You are on page 1of 3

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE VRYSTAAT

GEHOU TE BETHLEHEM
SAAKNO. CSH 01/2018
In die saak tussen

DIE STAAT

en

TSIETSI MOKOENA Beskuldigde

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Ek die ondergetekende TSIETSI MOKOENA verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die klagte teen my is. Ek wil ten opsigte

van die klagte onskuldig pleit aan MOORD maar skuldig pleit aan die bevoegde uitspraak

van STRAFBARE MANSLAG, ek doen dit vrywillig terwyl ek by my volle positiewe is en

sonder enige onbehoorlike beinvloeding.

2. Op 5 AUGUSTUS 2017 het ek by ‘n taverne in FOURIESBURG, binne hierdie Hof se

jurisdiksionele gebied. Die oorledene in hierdie saak nou bekend aan my as HLOPE

MOKOENA en nog ander vriede was ook daar gewees.

3. Ek was besig om alkoholiese drankies te drink toe ek en die oorledene in argument betrokke

raak. Hy het my met die vuis in die gesig geslaan. Ek het hom geignoreer, die oorledene en

sy vriend was deur die eienaar van die perseel verwyder.

4. Later die aand het ek besluit om huistoe te gaan, buite die die perseel het die oorledene en

sy vriend my weer genader beide van hulle het voorwerpe in hul hande gehad wat ek egter

nie kon beskryf nie.

5. Ek wou die oorledene skrik maak omdat hy my vroeer met die vuis geslaan het.
6. Ek het die mes gevat en die oorledene daarmee gesteek. Op daardie stadium wat ek die

oorledene steek was daar geen aanval op my lewe nie.

7. Ek weet egter nie waar presies op sy ligaam ek hom gesteek het nie. Na ek hom gesteek

het, het ek van die toneel gehardloop. Ek is later gearresteer vir hierdie klagte.

8. Hoewel ek alkohol gebruik het op betrokke dag kon ek goed tussen reg en verkeerd
onderskei en volgens hierdie onderskeid optree.

9. Ek erken dat hoewel ek gevoel het ek verdedig myself teen die oorledene se aanval vroeer

op my, het ek nie in noodweer opgetree nie, en het ek gevolglik onregmatig opgetree.

10. Dit was voorts spesifiek nie my bedoeling om die oorledene dood te maak nie. ‘n Redelike

persoon in die omstandighede waarin ek myself bevind het, sou egter voorsien het dat as

die oorledene met ‘n skerp voorwerp te steek, dit kon lei tot ‘n noodlottige wond. ‘n Redelike

persoon sou gevolglik gewaak het teen sulke optrede. Ek het egter anders as die redelike

persoon in dieselfde omstandighede, steeds voortgegaan om die oorledene te steek. Ek

erken dus dat my optrede nalatig was en dat hierdie optrede van my direk gelei het tot sy

dood.

11. Die identiteit van die oorledene word erken as HLOPHE MOKOENA.

12. Ek erken dat die liggaam van die oorledene, behalwe vir moontlike mediese ingrype, geen

verdere beserings opgedoen het vandat dit verwyder is waar dit gevind is totdat die

nadoodse ondersoek daarop gedoen is nie.

13. Ek erken die inhoud van die lykskouingsverslag, opgestel deur die regsgeneeskundige as

juis en korrek.
14. Ek het geweet ek pleeg ‘n oortreding van die reg waarvoor ek deur ‘n hof skuldig bevind en

gevonnis kan word.

GEDATEER te BETHELHEM hede …………………………………………………………………………

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE
Per Legal Aid SA
Bethlehem

You might also like