You are on page 1of 48

AFR 110: Poësie

Departement Afrikaans
Fakulteit Geesteswetenskappe
Universiteit van Pretoria

Groenkloof Hatfield
Me. Nina Botes Prof. Andries Visagie
botesn@unisa.ac.za GW 15-11
012 429 6988 Andries.Visagie@up.ac.za
074 525 5495 012 420 4425
Lesing 13:

Ontleding en interpretasie van


geselekteerde Afrikaanse gedigte
“Visioen van ’n lessenaar”
(Groot verseboek. Deel 2, p. 641)

Antjie Krog
Poëtikale gedigte
• Wat is ’n poëtikale gedig?
– Gedig waarin digter besin oor die skryfambag
– Ook bekend as metapoëtiese gedig / kunsteoretiese gedig
– Selfbewuste kunswerk – dink oor homself na

• Waaroor kan ’n poëtikale gedig handel?


– Skryfproses: Hoe skryf die digter? Watter probleme ervaar hy/sy
tydens die skryfproses?
– Aard van poësie: Wat is poësie?
– Redes om te skryf: Wat wil hy/sy met die digkuns bereik? Wat is
die literatuuropvattings (ars poetica) van die digter?
– Moontlikhede van taal: As instrument waarmee digter werk,
skep taal kreatiewe moontlikhede wat na nuwe terreine /
ontdekkings lei, maar kan ook beperkend ervaar word – kan nie
altyd presies uitdruk wat digter dink / voel nie
Jeugjare:
• Gebore in 1952 in Kroonstad as dogter van Dot Serfontein
• Publiseer opspraakwekkende gedig, “My mooi land” in skool se
jubileumblad waarin sy skryf: “Gee vir my ’n land waar swart en
wit hand aan hand / vrede en liefde kan bring in my mooi land”
• Veroorsaak ophef in koerante in konserwatiewe apartheidsjare
• Lê grondslag vir Krog se toenemende politiese betrokkenheid
• 1970: Publiseer digbundel, Dogter van Jefta, as 18-jarige met sg.
“kaalvoetgedigte” (bv. Bekende gedig “Ma”)
• Studeer B.A. aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat
• Behaal later M.A. in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria
Krog as digter:
• Geniet in Afrikaans en Nederlands veral erkenning vir
poësie
• 1972: Ontvang Eugène Marais-prys vir 1ste twee bundels
(Dogter van Jefta en Januarie-suite)
• Lady Anne (1989) verower Hertzogprys vir poësie
• Skryf vanuit persoonlike perspektief oor tipiese ervarings in
verskillende fases van lewe – skooldogter, liefdeservarings,
as moeder en eggenote, politiek, veroudering
Antjie Krog as openbare figuur:

• Werk as onderwyser voordat sy joernalis word


• Was verslaggewer vir die SAUK oor die Waarheids-
en Versoeningskommissie (WVK)
• Ontvang internasionaal erkenning toe sy Country
of My Skull (1998) oor haar ervaring van die WVK
publiseer
• Daarna volg A Change of Tongue (2003) en
Begging to Be Black (2010)
• Country of My Skull word as Hollywood film (In My
Country) met Juliette Binoche en Samuel L.
Jackson in rolverdeling verfilm.
“Vyf horries van a.e. samuel (geb. krog)”:
• “visioen van ’n lessenaar” deel van reeks van 5 gedigte
• Verskyn in Otters in bronslaai (1981)
• Titel van reeks verwys na getroude van (Samuel)
• Die “horries” bestaan uit 5 visioene waarin “visioen van
’n lessenaar” derde gedig is
• Horries = aanvalle wat dronk mense na langdurige
alkoholmisbruik ervaar
• Keer in titels van afsonderlike gedigte terug in meer
veredelde vorm – “visioene”
“Vyf horries van a.e. samuel (geb. krog)”:
• Gedigsiklus bied sterk “bewussyn van die vroulike liggaam
en van politieke kwessies” (Viljoen, 2009:202)
• Sosio-politieke betrokkenheid in siklus:
• Genderkwessies: vroulike liggaam as teiken van
onderdrukkig deur manlik-gedomineerde samelewing
• Ras: Bevoorregting en isolasie van wit minderheid in
SA, bv. slotgedig “visioen van ’n nasie”:

hoe lank meen ons om hier uit te hou?


ons wat gestrand het teen hierdie geil vasteland
sonder om ooit in Afrika onloënbaar aan te land
“Vyf horries van a.e. samuel (geb. krog)”:
• “visoen van ’n lessenaar” = middelgedig in siklus
• Poëtikale gedig
• Vorm oorgang tussen besinning oor moederskap en
vroulikheid in 1ste 2 gedigte en maatskaplike kritiek teen
kerk en nasie in laaste 2 gedigte
• Visie op digterskap tussen 2 sosio-politieke fokuspunte
geplaas
• Probeer dus in “visioen van ’n lessenaar” om haar
digterlike werksaamheid te skakel met beide vroulikheid
en kritiese blik op samelewing
UIT: VYF HORRIES VAN A.E. SAMUEL (GEB. KROG)
3. visioen van ’n lessenaar
die lessenaar is warm en bloederig soos ’n pasgeslagte karkas;
uit die laaie drup deurskynende sinoviale vog.
die stoel teen my rug word groot en pulp;
begin klop en kwaak soos ’n padda.
die klere aan my lyf word lewendig
begin roer soos slange en asemhaal soos visse
my tong spring rond, stert orent, bitsig
die speekselkliere knetter soos knypers.
my hand val op die wit asem van die blaai
˗ ’n dier met blink haartjies op die rugkant
die pen word ’n sagte harige nikotienbruin vinger
die letters wat hy lusteloos skryf, raak los van verrotting
boeke swel van verontwaardiging
die tikmasjien kners sy olivanti-tande
en ek skryf omdat ek woedend is
Titel: “visioen van ’n lessenaar”
• Twee betekenismoontlikhede:
 Droom of verbeeldingsvlug waarin lessenaar sentraal staan
– visioen oor ’n lessenaar met as vertrekpunt sy fisieke
voorkoms en funksie vir die digter
 Lessenaar is meubelstuk wat digter vir skryfwerk benut –
dus gedigte = visioene / verbeeldingsvlugte wat van
lessenaar afkomstig is – visioen vanaf ’n lessenaar
• Watter betekenis is die relevantste vir die inhoud van
hierdie gedig?
• R. 1: “die lessenaar is warm en bloederig soos ’n
pasgeslagte karkas;”
 Lessenaar vergelyk met dier wat pas afgeslag is
 Suggestie van geweld – lessenaar is betrokke by / slagoffer
van gewelddadige proses
 Skryfproses moontlik bloederig / gewelddadig
 Warmte van karkas / feit dat dit moontlik as voedsel geniet
kan word skep belofte van groei en voeding
 Kan oorgeplaas word na groei en produksie op digterlike
vlak
 Daar is omstandighede aanwesig wat kan lei tot die
skepping van poësie
• R. 2: “uit die laaie drup deurskynende sinoviale vog;”
 Sinoviale vog = vog wat voorkom in gewrigte
 Sinoviale vog wat uit lessenaar se laaie drup sluit aan by beeld
van lessenaar as dier wat afgeslag is
 Druppende vog suggereer verval (net soos warm bloederigheid)
 Terselfdertyd suggestie van oorvloed – laaie so vol van vog dat dit
uitdrup

• R. 3: “die stoel teen my rug word groot en pulp;”


 Lessenaarstoel verander van vorm en tekstuur: word groter en
verander in papperige massa
 Wil voorkom asof digter wat by lessenaar sit tydens
skeppingsproses skrper bewus word van sintuie namate sy
verstand, verbeelding, liggaam by skeppingsproses betrek
 Net soos lessenaar “afgeslag” is, word hout van stoel verpulp –
verwys na transformasie / digterlike geweld betrokke by
skeppingsproses
• R. 4: “begin klop en kwaak soos ’n padda”
 Net soos lessenaar dierlike vorm aangeneem het, word stoel ook
byna dierlike wese, nl. padda wat kwaak
 Soos digter op stoel rondskuif, klop die hout op die vloer en kraak
die stoel kwakend soos padda
 Digter begin iets produseer (klop- en kwaakgeluide), maar nie
verwagte estetiese poëtiese produk nie – gekwaak is nie mooi nie
 Ons moet verwag dat poësie nie mooiskrywery sal inhou nie

• R. 5: “die klere aan my lyf word lewendig”


 Sintuiglike bewuswording voortgesit
 Intens bewus van klere asof hulle lewendig word, die hele
omgewing word lewendig
• R. 6: “begin roer soos slange en asemhaal soos visse”
 Bewegings van klere hang saam met liggaamlike bewegings terwyl
sy skryf
 Hierdie bewegings herinner aan dié van slange – onheilspellend
en gevaarlik (slange = giftig)
 Sluit aan by geweld wat in 1ste reël gesuggereer word
 Feit dat ook liggaam van vroulike spreker meegesleur word in
transformasie na visioenêre gruwels / monsteragtigheid is
doelbewuste inspeel “op die tradisie wat vroulikheid gelykstel aan
monsteragtigheid” (Viljoen, 2009:202)
 Negatiewe assosiasie van vroulikheid met monsteragtigheid word
nie in gedig voortgesit as deel van gedienstigheid aan manlik-
gedomineerde bestel nie
 Monsteragtigheid ingespan om huis in kreatiewe proses terug te
slaan teen manlike verwagtinge oor vroue (sien laaste reëls van
gedig)
• R. 7: “my tong spring rond, stert orent, bitsig”
 Digter se tong vergelyk met dier soos skerpioen wat
aggressief rondspring en stert orent lig om aan te val
 Moontlik vorm digter woorde van gedig in mond met
haar tong
 “bitsig” (“skerp”, “venynig”) gebruik om opmerkings wat
mense maak, te beskryf
 Wil dus voorkom asof digter ’n skerp, aanvallende gedig
wil skryf
 Word algaande in metaforiek duidelik dat diereryk as
brondomein ingespan word om globale metaforiese
relasie tot stand te bring (vgl. “karkas”, “padda”,
“slange”, “visse”): kreatiewe proses deurgaans met
elemente uit diereryk vergelyk
• R. 8: “die speekselkliere knetter soos knypers.”
 Speekselkliere geaktiveer deur bewegings van tong /
vooruitsig om prooi te verslind
 Vergelyk met knypers (skerpioen) waarmee aangeval
kan word
 Klank = dreigende geknetter (soos geweervuur) – geen
sussende klank van skoonheid nie
• R. 9: “my hand val op die wit asem van die blaai”
 Hand + asem herinner aan versmoringshandeling
 Vgl. werkwoord “val”wat vinnige of selfs gewelddadige handeling
suggereer

• R. 10: “˗ ’n dier met blink haartjies op die rugkant”


 Hand van digter beskryf as soort roofdier wat die asem van
“papierdier” probeer wegslaan
 Skryfdaad word dus soort geweldsdaad op papier

• R. 11: “die pen word ’n sagte harige nikotienbruin vinger”


 Nes lessenaar / klere van digter word pen ook lewendig
 Nie lewelose voorwerp wat op bemiddelde manier die digter se
inspirasie na papier oordra nie – digter skryf direk met een van
liggaamsdele op papier
 Vinger aangetas deur nikotien – onwaarskynlik dat enige suiwere
of hoogs estetiese poësie sal skep
• R. 12: “die letters wat hy lusteloos skryf, raak los van
verrotting”
 Onderwerpe waaroor digter skryf, het te make met verrotting
 Skryf nie mooiklinkende reëls nie
 Skryf oor verrotting (bv. in samelewing) óf skryfwerk van so aard
dat dit deur ander as verrot gesien word

• R. 13: “boeke swel van verontwaardiging”


 Afwykende aard van digter se digkuns laat die boeke van
verontwaardiging swel
 Boeke = simbolies van die literêre tradisie wat hoofsaaklik deur
manlike skrywers opgerig is
 Sy ondermyn die waardes waarvoor hulle staan met haar
monsteragtige skryfpraktyk
• R. 14: “die tikmasjien kners sy olivanti-tande”
 Tikmasjien nes lessenaar / pen tradisioneel instrument in digterlike
ambag, word ontwrig en verduur pyn / frustrasie a.g.v. digter se
skryfaktiwiteit (“kners sy olivanti-tande”)
 Tikmasjien word verdierlik nes ander objekte – lei tot sterker
konfliksituasie omdat stryd tussen lewende wesens meer intens is
as bloedlose botsing tussen dooie dinge
 Woordspeling: “olivanti-tande” (Olivetti = tikmasjienvervaardiger)
 Tande = toetse van Olivetti-tikmasjien
• R. 15: “en ek skryf omdat ek woedend is”
 Samevattende reël aangebied as afsonderlike strofe vir effek
 Geweld en verontwaardiging in strofe 1 word nou voorgestel as
illustrasie van digter wat skryf om uiting aan woede te gee en sake
wat haar kwaad maak in haar werk te besleg
 Besef ook dat sy as vrou teen manlik-bepaalde tradisie inskryf wat
stipuleer dat gedigte (veral deur vroue) mooi of esteties moet
wees
Samevatting:
• Krog se poëtikale gedig “visioen van ’n lessenaar” = uitdaging
van literêre tradisie en bevestiging van digterskap wat nie
sussend en bloot op mooiskrywery ingestel is nie
• Krog gee met hierdie gedig beslag aan ars poëtica wat eerder
op strydvaardige en woedende uitdaging van bestaande norme
en konvensies gerig is
• Uitdaging opgestel teen geykte verwagtinge oor die rol van die
vrou, oor opvattinge rakende aanvaarbaarheid en
fatsoenlikheid binne die literêre kanon en uiteindelik ook teen
sosiopolitieke onreg (gedigte 4 en 5 in siklus)
• In later werk sou Krog inderdaad hierdie voornemens in poësie
met groot energie ter harte neem sodat “visioen van ’n
lessenaar” in werklikheid aankondiging is van rigting wat sy
noemend in haar later poësie sou inslaan
Bronnelys:
Krog, Antjie. 1981. Otters in bronslaai. Kaapstad &
Pretoria: Human & Rousseau.

Viljoen, Louise. 2009. Ons ongehoorde soort. Beskouings


oor die werk van Antjie Krog. Stellenbosch: SUN PReSS.
Lesing 14:

Ontleding en interpretasie van


geselekteerde Afrikaanse gedigte
“ek staan op ’n moerse rots
langs die see by
Paternoster”
(Groot verseboek. Deel 2, p. 654)

Antjie Krog
Agtergrond
• “ek staan op ’n moerse rots langs die see by Paternoster”:
– Verskyn in bundel Gedigte 1989 – 1995
– Skryf met heelwat woede oor vroulike liggaamlikheid – stel
uitdaging aan manlike oorheersing
– Sluit dus aan by feministiese diskoers
– Spel waarin manlike en vroulike liggaamlikheid verwikkel word,
al staan vroulike spreker deurgaans sentraal
Teorie oor vroulike liggaamlikheid
• Feminisme:
– Begrip van die wêreld gebaseer op verskillende opposies:
man/vrou, manlik/vroulik, aktief/passief, vader/moeder,
natuur/kultuur, rede/emosie, oorspronklik/afgelei,
primêr/sekonder, sentrum/marge
– Ook van toepassing op genderrolle – voorbeelde?
– Opposisies is nie neutraal nie – hiërargies
– In patriargale samelewing word die eerste van hierdie
opposisiepare altyd bevoordeel / hoër geag – vorm basis van
manlike meerderwaardigheid
– Betekenis bepaal volgens uitsluiting van bevoordeelde een van
opposisiepaar
– Dus: marge = dit wat nie in sentrum is, passief = dit wat nie
aktief is
– Vrou = dit wat nie man is nie = nie-man
Teorie oor vroulike liggaamlikheid
• Gender:
– Vrou se rol gereduseer tot al die “aanvullings”: sy is passief,
moederlik, emosioneel, deugsaam
– Aanvullings word beskou as “vroulike aard” – gebaseer op aantal
stereotipes wat aansluit by opposisiepare
– Simone de Beauvoir: “One is not born a woman; rather, one
becomes one”
– Judith Butler: geslag word gematerialiseer deur gedwonge
herhaling van regulerende norme – m.a.w. mens word ’n vrou
(of man) deur herhalings van sekere norme – voorbeelde?
– Gender is dus performatief, maar omdat hierdie norme heeltyd
herhaal word, sedimenteer dit met verloop van tyd en dan lyk
dit natuurlik (“you make me feel like a natural woman”)
Teorie oor vroulike liggaamlikheid
• Chinn (2010:112) oor Butler:

– For Butler, there is no “of course” about it. We are


conscripted – press-ganged into gender even before we are
conscious of it. We are interpellated into gender from birth:
the words “it’s a girl”, are in fact a command and a threat:
“be a girl; if you want to be a real subject with a real identity,
act out girlness”. Most of the ways to “be a girl” are implicit
within discourse, and others must be explicitly enforced by
parent, educational institutions, magazines, and so forth.
Klasaktiwiteit
Luister na Antjie Krog se voordrag van haar gedig “ek
staan op ’n moerse rots langs die see by
Paternoster”.

Gaan na watter opposisiepare Krog in die gedig


gebruik en toon aan watter elemente tradisioneel
met manlikheid geassosieer word en watter
elemente gewoonlik met vroulikheid geassosieer
word.
“ek staan op ’n moerse rots langs die see by Paternoster”
1 ek staan op ’n moerse rots langs die see by Paternoster
2 die see slat slingers in die lug
3 liggroen skuim
4 onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
5 in sy gut voor hy breek
6 die rots sidder onder my sole
7 my bo-beenspiere bult
8 my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
9 se moer ek is rots ek is klip ek is duin
10 helder sing my tiete ’n koperklepgeluid
11 my hande pak Moordbaai en Bekbaai
12 my arms skeur ekstaties bo my kop:
13 ek is
14 ek is
15 die here hoor my
16 ’n vry fokken vrou
Krog se aansluiting by feminisme
• Krog rig uitdaging tot standhoudende mite in Westerse
kultuur dat man sy oorsprong by God het en vrou (ekstra
ribbebeen van man) haar oorsprong by man het
• Feministiese filosoof Luce Irigaray:
– As our tradition dictates, man originates from God, and woman from
man. As long as the female generic – woman – is not determined as
such, this will be true. Women will remain men’s or Man’s creatures.
With respect to themselves, and among themselves, and among
themselves, they are unable to create (for) themselves, especially an
ideal, for want of an identity and of mediations (Irigaray 1996: 64).
– Dus: as vrou slegs in opposisie (aanvulling) tot man gedefinieer word, is
daar geen ander moontlikheid as om ondergeskik aan man te wees nie

• Krog ondersoek in gedig nuwe maniere van mens-wees en


vrou-wees
Algemene opmerkings oor “ek staan …”
• In gedig van verkenning en ondermyning van ondergeskikte posisie
van vrou steek spreker tydelik grens oor na ander, d.w.s. sowel
skeppende God as man
• Vrou in gedig nie krampagtig ingeperk in haarself nie, maar maak
selfversekerde sprong om wese van mense en selfs goddelike
figure (wat juis nie met tradisionele vroulikheid geassosieer word
nie) te verken
• Vroulike in Krog se gedig verander voortdurend van vorm en neem
selfs tydelik androgene karakter aan in verkenning van tradisioneel
manlike totdat sy in slotreëls terugkeer van haar reis deur die
ander en vryheid as vrou bevestig: “ek is […] ’n vry fokken vrou”
• Liggaam van spreker betrek in optekening en problematisering van
starre onderskeid tussen manlik en vroulik in poging om hiërargie
wat manlik bo vroulik bevoordeel omver te werp
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 1: “ek staan op ’n moerse rots langs die see by Paternoster”
– Landskapbeskrywing: spel met opposisiepaar manlik-vroulik
– Vroulike spreker op rots (tradisioneel in simboliek manlike
element)
– Rots omskryf met woord “moerse” – vervroulik wanneer betekenis
van “baarmoeder” daaraan gekoppel word
– Raak meer ingewikkeld: “moerse” is ’n tipies manlike kragwoord
– Manlike rots geleë langs tradisioneel vroulike see
– See = see by Paternoster (beteken “onse Vader) – manlike element
– Deur aanliggendheid van manlik en vroulik in eerste reël:
oorvleueling / verspringing tussen 2 pole van opposisie paar
– Rotse met dubbelslagtige karakter nie ongewoon in tradisionele
simboliek – in alchemie: klip / rots = versinnebeelding van
samevoeging van teenoorgesteldes, integrasie van manlike
bewuste self en vroulike onbewuste
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 4-6: “onverskrokke kyk ek elke donnerse brander / in sy
gut voor hy breek / die rots sidder onder my sole”
– Vroulike see vermanlik deurdat branders van see as manlike
gegewe hanteer word: “sy gut voor hy breek”
– Brander gekwalifiseer met “manlike” kragwoord (“donnerse”)
– Vroulike spreker kyk manlike brander stukkend
– Manlike rots sidder klaarblyklik van vrees onder haar voete
– Staan bo-op rots – suggereer dat sy outoriteit handhaaf oor
manlike rots en selfs omgewing waaroor sy troon
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 7-9: “my bo-beenspiere bult / my bekken smyt die
aangeleerde gelate knak uit haar uit / se moer ek is rots
ek is klip ek is duin”
– Spreker vermanlik liggaam d.m.v. woorde wat krag en geweld
suggereer: “bo-beenspiere bult”, “smyt”, “se moer”
– Wil vroulike “aangeleerde gelate knak” uit liggaam ban
– Knak kan geïnterpreteer word as teken van vrou se gelate
aanvaarding en onderdanigheid
– Betekenisvol: gesetel in bekken (setel van vroulike
geslagsorgane)

– Hoe kan hierdie deel van die gedig in verband gebring word met
Butler se teorie van genderperfomatiwiteit?
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 7-9: “my bo-beenspiere bult / my bekken smyt die
aangeleerde gelate knak uit haar uit / se moer ek is rots
ek is klip ek is duin”
– Krog beskryf hoe die liggaam betrokke is by die aanleer van
normatiewe geslagspesifieke handelinge: “aangeleerde gelate
knak”
– Butler argumenteer dat gendernorme aangeleer word deur ’n
gedwonge herhaling van hierdie regulerende norme
– Krog se gedig = fundamentele uitdaging van norme wat
geslagtelikheid reguleer en toeken aan mense sowel as aan
objekte
– Onderdanige “knak” is nie aangebore nie, maar aangeleer – het
dus deur herhaling deel van liggaam geword
– Omdat dit aangeleer (ekstern) is, kan dit uitgewerp word
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 7-9: “my bo-beenspiere bult / my bekken smyt die
aangeleerde gelate knak uit haar uit / se moer ek is rots
ek is klip ek is duin”
– Verwerping van “gelate knak” gevolg deur vereenselwiging met
stewige, onbuigbare “manlike” elemente uit omringende
landskap: “se moer ek is rots ek is klip”
– Spreker assosieer haarself ook met “duin” – nie so vasstaande
soos rots of klip nie en verander gedurig van vorm
– Wil voorkom asof daar geleidelik weer na vroulike pool beweeg
word
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 10: “helder sing my tiete ’n koperklepgeluid
– Korrektief op oënskynlik hartstogtelike omhelsing van starre
manlike objekte van vorige reëls
– Vanuit borste kom “koperklepgeluid” – herinner aan
triomfantelike gesketter van trompette (bv. na oorwinning op
slagveld)
– Dus: uit vroulike liggaamsdele van spreker kom produktiewe
(selfs estetiese – “sing”) handeling voort
– Reël dus grootliks bevestiging van skeppende potensiaal van
vroulike liggaamlikheid
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 11-12: “my hande pak Moordbaai en Bekbaai / my
arms skeur ekstaties bo my kop”
– Suggestie van militêre stryd in vorige reël (“koperklepgeluid”)
word versterk – spreker “pak” Moordbaai en Bekbaai (2 baaie
by Paternoster” in aggressiewe gebaar
– Vanuit posisie bo-op rots kan spreker hande vou oor 2 baaie wat
in verte weerskante van haar lê
– Werkwoord “pak”: tipies manlike taalgebruik
– Omgewing onderwerp in aanvallende liggaamsaksie
– R. 12: spreker gooi haar arms in oorwinningsgebaar in lug
– Werkwoord “skeur”: suggestie van geweld en aggressie
Ontleding van “ek staan op ’n moerse rots …”
• R. 13-16: “ek is / ek is / die here hoor my / ’n vry fokken vrou”
– Kragtige slotreëls kan a.g.v. afwesigheid van leestekens op 2
maniere geïnterpreteer word:
• “Ek is, ek is – die Here/here hoor my – ’n vry fokken vrou.”
• “Ek is, ek is die Here. Hoor my – ’n vry fokken vrou.”
– Eerste geval: Spreker roep God (reeds betrek met pleknaam
Paternoster) en manlike geslag (here – kl) om getuies te wees van
haar bevryding
– Tweede geval: Spreker stel haar in plek van God in bewoording wat
herinner aan God van Israel se uitleg van sy naam in Genesis, nl:
“Ek is wat Ek is.”
– Terugskouend moontlik om gedig te lees as parodie van
skeppingsverhaal: spreker se posisie op hoë rotse langs skuimende
see en selfversekerde beheer oor omgewing herinner aan
skeppende almag van goddelike figuur
Slotopmerkings
• Krog se reaksie op mite dat vrou oorsprong by man het:
– Gedig = omkering van mite (vgl. Irigaray)
– Vrou is die goddelike skepper in gedig
– Tog in slotreël duidelik gestel dat spreker ten laaste en
bowenal ’n vrou is
– Mans wat haar as “fokken vrou” beskou, moet kennis
neem dat sy vry is
Slotopmerkings
• Problematisering van opposisiepaar manlik-vroulik:
– Kreatief vroulike (r. 10) word behou, al is daar
problematisering van manlik-vroulik / tydelike verplasing na
manlike posisie / verkenning van God as ander
– Spreker kan spiere laat bult en terselfdertyd kan borste lied
sing
– Eien tydelik en strategies manlike diskoers toe om vroulike te
bevry en verheerlik
– Bevryding van vrou nie gekoppel aan toe-eiening van manlike
nie, maar berus op insig dat geslagtelike identiteit as ’n
konstruksie (maaksel) verander of herbedink kan word (vgl.
Butler)
Bronne
• Butler, Judith. 1993. Bodies that Matter. On the Discursive
Limits of "Sex". New York & London: Routledge.

• Chinn, Sarah E. 2010. Performative Identities: From Identity


Politics to Queer Theory. In: Wetherell, M. & Mohanty, C. T.
The SAGE Handbook of Identities. London: SAGE.

• Cirlot, J. E. 1971 (1967). A Dictionary of Symbols. London:


Routledge & Kegan Paul.

• Irigaray, Luce. 1996. I Love to You. Sketch of a Possible


Felicity in History. New York & London: Routledge.

• Visagie, Andries. 1999. Subjektiwiteit en vroulike


liggaamlikheid in enkele tekste van Riana Scheepers en
Antjie Krog. Literator 20(2): 107-121.
Semestertoets: bestek
Wat moet ek leer?
• Al die gedigte:
– “wat het gebeur my pragtig daai” (Gert Vlok Nel)
– “Marilyn Monroe foto in blou” (T.T. Cloete)
– “In Duitsland waar die wolke in gelid marsjeer” (Danie Marais)
– “’n gewone blou Maandagoggend” (Ronelda S. Kamfer)
– “Seisoenlektuur” (Daniel Hugo)
– “Vroegherfs” (N.P. van Wyk Louw)
– “Die koms van Raka” (N.P. van Wyk Louw)
– “(soos van vlerke)” (Breyten Breytenbach)
– “Vuurlopers” (D.J. Opperman)
– “visioen van ’n lessenaar” (Antjie Krog)
– “ek staan op ’n moerse rots langs die see by Paternoster” (Antjie Krog)
Semestertoets
Hoeveel gaan dit tel?
– Die semestertoets van 25 punte sal bestaan uit sowel korter
vrae (1-2 punte) as langer vrae (5-10 punte) oor die werk wat in
die eerste kwartaal in die klas behandel is. Volledige
aantekeninge sal op ClickUp geplaas word.

LET WEL: Die inhoud van die selfstudie-opdragte kom in die


semestertoets aan bod. Dit is dus belangrik om dié opdragte
individueel voor te berei.
Semestertoets
Hoe kan ek voorberei?
– Maak seker jy ken die teorie en die toepassings wat ons in die
lesings behandel het
– Woon die tutors se klas by waarin hulle verlede jaar se vraestel
gaan behandel
– As jy sukkel, kontak my

Hoe kry ek hulp as ek sukkel tydens die voorbereiding?


– Kontak my per e-pos: botesn@unisa.ac.za
– Kontak my telefonies:012 429 6988
– Gaan spreek een van die tutors tydens tutortye
– Maak ’n afspraak om my te kom spreek

You might also like