You are on page 1of 13

ANTONIEME

N ANTONIEM is n woord met die teenoorgestelde betekenis as n


ander. S is byvoorbeeld hoog die antoniem van laag.
Hieronder is n lys van 200 woorde en hul teenoorgesteldes:
aan af
aanloklik afstootlik
aanstel afdank
aanvaar verwerp
aanvallend verdedigend
aards hemels
afwaarts opwaarts
agter voor
agting oneerbiedigheid
amptelik nieamptelik
aristokraat plebejer
baas Klaas
baie min
bakboord stuurboord
begin eindig
besig ledig
besluiteloos seker
binne buite
bitter soet
blitsvinnig doodstadig
boeiend vervelend
bolvormig hol
bolyf onderlyf
boontoe ondertoe
bo-oor onderdeur
broer suster
bult holte
chronies akuut
dagklere nagklere
dapper lafhartig
debiet krediet
defensief offensief
diep vlak
dik dun
doodloopstraat
deurgangstraat
doodsvyand boesemvriend
eenders anders
eendrag tweespalt
eentonig interessant
eenvoudig ingewikkeld
eerlik bedrieglik
eerste laaste
eervol eerloos
engel duiwel

meng skei
misluk slaag
moeg uitgerus
mondig minderjarig
mooi lelik
nakend geklee
nat droog
neerhalend ophemelend
netjies slordig
niemand iemand
noordekant suidekant
nootvas vals
normaal abnormaal
onder bo
onderhorig onafhanklik
onbesonne deurdagte
parallel onewewydig
ongedeerd beseerd
ongelooflik aanneemlik
ongeloofwaardig
geloofwaardig
ongepoetste gemanierde
onstuimig kalm
oompie tannie
oorlog vrede
oortuiging onsekerheid
oorvloed tekort
oostekant westekant
opgeruimd neerslagtig
opgewek terneergedruk
opreg geveins
oprig afbreek
opruiend kalmerend
opsluit vrylaat
ordelik chaoties
ouderwets nieumodies
papbroekig onverskrokke
paraat onvoorbereid
peperduur spotgoedkoop
plattelands stedelik
raak mis
reg verkeerd
reus dwerg
rigied buigsaam
ruimhartig bekrompe

fiktiewe werklike
fluks lui
fyn grof
gaar rou
gedwonge vrywillig
geestelik liggaamlik
geheimsinnig openhartig
gelatenheid verset
gesond siek
gewillig onwillig
goed kwaad
goed sleg
goedkeur afkeur
goeie bose
grappig ernstig
grasgroen oorryp (vrugte)
haat liefde
heerser onderdaan
helder duister
hemel aarde; hel
hoog laag
hoogmoedig nederig
horisontaal vertikaal
idioties geniaal
iets niks
immoreel eties
inflasie deflasie
ingeto uitspattig
inhegtenisneming vrylating
insluk uitspoeg
introvert ekstrovert
invoer uitvoer
irrasioneel redelik
irrelevant toepaslik
karaktervol karakterloos
kenner leek
klein groot
kom gaan
kop stert
koppig inskiklik
korrek foutief
koud warm
krom reguit
lag huil
langsaam vinnig
lank kort
lawaaierig stil
lig donker
lig swaar
linker regter
links regs
los vas
mak wild

ryk arm
ryp groen
sag hard
sagmoedig kortgebonde
siende blind
skerp stomp
skuins regop
skuldig onskuldig
skuldigbevinding vryspraak
stokflou perdfris
skurf glad
slim dom
smal breed
snags bedags
soggens smiddags; saans
somer winter
staties dinamies
sterfte geboorte
steriel vrugbaar
sterk swak
stout soet
stuurs vriendelik
styf slap
suikersoet galbitter
suinig vrygewig
swart wit
tragies komies
treffend onopvallend
uittog intog
ver naby
verantwoordelik agtelosig
verbied toelaat
verdwene gevonde
verkoper koper
versadig honger
verstandig dwaas
vet maer
vlak diep
vogtig droog
vokaal konsonant
vol leeg
volop skaars
voorspoed teenspoed
voorste agterste
vreedsaam bakleierig
vriend vyand
vriendelik nors
vroer later
vrolikheid olikheid
vrywillig verpligtend
vuil skoon
waarheid leuen
werk rus

maksimum minimum
manlik vroulik
medelye ongevoeligheid

werkgewer werknemer
wispelturig standvastig
yskoud vuurwarm

SINONIEME
N SINONIEM is n woord wat dieselfdeof byna-byna dieselfde
betekenis as n ander woord het. Die woorde kwaliteit en gehalte is
byvoorbeeld sinonieme, ook historikus en geskiedkundige. Hulle
beteken eintlik maar presies dieselfde. Daarteenoor is daar n duidelike
gevoelsverskil sover dit doodgaan en ontslaap aangaan, maar hulle is
eweneens sinonieme.
Baie woorde is internasionale basters (byvoorbeeld kwaliteit), terwyl hul
sinonieme (in di geval gehalte) meer eiendomlik is.
Veral verklarende woordeboeke is vanselfsprekend vol sinonieme. Hier
is net n baie beperkte lys met n aantal voorbeelde:
aanbeveel rekommandeer
aanbeveling
rekommandasie
aanbied presenteer
aanhaal siteer
aanneem aanvaar
adopteer (n kind)
aansoek applikasie
aanwesig teenwoordig
aborsie vrugafdrywing
advertensie reklame
afstand distansie
afwesig absent
agterdog suspisie
wantroue
agterdogtig suspisieus
wantrouig
aksent klem nadruk
ates godlonaar
baanbreker pionier
beginsel prinsiep
beklemtoon aksentueer
beroemd vermaard
beskuldiging aantyging
besoek visite
besproeiing irrigasie
beswaar objeksie
bevrediging satisfaksie
bewonder admireer

komedie blyspel
komieklik koddig
kompetisie mededinging
konsensie gewete
korrespondensle
briefwisseling
krediteur skuldeiser
kunstig artistiek
kurrikulum leerplan
leedwese spyt
lenig slank
lessenaar skryftafel
letterkunde literatuur
medium middel
metamorfose
gedaantewisseling
modern nuwerwets
moreel sedelik
motief dryfveer
nederig beskeie
noodsaaklik essensieel
nywerheid industrie
omsendbrief sirkulre
onderskei differensieer
onpartydig neutraal
ontvangs resepsie
oorskot surplus
opvoedkunde
pedagogiek

bewondering admirasie
biblioteek boekery
bloedsomloop
bloedsirkulasie
chemie skeikunde
deskundige ekspert
direksie bestuur
doeltreffend effektief
dokter arts geneesheer
dominee leraar
doolhof labirint
draal drentel
dronk beskonke
dweper fanatikus
dwing forseer
eggo weerklank
eienaardigheid
eksentrisiteit
eksperlmenteel
proefondervindelik
ellendig miserabel
ewenaar ekwator
ewewig balans
fantasie verbeelding
figuurlik oordragtelik
fiksie verdigsel
filosofie wysbegeerte
filosoof wysgeer
finansieel geldelik
firmament uitspansel
fisika natuurkunde
folter martel
fotograaf afnemer
foutief verkeerd
gebeurtenis insident
gedeelte porsie
gehuud getroud
generasie geslag
genoegsaam voldoende
adekwaat
geografie aardrykskunde
geologie aardkunde
gesant afgevaardigde
gevolg resultaat
gevolgtrekking konklusie
giftig toksies
higine gesondheidsleer
hoeveelheid kwantiteit
horison gesigseinder
huidige teenswoordige
idee denkbeeld
indruk impressie
inspirasle besieling
inteken (bv. op n

orkesleier dirigent
periode tydperk
plaasvervanger substituut
plagiaat letterdiefstal
presente geskenke
presies akkuraat
proefneming eksperiment
professor hoogleraar
regeer bestuur
respek eerbied
respekteer eerbiedig
revolusie omwenteling
sielkunde psigologie
simpatie meegevoel
sitting sessie
skenking donasie
skielik meteens abrup
skrywer outeur
soene kusse
sosiaal maatskaplik
stadsraad munisipaliteit
standaard peil
stelsel sisteem
stelselmatig sistematies
sterrekunde astronomie
subskripsie ledegeld
suinig inhalig
teenstander opponent
tendens strekking
teologie godgeleerdheid
teoloog godgeleerde
toejuiging applous
toneelspeler akteur
treurspel tragedie
tydperk periode
uitdrukking ekspressle
uitverkiesing
predestinasie
vae onduidelike
verbeter korrigeer
verbinding konneksie
verdienste meriete
vergoeding kompensasie
versameling kolleksie
versiering dekorasie
verskoning apologie
verskoon verekskuseer
vertrouelik konfidensieel
verwering abrasie
vooraanstaande
prominente
voorskrif preskripsie
vooruitstrewend
progressief

koerant) abonneer
invoer importeer
jaloesie afguns
karakteristiek kenmerkend
karikatuur spotprent
kiem mikrobe
klimaks hoogtepunt

vraagstuk probleem
wanhopig desperaat
wapenkunde heraldiek
weifel aarsel
welgesteld bemiddeld
wins profyt
wiskunde matesis

HOMONIEME
N HOMONIEM is n woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word
as n ander woordmaar n heeltemal ander betekenis en oorsprong het,
byvoorbeeld vertrek (kamer) en vertrek (weggaan).
Ander voorbeelde:

as (dit wat oorbly as iets verbrand het), as (van n motor), as (as dit
so is.=.indien dit so is)

brak (hond), brak (souterig)

graaf (waarmee n mens spit), graaf (edelman)

ken (n deel van die gesig), ken (weet van)

kom (skottel), kom (iets of iemand nader)

lewer (orgaan in die liggaam), lewer (verskaf)

tog (n reis), tog (soos in kom tog nou)

by (insek wat heuning maak), by (in die nabyheid)


eg (nie vals nie), eg (plaaswerktuig), eg (huwelik)

geld (betaalmiddel), geld (van toepassing wees op, byvoorbeeld dit


geld nie vir jou nie)
kan (in staat wees), kan (waarin die koffie is)
kant (uiterste rand), kant (fyn weefsel)

kap (wat jy met hout kan doen), kap (deksel oor die masjien van n
motor)
kies (opening tussen die tandvleis en die wang), kies (n keuse doen)

leer (toestel met sporte waarteen jy kan opklim), leer (godsdienstige


stelsel, soos in die leer van Christus), leer (die gelooide of gebreide
vel van diere)
maat (afmeting), maat (kameraad)
meer (in groter hoeveelheid), meer (groot binnelandse watermassa)
noot (musiekgeluid), noot (papiergeld)
roer (beweeg), roer (ou woord vir n geweer)
rys (graansoort), rys (styg)
staaf (blok van metaal of n ander materiaal), staaf (bevestig)

steel (handvatsel van byvoorbeeld n besem, byl of hamer), steel


(diefstal pleeg)
vas (nie los nie), vas (sonder kos bly)
voor (waarin die water loop), voor (nie agter nie)

HOMOFONE

INTENSIEWE ADJEKTIEWE
Lys van 101 byvoeglike naamwoorde
in die versterkende graad
beeldskoon
silwerskoon
blitsvinnig
bloedjonk
bloedmin
bloedweinig
bloedrooi
borriegeel
goudgeel
bottoe
brandarm
brandmaer
broodnodig
dolleeg
dolgraag
doodeerlik
doodbang
doodernstig
doodgewoon
doodmaklik
doodmoeg
doodnugter
doodseker
doodsiek
doodstil
botstil
muisstil
tjoepstil
doodtevrede
doodswak
galbitter
grasgroen
haarfyn
piekfyn
ragfyn
hemelhoog
hemelsblou
potblou
hondmak
houtgerus
kersregop
kiertsregop
penregop
penorent
horingdroog
kurkdroog

veerlig
morsdood
papdronk
smoordronk
papnat
sopnat
murgsag
satynsag
peperduur
perdfris
pikdonker
stikdonker
pikswart
poedelnakend
prentjiemooi
propvol
relreguit
rietskraal
stampvol
seepglad
skitterblink
skotvry
snikheet
sielsgelukkig
skatryk
skreeulelik
hondlelik
smoorverlief
smoorkwaad
spekvet
moddervet
spierwit
melkwit
splinternuut
spotgoedkoop
springlewendig
stokdoof
potdoof
stapelgek
stokflou
stokoud
stoksielalleen
vingeralleen
moedersielalleen
suikersoet
stroopsoet
trommeldik

vreksuinig
wawyd (wawyd oop,
wawyd wakker)
yskoud

horingoud
klinkklaar
kliphard
koelrond
loodswaar

MANLIK EN VROULIK
Verskillende woorde afhangende
van die mens of dier se geslag
Let wel: Die neiging is tans om, waar moontlik, alle indrukke van seksisme te vermy.
Gevolglik sal die manlike vorm van die woord baiemaal ook vir vroue gebruik word,
soos waar daar na Helen Zille as die gewese burgemeester van Kaapstad verwys word
(en nie die gewese burgemeesteres nie). Ook die redaktrises van hedendaagse
publikasies verkies baiemaal om eenvoudig redakteurs genoem te word soos hul
manlike eweknie. Sekere onderwyseresse en lektrises sou eweneens eerder
onderwysers en lektore wil weesof desnoods die neutrale leerkragte en
dosente.

akteur
bakker
ballerino
balletdanser
bedelaar
bedrier
beer (vark)
beer (wilde dier)
besoeker
bibliotekaris
broer
bruidegom
bul
bulkalf
burgemeester

aktrise
bakster
ballerina
balletdanseres
bedelares
bedriegster
sog
berin, beerwyfie
besoekster
bibliotekaresse
suster
bruid
koei
verskalf
burgemeesteres (maar die vrou van die burgemeester is die

burgemeestersvrou)

burger
burgeres
buurman
buurvrou
Christen
Christin
danser
danseres
dar (mannetjiesby) koninginby
dienaar
dienares
direkteur
direktrise
donateur
donatrise
egbreker
egbreekster
eggenoot
eggenote
eienaar
eienares
eksekuteur
eksekutrise
gemaal
gemalin
gewer
geefster
god
godin

haan
heer
herbergier
hertog
hings
hingsvul
inspekteur
instrukteur
Jood
keiser
krel
kok
koker
koning
leeu(-mannetjie)
lektor
mannetjie
masseur
meerman
meester
meneer
minnaar
monnik
onderwyser
oom
oompie, omie
orrelis
oujongkrel
oupa
oupagrootjie
pa, vader
patriarg
pianis
president
prins
prinsipaal
ram
redakteur
regent
regisseur
reun
sanger
seekoeibul
sekretaris
seun
seunskool
skilder
skoonpa
skrywer
slaaf
souffleur
speler
spreker
strooijonker

hen
dame
herbergierster
hertogin
merrie
merrievul
inspektrise
instruktrise
Jodin
keiserin
nooi, meisie
kokkin
kookster
koningin
leeuin, leeuwyfie
lektrise
wyfie
masseuse
meermin
meesteres
mevrou, mejuffrou
minnares
non
onderwyseres
tante
tannie
orreliste
oujongnooi
ouma
oumagrootjie
ma, moeder
matriarg
pianiste
presidente
prinses
prinsipale
ooi
redaktrise
regentes
regisseuse
teef
sangeres
seekoeikoei
sekretaresse
meisie, dogter
meisieskool
skilderes
skoonma
skryfster
slavin
souffleuse
speelster
spreekster
strooimeisie

student
swaer
telefonis
tikker
towenaar
tsaar
verpler
versorger
voorsitter
vors
waard
waarser
werker
wewenaar
wolf

studente (selde indien ooit nog s gebruik)


skoonsuster
telefoniste
tikster
heks, towenares
tsarina
verpleegster
versorgster
voorsitster
vorstin
waardin
waarsegster
werkster
weduwee
wolvin

VERSAMELNAME
( of versamelwoorde )
N VERSAMELNAAM is n selfstandige naamwoord wat n versameling
dinge van dieselfde soort aandui. Hier is n aantal voorbeelde van
versamelname:
n Versameling skepe wat saamvaar of saamhoort, is n vloot
n Groot versameling visse staan bekend as n skool
n Menigte vliende bye of vliende vols bymekaar vorm n swerm
n Versameling kleintjies (van byvoorbeeld n teefhond) wat saam
gebore word, is n werpsel
n Klomp rowers saam vorm n bende
n Versameling gedigte, verhale of ander prosawerke in een boek is n
bundel gedigte, verhale of ander prosawerke
n Versameling wasgoed is n bondel wasgoed
n Lywige boek wat die versamelde of n aantal werke van n skrywer
bevat, is n omnibus
n Versameling vrugtebome wat saam in n netjies uitgelegde tuin
geplant is, word n boord genoem
n Groep berge vorm n gebergte of n bergketting
n Versameling vee of wilde diere wat saamlewe, word n trop of kudde
genoem. ( Die woord kudde word meestal net vir vee soos skape en
beeste gebruik, maar word selfs dan as ietwat deftig beskou. Dit word

ook oordragtelik gebruik soos wanneer van n predikant en sy kudde


gepraat word, bedoelende hy en sy gemeentelede.)
Al die blare saam van n plant of plante staan bekend as die
gebladerte
Al die lidmate in een afgebakende gebied wat saam een kerk besoek,
vorm n gemeente
n Versameling sterre is n gesternte
Al die ministers wat saam met die president aan die hoof van die
regering staan, vorm die kabinet
Die versameling mense wat saam aan n sakeonderneming of inrigting
verbonde is, is die personeel
n Versameling kuikens wat op een slag saam (deur n hen of n
broeimasjien) uitgebroei is, is n broeisel
n Veragtelike klomp mense saam is n gebroedsel
Die versameling mense in die onderste lae van die bevolking is die
gepeupel of die gespuis of die hoipolloi
n Versameling mense wat bloedverwante is (of deur n huwelik of
huwelike heg aan mekaar verbind is) staan bekend as n familie maar
n pa, n ma en hul kind of kinders vorm saam n gesin. (Om na n gesin
te verwys as n familie is n Anglisme)
Die versameling vroue van die sultan is n harem
n Versameling prels wat in n lyn ingeryg is, is n snoer prels
n Versameling skote wat afgevuur word, is n sarsie skote
Al die mense wat saam in n ingeslote ruimte soos n saal na
byvoorbeeld n opvoering, n uitvoering, n voorlesing of n toespraak
luister, is die gehoor
Baie mense wat saam na n spreker waar ook al luister, is n skare
toehoorders
Al die mense wat saam na n radio-uitsending luister, is die luisteraars
Al die mense wat saam na n televisie-uitsending kyk, is die kykers
Al die mense wat saam na iets kyk wat werklik voor hulle gebeur,
byvoorbeeld n straatgeveg, is toeskouers
n Groot skare mense (of engele) is n legioen

n Versameling motors en mense agter n lykwa is n stoet


n Versameling brode in die pan is n baksel
n Versameling mense wat sing, is n koor
n Versameling koffers, pakkies en ander los dinge wat n reisiger met
hom saamneem, is sy bagasie

DIEREGELUIDE
Leeus brul

Olifante trompetter
Kraaie krys
Meeue krys
Hane kraai
Henne kekkel
Henne kloek (wanneer hulle hul kuikens roep)
Duiwe koer, kir of roekoek
Honde blaf (maar hulle kan ook knor, grom of tjank)
Katte miaau (of hulle spin wanneer hulle n brommende geluid maak)
Muise piep
Wolwe huil of tjank
Jakkalse huil of tjank
Hinas lag
Bokke blr
Skape blr
Beeste bulk of loei
Bere grom
Donkies balk
Perde runnik
Slange sis
Vols sing, fluit , kwetter, kwinkeleer of tierelier
Kalkoene klok (Engels gobble)
Uile roep (Engels hoot)
Ganse snater (Engels gaggle)
Eende kwaak
Paddas kwaak
Insekte gons
Bye zoem
Sonbesies sing
En n maer vark skree!

VERSPREKINGS EN ONSINNIGHEDE

MENSE praat snaaks. Luister maar, iemand kan selfs oor die radio of op
die televisie iets kwytraak soos: Daar is groot kommer oor die
werkverliese wat so afneem.
Of dalk: Geen onlangse fotos is geneem wat toon hoe hierdie persoon
as n baba gelyk het nie.
Of miskien het jy ook al gehoor van die vrolike weduwee wat almal
eenmaal hartlik verseker het: Gee my net n paar jaar, ek weet ek sal
binne weke n my man se dood weer n man kry.
Wanneer mense hulle in gesprekke verspreek, is dit dikwels
verskoonbaar, want as spreker word n mens mos nie altyd die tyd
gegun om jou gedagtes behoorlik te orden onderwyl daar van jou
verwag word om iets s nie. Strenger rels geld egter wanneer n mens
jou denke op papier uitdruk. Skrywers moet nougeset waak teen
onsinnighede.
Dit beteken nie dat n skrywer nie vir komiese effek stellings soos die
volgende kan gebruik nie: Nee wat, enige mens wat n psigiater spreek,
moet sy kop laat ondersoek!

You might also like