Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gam Se Tjind
Gam Se Tjind
Gam Se Tjind
Ebook58 pages1 hour

Gam Se Tjind

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Die ongekende pyn en gevolge wat misdaad op kinders laat, is absoluut hartverskeurend.

Die slagoffers bly in ’n tronksel waarvan die oortreder alleenreg tot die sleutel besit. Soveel mag oor ’n ander siel is verbysterend.

Terence Jacobs verteenwoordig miljoene daarbuite wat deur die poorte van die hel getrek word ongeag die uitkoms en treurige gevolge waartoe dit later lei. Hoe onregverdig dat sulke dade enigsins toegelaat word om plaas te vind! Veral binne die ruimte wat veronderstel is om sekuriteit en veiligheid te waarborg. Hoe kry die oortreders van sulke walglike dade dit reg om onverstoord aan te gaan met hul lewens ongeag die onoorkomlike letsels wat hul agterlaat by hul slagoffers?

In “Gam se tjind” word die leser op ’n reis van geluk, hartstog, intense pyn en uiteindelik aanvaarding geneem. Die slagoffer vind ‘n manier om die onvermydelike en onomkeerbare te hanteer en ná ‘n paradigma skuif- uiteindelik bevryding vind.

LanguageAfrikaans
PublisherAubrey Cloete
Release dateFeb 27, 2019
ISBN9780463466124
Gam Se Tjind

Related to Gam Se Tjind

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gam Se Tjind

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    Die absolute geloofwaardigheid van die verhaal , maak dit 'n MÓÉT lees vir enige leser. Terence Jacobs se hartseer-storie vat aan 'n ou se hartsnare.

    1 person found this helpful

Book preview

Gam Se Tjind - Aubrey Cloete

Agtergrond van die skrywer

Aubrey Sydney Cloete is ’n Hoërskool onderwyser wat hoofsaaklik Afrikaans Huistaal vir Graad 12 aanbied en ook NSS-merker is vir etlike aantal jare in die Weskaap.

Sy ideaal om eendag te skryf is reeds op agtienjarige ouderdom gevestig. Hy is gebore op die Kaapse Vlakte, maar het matrikuleer op Upington by Saul Damon Senior Sekondêre Skool.

Hy het sy onderwyskwalifikasie by Bellville Onderwys Kollege verwerf en later ook by UWK gestudeer. Aubrey het ’n deurslaggewende rol gespeel met die transformasie proses van skole in die Noord-Kaap, waar hy pionier was as eerste opvoeder van kleur by ’n voorheen model-C skool te Groblershoop. In 2003 is hy as beste onderwyser op streek, kluster, distrik en provinsiale vlak aangewys en het as finalis meegeding op nasionale vlak met die National Teacher’s Awards in die kategorie: Excellence in Senior Secondary Schools - Teacher.

Aubrey is ’n passievolle onderwyser wie se prioriteit omvattend is om die leerder holisties op te voed deur middel van alternatiewe metodes in die klaskamer.

Elke leerder is altyd ’n welkome uitdaging.

Aubrey het sy onderwysloopbaan by Brandboom Primer te Boegoeberg in die Noord-Kaap begin waar hy gou baie bemind geraak het by die klein plattelandse gemeenskap. Hy is later deur die Noord-Kaap Onderwysdienste gesekondeer na Hoërskool Groblershoop, waar hy as brugbouer opgetree het tussen die verskeie gemeenskappe. Na ’n aktiewe deelname in die Vryheidstryd op kampus, het hy voortgebou daarop en opgetree as Voorsitter van SADOU op Streeksvlak en was ook een van die stigterslede van die ANC op Groblershoop, waar hy die verantwoordelke portefeulje van tesourier nougeset uitgevoer het. Hier het hy brue gebou tussen wit en swart en kon paradigma skuiwe laat vergestalt by sowel swart as wit leerders en hul ouers.

In 2005 aanvaar hy ’n betrekking by Hillcrest Sekondêre Skool te Mosselbaai in die Weskaap en nog later in 2012 by Knysna Sekondêre Skool waar hy tans steeds onderrig gee.

Hoofstuk 1

Is waar wat sy Namakwalandse ouma altyd gesê het: Tyd staan nie stil nie, koop niemand se gevreet nie en lay-buy niemand se wange nie.

Dit voel soos gister. Kan dit werklik so lank terug gebeur het? Die vrae bring minder aangename antwoorde. Antwoorde wat diep gaan krap en sere oopmaak wat goor ruik en geel etter vrylik laat deursyfer. Tog is daar warm, sonskyn-herinneringe wat die triestige, kaalgestroopte winter-ewekniëe heeltemal laat les opsê.

Ironies genoeg vat-vat die koue vingers van Mei aan sy lyf waar hy sonder enige sukses hom probeer opwarm met een van vroulief se kniepe kombersies van daardie flennie-tipe wat op elke winkelrak is hierdie tyd van die jaar. Meer ’n geldmaak affêre as enigiets anders. Die mooi, see-groenblou kleur of soos ons sommer platweg turkoois noem, omvou hom met ’n kalmte wat aggressief teen sy gemoedstoestand vanoggend protesteer. Toe hulle na die pragtige kusdorpie kom trek het, was ’n beach tema ’n absolute must-have, met roomafwerking teen die muur en meubels - die hele tutie.

Belaglik eintlik as jy reeds op die voorstoep van die Indiese oseaan woon. Maar nou ja, wie is hy altemit om te stry of te wedywer met ’n interior decorator? Die koel seebriesie deur die oop venster laat hom teen wil en dank opstaan uit die groot, roomkleurige rottangstoel met sy groot comfort kussing, die beker Milo, vergete koud op die bamboestafel wat neffens staan. Madeleine gaan nie met hom lag nie. Die vrou van hom met die meervoud naam. Sy het soveel moeite gedoen. Soos maar met alles. Sy is so ’n sorgsame entjie mens. Alles is altyd tot die fynste detail afgewerk. Die slim mense noem dit finesse. Hy weet regtig nie wat die geskikste Afrikaanse maatjie vir die fancy woord is om dit tot sy volle reg te laat kom nie. Maar nou ja - ons woon altemit tog in die panoramiese Mzansi met haar vele tale, kleure, geure en geite - mymer hy.

Deur die oop venster hoor hy die branders met mening vanoggend slaan. Die rotsagtige klein strandjie kry vanmore behoorlik pakslae. Sy binneste baklei dieselfde vanoggend - teen al die waaroms en hoekoms. Life is a bitch. So ’n cliché, maar klink goed vir sy donker gemoed. Water onder die brug se

Enjoying the preview?
Page 1 of 1