You are on page 1of 2

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STREEKAFDELING VAN DIE VRYSTAAT

GEHOU TE SENEKAL
SAAKNO. SH 11/2018

In die saak tussen

DIE STAAT

en

LERATO TSHIMONG Beskuldigde

_______________________________________________________________________________

VERKLARING INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51/1977


_______________________________________________________________________________

Ek die ondergetekende LERATO TSHIMONG verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die klagte teen my is. Ek wil skuldig pleit
aan die klagte van oortreding van Artikel 15(1) van die Wysigingswet op die Strafreg
(Seksuele en Verwante Misdrywe) 32/2007- INSTEMMENDE SEKSUELE PENETRASIE
VAN ‘N KIND. Ek pleit vrywillig skuldig terwyl ek by my volle positiewe is.

2. Op 02 JUNIE 2017 en te 664 UITBREIDING 3, MATWABENG, SENEKAL in hierdie Agbare


Hof se jurisdiksie, het ek vir ANGELICUE MATSOSO, wie toe 12 jaar oud was, seksueel
gepenetreer deur met haar seksuele omgang te hê.

3. Op die die dag van die voorval was ek en die klaagster saam met nog ander vriende by my
woning.

4. Ons almal het in die voorhuis gesit en praat terwyl ons televisie kyk.

5. Ek en die klaagster het later besluit om slaapkamer toe te gaan. Binne die kamer het ons
begin soen, ons klere uitgetrek en ek het haar gepenetreer deur my penis in haar vagina te
druk.

6. Nadat ek haar klaar gepenetreer het, tewyl ons nog in die kamer was het die klaagster se
broer en vader daar opgedaag.
7. Ek is later gearresteer nadat die saak aanhangende gemaak het.

8. Teen die stadium wat ons seksuele omgang gehad het, het ek nie presies geweet hoe oud
sy was nie, maar ek het geweet sy was nog in die Laerskool. Ek was dus bewus dat sy
onder die ouderdom van 16 jaar was.

9. Die seksuele penetrasie het te alle relevante tye met haar toestemming plaasgevind.

10. Ek het geweet dit is ‘n oortreding van die reg om met ‘n kind onder die ouderdom van 16 jaar
seksuele omgang te hê, en haar sodoende seksueel te penetreer, selfs met haar
toestemming.

11. Ek verstaan dat ek oortree het en dat ek deur ‘n Hof skuldig bevind en gestraf kan word vir
hierdie oortreding.

GEDATEER te SENEKAL hede ………………………………………2018.

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE

BETHLEHEM

You might also like