Loading
NM
Naómi Morgan
Naòmi Morgan behaal die graad Doctorat es lettres aan die Universiteit van Genève, Switserland, onder leiding van die skrywer Michel Butor. Met haar terugkeer na Suid-Afrika doseer sy Franse litera...view moreNaòmi Morgan behaal die graad Doctorat es lettres aan die Universiteit van Genève, Switserland, onder leiding van die skrywer Michel Butor. Met haar terugkeer na Suid-Afrika doseer sy Franse literatuur en kultuur aan die Universiteit van die Vrystaat en aan Unisa. Benewens akademikus en navorser is sy veral bekend
as vertaler van die 2008-Nobelpryswenner J. M. G. Le Clézio (Die Afrikaan) en van liedjies in die taalpare Afrikaans-Frans (Afri-Frans, Afri-Frans 2) en Frans-Afrikaans (Herman van den Berg sing Brel in Afrikaans, Brel: Laat my by jou bly, in samewerking met die digter Bernard Odendaal). Sy vertaal ook in die taalpaar Frans-Engels, veral literatuurkritiek van die Afrikastudies-spesialis, Alain Ricard
(The Languages & Literatures of Africa en Ebrahim Hussein: Swahili Theatre and Individualism). Drie kabarette uit haar pen (My man, Jacques Brel, Die tere oorlog van die liefde en Brel & Piaf: Paryse tweesang met Herman van den Berg, Matthys Maree en Jolette Odendaal) is geïnspireer deur haar belangstelling in die Belgiese
sanger, Jacques Brel. Sy is die vertaler van beide die Afrikaanse roman- en dramaweergawes van Oskar en die pienk tannie deur Eric-
Emmanuel Schmitt. Laasgenoemde eenvroustuk, met Sandra Prinsloo in die rol van Ouma Rosa, Oskar en ander karakters, het in 2012 by die Vryfees in Bloemfontein gedebuteer. Vir beide die Afrikaanse roman- en dramaweergawes ontvang sy ná afloop van die fees die Van Rensburg-patoloëprys vir beste Vrystaatse kunstenaar in toneel, asook die Kunstetrustprys vir die beste debuutproduksie in toneel.
In 2014 ontvang Naòmi die benoeming Chevalier de l’Ordre des Arts et des Lettres de la Republique Francaise (Riddervrou van die Orde van Lettere en Kuns van die Franse Republiek).view less
Naómi Morgan has no available titles yet.