You are on page 1of 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN VRYSTAAT

GEHOU TE SENEKAL
SAAKNO.SEN SH 8/2018
In die saak tussen

DIE STAAT

en

ALFRED MOKEBE Beskuldigde

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 220 VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Die ondergetekende ALFRED MOKEBE, verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die aanklagte teen my is. Ek erken
hiermee die feite hieronder gemeld, en verstaan dat hierdie erkennings voldoende bewys
van hierdie feite vir doeleindes van hierdie verhoor daarstel. Ek verstaan ook dat hierdie
erkennings neerkom op ‘n pleit van skuldig aan die bevoegde uitspraak van AANRANDING
MET DIE OPSET OM ERNSTIG TE BESEER op die klagte soos gestel. Ek maak hierdie
erkennings vrywillig terwyl ek by my volle positiewe is.

1. Ek erken die volgende dat op 23 DESEMBER 2017, was ek te TAMBO UITBREIDING,


SENEKAL, in hierdie Hof se jurisdiksionele gebied.
2.
3. Die klaer in hierdie saak, TEBOHO MOKUOANE en sy vriende was ook daar gewees.

4. Ek was besig om alkoholiese drank te drink toe ek opmerk dat die klaer en my vrou in ‘n
argument betrokke was.
5. Sy het hom gekonfontreer omdat hy aan haar private dele gevat het. Ek het opgemerk dat
hy my vrou voor die bors gryp. Ek het hulle genader en die klaer berispe om nie dit te doen
nie. Hy het my geignoreer en ek het kwaad geword. Ek en die klaer het begin stry.

6. Ek het ‘n mes uitgehaal en die klaer een keer in sy bors daarmee gesteek. Die tyd wat ek die
klaer steek was hy nie bewapen nie, Ek erken dat ek nie in noodweer opgetree het nie.

7. Ek het daarna huistoe geloop, en is uiteindelik later gearresteer.

8. Hoewel ek alkohol gebruik het op betrokke dag kon ek goed tussen reg en verkeerd
onderskei en volgens hierdie onderskeid optree.

9. Ek het besef dat ek die klaer ernstig kan beseer deur hom met ‘n mes te steek. Ek het
myself versoen met die moontlikheid en voortgegaan met my optrede.

10. Alhoewel ek geprovokeerd was soos hierbo beskryf, erken ek, objektief beskou, dat ek geen
reg gehad het om die klaer aan te rand nie, en dat my optrede gevolglik onregmatig was.

Dit was egter nie my bedoeling, hetsy direk, indirek of by moontlikheidsbewussyn, om te


poog om die klaer dood te maak nie. Ek erken in hierdie verband die korrektheid van ‘n
mediese verslag, maar voer aan dat hoewel die besering ernstig was, ek nie kon voorsien
dat dit lewensbedreigend was nie.

11. Ek erken dat ek geen reg gehad het om die slagoffer aan te rand nie, en dat ek gevolglik
onregmatig opgetree het.

12. Ek erken dat ek geweet het ek pleeg ‘n oortreding van die reg waarvoor ek deur ‘n Hof
skuldig bevind en gevonnis kan word.

GEDATEER te SENEKAL hede ……………………………………………………………..

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE
Per LEGAL AID SA
BETHLEHEM

You might also like