maar net nie heeltemal uit die kultuur van Israel wou wyk nie, al het hulle `n nuwe God, Jahweh, as enigste God leer ken en begin dien. Om die Ou Testament langs die geskiedenis van Israel se kulturele en godsdienstige ontwikkeling te lees, gee vir mens `n duideliker prentjie van hoe deurmekaar die volk se godsdienstige opvattings nog was in die Ou Testament, en hoe almal nie heeltemal teen dieselfde tempo in Jahweh se rigting gegroei het nie.

    Mens vind dus verskillende opvattings en sentimente in die Bybelverhale en in die Ou Testamentiese mense, hoewel die boek so goed as eenheid vertoon en `n mens met `n vinnige lees die indruk kry dat die ganse volk op dieselfde bladsy was in hulle opvattings. Een voorbeeld hiervan was die verskil tussen die Deuteronomiste en die wysheidskrywers. Die Deuteronomiste het geglo dat die Here ‘n voorspoedige lewe waarborg vir die wat sy wil gehoorsaam. Die wysheidskrywers het die ontdekking dat dit nie so is nie in hulle geskrifte neergepen en ‘n baie ander prentjie van die lewe geskets. Die boek Job is sekerliok die beste voorbeeld hiervan.

    Die Bybelboeke se tappe en voeë heg verstommend goed. Die samestellers het goeie werk gedoen om dit as eenheid te laat lees. Dit verduidelik vanselfsprekend waarom soveel verskillende boeke so gemaklik aan een rugkant saamhang. Ek besit die een sonder die apokriewe boeke. Ons Protestante se Bybel. Daar is ander weergawes ook, hoor ek toe vir die eerste keer op hoërskool. Maar hoeveel weergawes daar ookal is, die naam Bybel is ʼn heel gepaste naam vir hierdie samestelling van geskrifte, want Bybel beteken boeke. Die Bybel is ʼn groot mosaïek van baie soorte boeke.

    In die Ou Testament kry ons verhale. Sommige is werklike geskiedenis en ander is stories wat op die werklikheid gebaseer is om ʼn boodskap oor te dra.

    Ons kry profete se voorspellings. Dan is daar, glo dit of nie, mites; die oermensdom se verhaaltjies waarmee hulle probeer sin maak het uit die lewe. So is die storie van Noag en die ark byvoorbeeld `n verwerking van `n paar vloedstories wat al tevore in daardie tye in ander godsdienste en nasies vertel is.

    Daar is liedere. Slim spreuke. Rituele. Wette. Woordbeelde van priestergewade, stowwerige voete in sandale, en diere wat op klipstapels lê en doodbrand. Partykeer mense ook. Wat verbrand. Of amper verbrand, soos Isak. Gelukkig vir hom was daar ʼn ram byderhand wat in sy plek kon sterf.

    Professor Christine Hayes van die Yale-universiteit beskryf dit só in haar inleidende lesing aan haar studente in die vak Inleiding tot die Ou Testament:

    The Bible is not a book with all that that implies, that it has a uniform style and a message and a single author, the sorts of things we think of when we think in a conventional sense of the word ‘book’. It's a library. It's an anthology of writings or books written and edited over an extensive period of time by people in very different situations, responding to very different issues and stimuli, some political, some historical, some philosophical, some religious, some moral. There are many types or genres of material in the Bible. There's narrative, wonderful narrative stories. There's all kinds of law. There are cultic and ritual texts that prescribe how some ceremony is supposed to be performed. There are records of the messages of prophets. There's lyric poetry, there's love poetry, there are proverbs, there are psalms of thanksgiving and lament. So, there's a tremendous variety of material in this library, and it follows from the fact that it's not a book, but an anthology of diverse works, that it's not an ideological monolith. And this is something a lot of students struggle with. Each book, or strand of tradition within a book, within the biblical collection sounds its own distinctive note in the symphony of reflection that is the Bible. Genesis is concerned to account for the origin of things and wrestles with the existence of evil, the existence of idolatry and suffering in a world that's created by a good god. The priestly texts in Leviticus and Numbers emphasize the sanctity of all life and the ideal of holiness and ethical and ritual purity. There are odes to human reason and learning and endeavor in the wisdom book of Proverbs. Ecclesiastes reads like an existentialist writing from the twentieth century. It scoffs at the vanity of all things, including wisdom, and espouses a kind of positive existentialism. The Psalms are very individual writings that focus on individual piety and love and worship of God. Job, possibly the greatest book of the Bible, I won't give away my preferences there, challenges conventional religious piety and arrives at the bittersweet conclusion that there is no justice in this world or any other, but that nonetheless we're not excused from the thankless and perhaps ultimately meaningless task of righteous living. One of the most wonderful and fortuitous facts of history is that later Jewish communities chose to put all this stuff in this collection we call the Bible. They chose to include all of these dissonant voices together. They didn't strive to reconcile the conflicts, nor should we. They didn't, we shouldn't. Each book, each writer, each voice reflects another thread in the rich tapestry of human experience, human response to life and its puzzles, human reflection on the sublime and the depraved.

    In die Nuwe Testament kry ons verslaggewing. Ooggetuies en mense wat Hom nie persoonlik geken het nie, vertel van Jesus se lewe. Van sy preke. Hulle het Jesus se doen en late vir meer as veertig jaar lank eers net mondelings oorgedra voordat hulle die vertellings begin neerskryf het. Dit beteken dat ek nie seker kan wees dat Hy verbatim aangehaal word in die Bybel nie, maar ek kry die boodskap en dit is vir my wonderlik: Die boodskap.

    Ons kry ook die etiek en wêreldbeskouing van daardie tyd se mense in die Nuwe Testament. Die denke van die tyd. Die opvattings. In die tweehonderd jaar tussen die Ou- en Nuwe Testamente het baie nuwe opvattings hul verskyning gemaak. Die Perse het byvoorbeeld `n groot invloed gehad op die wyse waarop Israel oor slegte gebeurtenisse gedink het. Daar het die opvatting dat God `n bose opposisiemag het, posgevat. Voorheen het die Jode geglo dat God slegte geeste as sy kelners gebruik, soos toe hy `n bose gees gestuur het om vir koning Saul te ontstel. Nou het hulle onder die Persiese godsdiens se invloed begin glo dat daar `n duiwel is en dat hy die demone as sy kelners gebruik om slegte dinge na die aarde en die mens toe te bring. Interessant om te weet dat die slang in die tuin van Eden nie as `n duiwel gesien is in die Ou Testament nie. Die slang in die storie kom vanuit ouer antieke verhale en is nie as simbool van satan bedoel nie. Eers later, toe die Jode by die Perse van God se opposisiemag te hore gekom het, het sommige die slang in die tuin van Eden so begin sien.

    Daar is regtig soveel om te leer oor waar die konsepte in die Ou Testament vandaan kom en hoe hulle hul pad gevind het tot in die volk Israel se geloofslewe. Al wat ek nou wil duidelik maak, is dat die antieke mense van die Nuwe Testament se opvattings nie vir my dieselfde gewig dra as hulle getuienislewering van Jesus en sy lerings nie. Die verslag wat Jesus se dissipels oor Sy lewe en preke lewer, val vir my in `n ander kategorie as hulle kultuur se opinies oor vroue, die huwelik, die Skepping, die aarde se vorm, siekte, bose geeste, aardbewings, vloede, duiwels en mense wat homoseksueel is. Al het hulle Jesus se lewe en werk ook nie perfek verstaan en vanselfsprekend na veertig jaar nie heeltemal korrek oorgedra of aangehaal nie, kon hulle oor Hom ten minste sê: Ek het Hom met my eie oë gesien en gehoor. Oor hierdie ander dinge kan hulle bloot sê: Dis hoe ek dit in die lig van my tyd se kennis en kultuur verstaan. In baie gevalle stem ons as moderne mense lankal reeds nie meer met hulle saam oor alles wat hulle geglo het nie.

    Die eerste kerk het natuurlik nie die Nuwe Testament gehad nie. Elke gemeente het slegs die briewe gehad wat die apostels spesifiek aan hulle geskrywe het. Hierdie apostels se invalshoeke was ook nie almal eenders nie. Ons het vandag ʼn versameling daarvan in ons Nuwe Testament.

    Hoe het dit gebeur dat soveel boeke uiteindelik saamgevoeg is om een boek te vorm? Hoe het ons Bybel tot stand gekom?

    HOOFSTUK 3

    Differente soorte lollipops

    My goeie vriend, Ignis Smith, vertel ʼn baie oulike storie. Sy pa het in die veertigerjare ʼn kafee op ʼn klein plattelandse dorpie gehad. Eendag kom ʼn ou tannie die kafee ingestorm: My Jou-ie (Joey) was die naweek in die Baai (PE). Daar het sy differente soorte lollipops gekoop, maar sy sê: Ma, daar is net een lollipop vir my en dis oom Smith se lollipop!

    Hierdie storie het my laat dink aan hoe ek altyd die Bybel gesien het. In die Sondagskool het ek in my gedagtes prentjies gesien van ooms in lang rokke met vere in hulle hande en gespitste ore langs hulle gesigte.  Die Here fluister en hulle skryf  neer. Toe, jare later, het slim dominees dit alles in Afrikaans vertaal.

    As dit maar so eenvoudig was. Vandag weet ons dat daar nie net een oorspronklike weergawe van die Bybel is nie. Ons Bybel is nie persklaar en mooi gebind deur die Here se posdiens aarde toe gestuur nie. Die hele idee van ‘n enkele Bybel wat deur die Here gedikteer is, was een van my kinderlike illusies. Ons weet ook dat die ooms wat die geskrifte geskryf het baie van hulle stories by ander mense, selfs ander nasies as die Jode, gekry het.

    Ek gaan nie nou by al die ingewikkelde detail stilstaan nie. Om dit eenvoudig te hou, vertel ek hier net van die twee Ou Testamentiese kanons wat in die antieke Jode se geskiedenis ontstaan het: die Griekse een en die Joodse een. Die Griekse kanon word vandag nog deur die Ortodokse kerke gebruik, terwyl ons as Protestante die Joodse een gebruik.

    Gerrie Snyman vertel hoe die Septuaginta (dit is die geleerde naam vir die Griekse weergawe van die Ou Testament) in Egipte ontstaan het nog voordat die Joodse kanon tot stand gekom het:

    Omtrent 722 jaar voor ons jaartelling was die Joodse godsdiens in Jerusalem gesentraliseer. Jare later, in 587 voor ons jaartelling, is die elite van Israel in ballingskap na ander landstreke weggevoer. Die priesters was deel van die elite. Die feit dat hulle weggevoer is, het die Joodse godsdiens desentraliseer. Die Jode kon later nie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1