You are on page 1of 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE VRYSTAAT

GEHOU TE BETHLEHEM
SAAKNO. ASH 48/2017

In die saak tussen

DIE STAAT

en

HLAZA MJWARA Beskuldigde

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Ek die ondergetekende HLAZA MJWARA verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die klagte teen my is. Ek wil skuldig pleit
aan die oortreding van Artikel 3 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele en
Verwante Misdrywe) 32/2007- VERKRAGTING (gelees met die bepalings van Wet
105/1997). Ek pleit vrywillig skuldig terwyl ek by my volle positiewe is.

2. Ek verstaan dat ‘n sogenaamde minimum vonnis op hierdie misdryf van toepassing is in


terme waarvan ek tien jaar gevangenisstraf opgelê moet word na afloop van my
skuldigbevinding, tensy bepaalde wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is
op grond waarvan die Hof ‘n mindere vonnis kan oplê.

3. Gedurende die ogend ure van 23 OKTOBER 2017 was ek te BOHLOKONG woonbuurt, in
hierdie Agbare Hof se jurisdiksie gebied.

4. Ek was by die woning van die klaagster nou bekend as MANGALE MASEKO.

5. Die klaagster het op die bed gele, ek het op die klaagster gaan le.

6. Ek het haar seksueel gepenetreer deur my penis in haar vagina te druk.

7. Nadat ek haar klaar seksueel gepenetreer het, het ek op die bed aan die slap geraak.

8. Ek is later deur die Polisie gearresteer.


9. Ek het geweet ek het geen reg of toestemming gehad om die klaagster seksueel te
penetreer nie, en dat my optrede gevolglik onregmatig was.

10. Ek het ook geweet dat my optrede verkeerd is en dat ek deur ‘n Hof skuldig bevind en
gestraf kan word vir hierdie oortreding.

GEDATEER te BETHLEHEM hede …………………………………………………….

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE
Per LEGAL AID SA
BETHLEHEM

You might also like