You are on page 1of 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE VRYSTAAT

GEHOU TE HARRISMITH
SAAKNO. HSH 48/2017

In die saak tussen

DIE STAAT

en

SIZWE MLOTJWA Beskuldigde: 2

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Ek die ondergetekende SIZWE MLOTJWA verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die klagte teen my is. Ek wil skuldig pleit
aan die klagte van oortreding van Artikel 15(1) van die Wysigingswet op die Strafreg
(Seksuele en Verwante Misdrywe) 32/2007- INSTEMMENDE SEKSUELE PENETRASIE
VAN ‘N KIND. Ek pleit vrywillig skuldig terwyl ek by my volle positiewe is.

2. Gedurende die dag van 24 SEPTEMBER 2011 en te HARRISMITH in hierdie Agbare Hof se
jurisdiksie, het ek vir THANDIWE MAVIMBELA, wie toe 14 jaar oud was, seksueel
gepenetreer deur met haar seksuele omgang te hê.

3. Op bogenoemde dag was ek en my mede beskuldigde bymekaar toe ons deur die klaagster
genader is wat opsoek was na ‘n selfoon.

4. My mede beskuldigde het sy selfoon aangebied en nadat ons ‘n rukkie gesels het met haar,
het ons besluit om tot by my mede beskuldigde se woning te gaan, in TSHIAME , binne
hierdie Agbare Hof se jurisdiksie gebied.

5. Binne die woning het ek en die klaagster gesels en later begin soen, ek het gevra of ek haar
seksueel kan penetreer, waar sy instemmend geandwoord het. Ek het haar daarna
gepenetreer deur my penis in haar vagina te druk.

1. Nadat ek haar klaar gepenetreer het, het ek haar daar gelos en geloop.
2. Ek is later gearresteer nadat die saak aanhangende gemaak het.

3. Teen die stadium wat ons seksuele omgang gehad het, het ek nie presies geweet hoe oud
sy was nie, maar ek kon sien dat sy nog jonk was. Ek was dus bewus dat sy onder die
ouderdom van 16 jaar was.

4. Die seksuele penetrasie het te alle relevante tye met haar toestemming plaasgevind.

5. Ek het geweet dit is ‘n oortreding van die reg om met ‘n kind onder die ouderdom van 16 jaar
seksuele omgang te hê, en haar sodoende seksueel te penetreer, selfs met haar
toestemming.

6. Ek verstaan dat ek oortree het en dat ek deur ‘n Hof skuldig bevind en gestraf kan word vir
hierdie oortreding.

GEDATEER te HARRISMITH hede ………………………………………2018.

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE

BETHLEHEM LO

You might also like