You are on page 1of 3

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE VRYSTAAT

GEHOU TE HARRISMITH
SAAKNO. HSH 21/2018
In die saak tussen

DIE STAAT

teen

GODFREY MPOSULA Beskuldigde 1


en
MOJALEFA MOLOI Beskuldigde 2

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Die ondergetekendes GODFREY MPOSULA en MOJALEFA MOLOI en verklaar as volg:

1. Ons is onderskeidelik beskuldigde 1 en 2 in hierdie saak en verstaan die klagte teen ons.
Ons pleit skuldig aan HUISBRAAK MET DIE OPSET OM TE ROOF EN ROOF, en doen dit
vrywillig en terwyl ons by ons volle positiewe is.

2. Op 1 JANUARIE 2018, gedurende die dag, het ek en my medebeskuldigde verby ‘n


besigheidsperseel te HARRISMITH geloop, binne hierdie Hof se jurisdiksionele gebied. Ek
erken dat die perseel en die inhoud daarvan te alle relevante tye onder die beheer was van
die klaer in hierdie saak, THATO MOFOKENG.

3. Terwyl ons verby die besigheidsperseel beweeg het ek opgemerk dat die klaer aleen binne
die perseel was en dat ek geen sekuriteit personeel sien nie. Ek het my mede beskuldigde
ingelig daarvan.

4. Op die ingewing van die oomblik het ons besluit om die klaer te roof.

5. My medebeskuldigde het by die perseel ingegaan en voorgedoen asof het elektrisiteit koop
en sodoende die klaer se aandag afgetrek terwyl ek agterna die perseel binnegaan.

6. Die klaer het agter ‘n toonbank gestaan wat geskei was met ‘n sekuriteitshek wat gesluit
was. My medebeskuldigde het die klaer gegryp en beveel om die sleutel aan ons te
oorhandig. Ek het die sleutel gevat en die hek wat gesluit was oopgesluit en het sodoende
toegang gekry tot die perseel agter die toonbank.
7. Die klaer het begin skree. Ek het die klaer gestoot en haar beveel om geen geraas te maak
nie. My medebeskuldigde het die klaer op die grond gedruk en haar mond toegemaak.

8. Ek het die kas oopgemaak en die kontant geld wat binne die kas was in ‘n plastieksak gesit.
Ek het ook die klaer beveel om haar selfoon aan ons te oorhandig en dit ook in die
plastieksak gesit. Ons het beide die perseel van die klaer verlaat en in verskillende rigtings
ingehardloop.

9. Ons stry nie dat die kontant bedrag en die selfoon wat ons gevat het onderskeidelik R52 950
en R1 300 was nie.

10. Ek en my medebeskuldigde het beide die gemeenskaplike opset gehad om die perseel van
die klaer binne te gaan met die opset om te roof en haar wel te roof.

11. Die klaer het egter alarm gemaak oor die voorval en ons was deur die gemeenskap agterna
gesit en aangekeer met die sak met die kontantgeld en selfoon nog in my besit.

12. Een van die gemeenskapslede het die sak bevattende die inhoud van my afgeneem en na
die polisiestasie toe geneem. By die polisiestasie was my mede beskuldigde alreeds
gearresteer. Die klaer het op hierdie wyse haar eiendom terug gekry.

13. Ons erken dat ons geen reg gehad het om by die perseel in te breek nie en die klaer te roof
nie.

14. Ons het geweet ons pleeg ‘n oortreding van die reg waarvoor ons deur ‘n Hof skuldig bevind
en gestraf kan word.

GEDATEER te HARRISMITH hede …………………………………………………

____________________ ____________________
BESKULDIGDE 1 J VAN DER MERWE
Per LEGAL AID SA
BETHLEHEM
________________________
BESKULDIGDE 2

You might also like