You are on page 1of 3

IN DIE STREEKHOF VIR DIE STEEKAFDELING VAN VRYSTAAT

GEHOU TE SENEKAL SAAKNO: SEN SH 28/2018

In die saak tussen

DIE STAAT

en

THAPELO TSHIAME BESKULDIGDE

Verklaring ingevolge Art. 112(2) van Wet 51 van 1977

Ek die ondergetekende THAPELO TSHIAME, verklaar as volg:

1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak en weet wat die klagtes teen my is. Ek wil
skuldig pleit aan aanklag 1 die oortreding van Artikel 3 gelees met ander
toepaslike Artikels van die Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000 –
BESIT VAN ‘N VUURWAPEN asook aanklag 2 die oortreding van Artikel 90
gelees met ander toepaslike Artikels van die Wet op Beheer van Vuurwapens 60
van 2000 – BESIT VAN AMMUNISIE. Ek pleit vrywillig skuldig terwyl ek by my
volle positiewe is.

2. Ek erken verder dat ek op die 3de Maart 2018 en te naby Matwabeng


woonbuurt, Senekal in die Streekafdeling van die Vrystaat, ek wederregtelik in
besit was van ‘n vuurwapen te wete 9 MM pistool asook ammunisie te wete 10
rondtes sonder dat ek ‘n lisensie ingevolge die Wet vir die besit daarvan gehad
het.

3. Op 3 Maart 2018, gedurende die aand, was ek oppad na ‘n taverrne in


Matwabeng woonbuurt, SENEKAL in hierdie Agbare Hof se jurisdiksie.

4. Terwyl ek loop het ek ‘n voorwerp gesien le op die kant van die pad. Ek het
voorwerp opgetel en besef dat dit ‘n vuurwapen met ‘n magasyn is. Op daardie
stadium het ek besef dat dit dalk ‘n onwettige vuurwapen met ammunisie kan
wees.
5. Ek het ook besef dat ek nie oor ‘n wettige lisensie vir ‘n vuurwapen of
ammunisie beskik nie. Ek het egter voortgegaan om die vuurwapen by my te
hou om vir my broer te gaan wys.

6. Ek het by die taverne ingegaan waar ek ‘n paar biere gedrink het. Daar het eger
‘n baklei ontstaan en die eienaar het die polisie ontbied. Die polisie het daar
opgedaag en een van die beamptes het versoek om my te visenteer. Ek het
toegestem tot die visentering en die beampte het die vuurwapen op my persoon
gevind. Die beampte het ook aan my genoem dat daar 10 rondtes in die
magasyn is. Ek erken dat ek met my optrede myself versoen het en besef het
dat dit ‘n onwettige vuurwapen kan wees.

7. Ek erken dat ek op daardie tydstip die opset gehad om beide die vuurwapen en
die rondtes te besit. Ek is deur die polisiebeampte gearresteer.

8. Ek erken verder dat dit ‘n onwettige vuurwapen is en dat ek nie kennis dra wie
die wettige eienaar is nie.

9. Ek het geweet ek het geen reg of toestemming gehad om op hierdie wyse op te


tree nie, en dat my optrede in beide klagtes gevolglik onregmatig was.

10. Ek was onder die invloed van alkohol ten tyde van die voorval, maar ek het
steeds geweet wat ek doen, en dat my optrede verkeerd was. Ek het ook
geweet dat ek deur ‘n Hof skuldig bevind en gestraf kan word vir hierdie
oortredings.

Geteken te SENEKAL op die ____________________________________________

____________________ _____________________
BESKULDIGDE J VAN DER MERWE
Per LEGAL AID SA
BETHLEHEM

You might also like