You are on page 1of 1

Flying Rabbits Club Reels en Regulasies

Voorwoord

Ons klub is tans geopen,en word huidiglik by Noordelikes rugby klub gehuisves. Liga sal 2 Maart 2016 afskop. Lede gelde is
betaalbaar voor 1 Maart 2016. Lede geld beloop R600 per speler. (sluit asook jou klubdrag in) Besoekers is ook welkom teen R80 per
geleentheid. Die formaat van spel gaan wissel tussen 301 ,501 en Killer. Liga Bepalings 2019 sal uitgestuur word na verloop van klub
vergadering. Spelers kan n reeling tref vir betaling,maar alle lede moet voor 1 Maart 2019 gerigistreer wees.

Klub Liga

*Klub liga sal op Woensdae aande 6pm plaasvind. Daar gaan ook een Saterdag oggend per maand n mini toernooi gespeel word.
*Spel begin stiptelik om 6:30pm. Saterdae 10 am.

*Liga is 5 weke per seisoen. Round robin 501 van beste uit 3 word gespeel met n dubbel uit en n 25/50 bull.

*Punte werk as volg : 1 punt per wen. Bonus punt vir n Skoon wen. Maksimum van 3 punte per wedstryd kan verdien word.

*Enige speler wat nie aanmeld waneer spel moet begin volgens die trekking nie, forfeit die wedstryd en die opponent verdien
*maksimum punte vir die wedstryd. Wie die wedstryd begin, word bepaal deur n muntstuk te skiet. Asook die 3de rondte.

*Spelers in wedstryd sal verantwoordelik wees vir hul eie telling. Hul sal ook verantwoordelik wees vir die invul van die telling kaart
*na verloop van die wedstryd.Die punte leer sal uitgestuur word na verloop van elke liga aand.

Ons beoog om eerstens n paar interne liga’s tussen klub lede te speel voor ons ander klubs gaan uitdaag. Spelers is welkom om hul
eie verversings saam te bring tot verdere kennisgewing. Die klub kontant kroeg is ook beskikbaar.Ons wil spel so gou moontlik
afhandel,so daar gaan streng opgetree word teen reels en regulasies.

Die Kommitee het magtiging tot enige punt wat nie deur die reels genoem word nie,en die
Kommitee se besluit is finaal.

You might also like